Weermag ontplooi: ‘Erkenning dat polisie beheer verloor het’

Premier Alan Winde

Die ontplooiing van die weermag op die Kaapse Vlakte is ʼn duidelike erkenning dat die polisie beheer in die oorlog teen misdaad verloor het.

Só het Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, gesê in reaksie op Bheki Cele, minister van polisie, se aankondiging Donderdagaand. Die versoek om die weermag te ontplooi is deur pres. Cyril Ramaphosa goedgekeur.

Winde het gesê die provinsie verwelkom die ontplooiing van die weermag om gemeenskappe te stabiliseer wat deur bende-aktiwiteit en misdaad geteister word. Die huidige situasie is ongekend en ons moet ongekende stappe doen om te verseker dat mense veilig is, het hy gesê.

“Daar is verlede naweek alleen 55 onnatuurlike sterftes in die provinsie aangeteken, met 33 hiervan in die Metro-Wes-streek. Ek hoop dat die weermag se ontplooiing oor die komende tydperk tot ʼn groot afname in hierdie syfers gaan lei.”

Volgens Winde vra gemeenskappe en die Wes-Kaapse regering al vir ʼn paar jaar dat die weermag as ʼn vredes- en stabiliseringsmag ontplooi word.

“Minister Cele het tot onlangs nog volgehou dat misdaad nie sleg genoeg is op die Kaapse Vlakte om die weermag in te stuur nie, maar ons is verlig en verwelkom die ommeswaai.

“Dit is ʼn duidelike erkenning dat die polisie beheer in die oorlog teen misdaad verloor het. Dit is dus meer dringend as ooit dat ons voortgaan met ons interregeringsgeskil met minister Cele oor die toekenning van polisiëringshulpbronne. Ons sal voortgaan om te veg vir provinsiale beheer oor die polisiediens.”

Winde het gesê die weermag is gemagtig om waar te neem, te deursoek, af te sper, voertuig- en voetpatrollies te doen en lugondersteuning te verskaf.

“Dit sal hopelik ʼn bevorderlike omgewing skep vir die Suid-Afrikaanse Polisie om belangrike ingrypings op hierdie gebiede te doen om misdaad te ondersoek, bekende misdadigers vas te trek en probleme met bendes, vuurwapens en dwelms uit te wis.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

A ·

En kom ons kyk maar eers wat die weermag vermag voor ons verder praat.

Joe ·

Ek stem saam met jou A. Ek hoop dat die troepe ten minste opgelei is vir stedelike teen- insurgensie operasies. Anders gaan die bendes hulle slag.

Klipindiebos ·

Praktiese ervaring het niemand nog skade gedoen nie, in teen deel…

Joubert ·

“… polisie beheer verloor het”? Waar is SA is daar beheer? Sekere mense is gemaak om in beheer te wees, en sekere mense nie.

Jean-Pierre ·

Ja skep ‘n “State of Emergency” wat dan ook gebruik word as ‘n rasionaal of verskoning vir die opskorting van regte en vryhede wat ingevolge ‘n land se grondwet of basiese wetgewing gewaarborg word.

Aangesien onder die internasionale reg kan regte en vryhede tydens ‘n noodtoestand opgeskort word; Byvoorbeeld, ‘n regering kan persone in hegtenis neem en dit sonder verhoor hou. Alle regte wat afgewyk kan word, is opgeneem in die Internasionale Verbond vir Burgerlike en Politieke Regte. Nie-afwykbare regte kan nie opgeskort word nie. Nie-afwykbare regte is opgeneem in artikel 4 van die ICCPR; hulle sluit in reg op lewe, die reg op vryheid van arbitrêre vryheidsbevanning, slawerny, marteling en slegte behandeling.

Alhoewel redelik ongewoon in demokrasieë, verklaar diktatoriale regimes dikwels ‘n noodtoestand wat onbepaald verleng word vir die lewe van die regime of vir lang tyd, sodat afwykings gebruik kan word om menseregte van hul burgers te beskerm wat gewoonlik deur die Internasionale Verbond beskerm word oor burgerlike en politieke regte. In sommige situasies word ook die krygswet verklaar, wat die militêre magte meer magtig maak om op te tree. In ander situasies word noodgevalle nie verklaar nie en is de facto maatreëls geneem of die wet wat deur die regering aangeneem is. Soos die voorbeeld in die Artikel.

Lyk my nie Suid-Afrikaners is bewus dat die ANC SACP regering die mag centralise nie. Anyway sal maar op die hard manier uitvind. Anders lees maar geskiedenis.

hercu ·

ek stem saam!!

sedert 8 Mei 2019 en die inhuldiging van die “mense” het niks verander nie, in werklikheid het alles erger geword en Suid-Afrika bloei!!

wonder maar net ·

Om watter rede is die komando’s destyds tot niet gemaak… Die misdaad en plaas moorde sou soveel minder gewees het. Kan dit nie weer ingestel word nie…? Wonder maar net veral as mens elke keer lees oor die onbevoegdheid van die polisie!!

Chris ·

Hulle moes dit al lankal gedoen het. En hul kan mos die soldate oplei in bevegting van bendes. Is dit nie wat hul veronderstel is om te doen nie.. opleiding kry in gevegsituasies nie.

JohanL ·

Nou nie seker nie, maar het Me Helen Zille nie so jaar of 3 gelede gevra dat die weermag ontplooi moet word nie en toe is dit afgelag? Wat het intussen verander? Lyk my as iemand van die opposisie party dit vra, weier mens die versoek net om snaaks te wees.

Deon Koegelenberg ·

Stem ek mos saam dieselfde DA wie nou baie te sê het maar meer as een keer gevra het dat die weermag ontplooi moet word. Nou skielik het hul baie te sê

John ·

Wanneer gaan die grootpraters wat in die Vlakte hul waens wil gaan maak staan, daar aanland? Elke dag kerm die ooms oor ‘n volkstaatjie daar. En die polisie wil nie eers meer daar opdaag nie. Was dit nie die DA wag nou die dag toestemming gegee het vir dagga-landerye nie… in aansluiting by die Zoeloe-monarg wat ook nog grondjies soek vir zoeloe-zolle vir uitvoere uit ZA. CR sal sekerlik beleggings vir hierdie projekte kry wat die Kaap in sy droomparadys sal laat verander. Oom Winde byt vas, die verandering kom… via die Vlieènde Hollander, hierdie keer.

Boxer ·

Wonder net wanneer gaan hulle die weermag begin ontplooi om die boere van ons land ook te beskerm

Gemaskerde Sopbeen ·

By gebrek aan intellek slaan die individu wat gekonfronteer word met situasies wat hy of sy nie kan hanteer nie, terug na die “reptielbrein” patroon wat net een uitkoms het…GEWELD!! As jy nie iets nie verstaan of kan hanteer nie, elimineer dit….. Die lande met die meeste geweld is ook die lande met die laagste gemiddelde IK….

Brenda ·

Boxer ek het ok aan dieselle gedink. Wat van ons plaasboere.

Zorro ·

Kom ons wees billik. Almal vra daarvoor en sodra hulle dit doen dan se ons dit is duidelik dat hulle beheer verloor het. Nee wat, kom ons hoop hulle kry dit reg om die problem op te los.

Lcom ·

Het die weermag nie ook gehelp in die townships geduurende apartheids jare?
So daar moes dan ook Seker volgens die manne geen beheer gewees het nie.

pieter ·

Hoekom ontplooi hulle nie ons oudsoldate nie, n maand dan is alles onderveheer

Mike ·

Lcom presies nes jy daar sê ons het dieselfde gedoen destyds, die ontplooing van hulle weermag is die beste kort termyn oplossing. Ek sê hulle weermag want ek is nie deel van ‘n kommunistiese land nie.

Minora ·

Die probleem is, soldate word opgelei om mense dood te maak- polisie om mense te beskerm. Nou het jy n agrissiewe mag teen n agressiewe genadelose bende . Dit is moeilikheid. En as die polisie die korupste eenheid is in die regering, hoelank voordat die soldate vir die bendes werk. Dan het jy bendes wat deur die regering beskerm en bewapen word

LV ·

Vir elke korrupte SAPD lid is daar natuurlik n korupte lid vd samelewing ne.

Henry ·

Onthou die Weermag Skiet terug met R4 gewere, hoeveel gaan AFGEVAT word, Net n Vraag!!!!! Kom ons KYK.

KrokodilBotha ·

Hier kom die een Suid Afrika vir almal. Wag ek sien Kaapstad is in lyn vir eerste grondonteining volgens daai minister. Die DA se nuwe bure sal sekerlik ordentlikke mense wees. Sterkte daar aan die DA ondersteuners.

KrokodilBotha ·

Enigste WINDE sal wees wanneer die DA se Een Suid Afrika binnekort begin met die grond onteining vir Kaap Stad. Maar moet nie bekommer nie, dis waarvoor hulle gestem het. Indien die weermag nie die geweld kan beheer nie, sal die vloot ook kom uithelp.

Chris du Preez ·

Sover ek onthou het julle, die DA, gevra die weermag moet ingebring word vir hulp, nou is dit gedoen en nou gaan julle aan en is die regering weer sleg op n ander manier. Verstaan my goed, ek praat nie die regering goed nie, hulle is in my boek pateties en skelm, maar die DA het nie n begrip wat dit beteken om die opposisie party te wees nie en so ook nie die ANC nie. Julle as die twee hoof partye is veronderstel om dinge in Suid Afrika te laat werk vir alle Suid Afrikaners, en nie net beledigings rond te slinger nie. Ek is bevrees die DA is net verder besig om die gat vir hulself dieper te grawe.

Avokado ·

Dit is oneties om ‘n weermag teen sy eie burgers te ontplooi. Maar nou ja, wat weet die regering van etiek?

Mike ·

Dis dalk oneties maar dis op hierdie staduim die enigste opsie.

Nettie ·

@Jean-Pierre (hierbo) – uiteindelik een wat SIN PRAAT.

Sê ek mos dieselfde ding van mense wat so bitter graag die doodstraf teruggebring wil hê. PASOP WAARVOOR JULLE VRA!!! SAL JULLE REGTIG ‘N DUIDELIK RAS-BEVOOROORDEELDE REGERING EN REGSTELSEL WAT AL SOVEEL KEER GEWYS HET DAT HULLE NIE ONPARTYDIG STAAN IN REGSPLEGING NIE, VERTROU MET DIE BESLUIT OOR LEWE EN DOOD???

Kyk maar wat gebeur in ander Afrika -lande. Jean-Pierre is 300% korrek; eers word daar verkiesings gehou (wat gekook word), dan word die uitslae van dié verkiesings in twyfel getrek, dan breek daar onluste uit en word ‘n nasionale noodsituasie afgekondig wat telkens verleng word en waartydens die allervreeslikste menseregte-skendings (dikwels) plaasvind. Dít terwyl die land betrokke maar steeds gebuk gaan onder diktatoriale regering en plundering van die staatskoffers (soos in SA) daagliks voortgaan.

Nee wat, hierdie land – én ons blankes – se doppies is geklink.

Nettie ·

Hier’s my oplossing vir al die probleme in die land (min of meer):

1. Bring lyfstraf terug op skoolvlak – neuk hulle dan reg as hulle nie wil hoor nie;
2. Bring verbeteringskole weer in en stuur die ‘hooligans’ wat nie wil hoor nie, soontoe – foeter hulle dan daar reg;
3. Stop hierdie klomp …e… kom ek noem dit maar “kinder”-pay (SASSA-geld vir kinders);
4. Bring die outydse staatsweeshuise terug
5. Maak voorbehoeding verpligtend vir alle meisies bo die ouderdom van 12
6. Begin met strafkampe vir verhoorafwagtendes en veroordeeldes op mindere aanklagte; maak “chain-gangs” soos in sekere state in die VSA en laat hulle groente-landerye en vrugte-boorde plant, skoffel, oes ens. – gee die opbrengste vir die mense wat swaarkry (dan los dit terselfdertyd voedingsprobleme en kos-tekorte op);
7. Sluit ons landsgrense en stuur die Army SOONTOE, dat hulle kan doen waarvoor hulle betaal word -d.i. om die LAND te beveilig en te bewaar.

ne ·

OORLOG VERKLARING! Dit sal net meer mense doodmaak want die weermag is nie opgelei om die tipe werk te doen nie. Hulle wil liewer net sit.

Ben ·

“The issue is never the issue” in die sg “struggle”. Hier lê moontlik ‘n vet slang in die gras. Moontlik is opsetlike redes deur bendes geproduseer om die weermag spesifiek in die Kaap te ontplooi. En die uiteinde? Sal ons maar sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.