Weermag ontken troepe is gedreig in al-Basjir-sage

Omar al-Basjir, president van Soedan

Omar al-Basjir, president van Soedan

Die weermag het berigte ontken dat Soedan Suid-Afrika “gyselaar” gehou het deur Suid-Afrikaanse troepe in Darfoer te dreig en sodoende te keer dat pres. Omar al-Basjir in hegtenis geneem word.

“Die Suid-Afrikaanse Weermag het met uiterste ontsteltenis kennis geneem van berigte in die media wat beweer dat Suid-Afrikaanse troepe gyselaar gehou word in Soedan. Daar is geen waarheid in hierdie bewerings nie,” het Siphiwe Dlamini, woordvoerder van die weermag, gesê.

“Die Suid-Afrikaanse Weermag was geensins in gevaar tydens die tydperk nie.” Dlamini het gereageer op ’n mediaberig dat Soedanese troepe 1 400 Suid-Afrikaanse vredestroepe gyselaar gehou het terwyl die diplomatieke krisis rondom die potensiële inhegtenisneming van Al-Basjir in Suid-Afrika toegeneem het.

Volgens die berig het die Soedanese troepe hul Suid-Afrikaanse eweknieë omsingel in Noord-Darfoer en het hulle eers onttrek toe al-Basjir Maandag in Kartoem geland het. Dlamini hou egter vol dat die situasie in Noord-Darfoer, waar die Suid-Afrikaanse troepe gestasioneer is, Maandag kalm was.

“Die Suid-Afrikaanse Weermag se bevelvoerder in die Kutum-streek voer gereeld vergaderings met bevelvoerders van die Soedanese regering in die gebied. Die laaste vergadering is Maandag 15 Junie 2015 gehou. Goeie werkverhoudings tussen die Soedanese regering en ander magte is aan die orde van die dag,” het hy gesê.

Die internasionale strafhof beskuldig al-Basjir van oorlogsmisdade, misdade teen die mensdom en volksmoord in Darfoer. Twee lasbriewe vir sy inhegtenisneming is in 2009 en 2010 uitgereik. As ʼn lid van die internasionale strafhof is Suid-Afrika onder verpligting om hom in hegtenis te neem en aan die hof oor te gee.

Die Suider-Afrikaanse Litigasiesentrum het ʼn aansoek in die Pretoriase hooggeregshof gebring om Suid-Afrika te dwing om al-Basjir in hegtenis te neem terwyl hy die AU-beraad bygewoon het. Al-Basjir het egter Maandag na Soedan vertrek ondanks die hofbevel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

tina ·

Regtig!!! Vertel dit vir ‘n klomp kleuters…as daar nie waarheid in steek nie, – dat hul as gyselaars aangehou is -, waarom sou die troepe hierdie allegasies kwyt geraak het ? Maar soos gewoonlik, word die aandag weggelei om sogenaamde leiers se dade regverdig te maak. Waar daar ‘n rokie trek,brand ‘n vuurtjie..arme troepe!!! na hulle trauma,word hulle seker nog gestraf ook vir die alreeds herrie rondom hierdie nasionale verleentheid, wat die regering van Suid-Afrika verantwoordelik voor is, en wat nou ‘n rippel effek gaan he op sy inwoners.Bring daardie troepe terug!!! want as ander lekker en veilig in hul bedde slaap, plaas hierdie soldate hul lewens op die spel vir ‘n spul terroriste!! Laaaankal nie nie ‘n demokratiese land..wat REG is, word,verkeerd gepraat en doen, en wat VERKEERD is, as reg gepraat en doen. Die uitvoer van besluite, ongeag wat die reperkursies op van die gewone vredeliewende burgers van die land het. Sies!!

Annemarie ·

Wie glo n regering vol leunaars en corrupte “leiers”. Nie ek nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.