Weermag ontplooi om geweld, plundery te onderdruk

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het bevestig dat daar met ontplooiingsprosesse en -prosedures begin is. (Argieffoto)

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het bevestig dat met ontplooiingsprosesse en -prosedures begin is om voortgesette geweld en oproer in Gauteng en KwaZulu-Natal te stuit.

Dit volg ná ’n versoek deur die nasionale gesamentlike operasionele intelligensiestruktuur (Natjoints) om wetstoepassers in dié taak te steun.

Winkels by die Lotsoho Mall in die Katlehong-nedersetting is ook geplunder. (Foto: Phill Magakoe / AFP)

“Die duur en aantal soldate wat ontplooi sal word, sal later bevestig word. Die weermag se hoofdoel is om veiligheid te verseker en ’n veilige werksomgewing vir die polisie en ander wetstoepassingsowerhede in die uitvoer van hul grondwetlike mandaat en take te skep,” sê brig.genl. Mafi Mgobozi, woordvoerder van die weermag.

Die DA het vroeër ook ’n beroep op die weermag gedoen om in te gryp.

Die KwaMashu-winkelsentrum in KwaZulu-Natal. (Foto: Twitter)

“Die ontvouende krisis in KwaZulu-Natal, wat nou ook na ander provinsies versprei het, vereis ʼn dringende en ferm reaksie van die regering.

“Ons kan nie enige verdere van die huiwering, wat ons in die eerste plek in die situasie laat beland het, bekostig nie,” sê John Steenhuisen, leier van die DA.

Die Johannesburgse metropolisie het dié foto’s van betogings op twitter gedeel. (Foto: Twitter/ JMPD)

“Huiwering om die ANC se interne oorlog streng te hanteer, het nou veroorsaak dit ontaard het in ʼn volskaalse plundertog.”

Die chaotiese betogings woed sedert die naweek in dié provinsies onder die vaandel van oproepe dat oudpres. Jacob Zuma, wat verlede week sy tronkstraf begin uitdien het, vrygelaat moet word. Talle ondernemings is intussen geplunder en besteel, voertuie en vragmotors is uitgebrand en verskeie nasionale paaie is versper en beskadig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Jaco ·

Die weermag is onder beheer van die ANC-regering. Die betogers is ANC mense. Zuma oor wie dié drama gaan, is in die ANC. Die HELE ding is ‘n ANC ding. So gaan dit werk? Dit lyk vir my sterk na 1 huis wat kwaai in homself verdeel is. Hoe dan nou, dat die weermag tegnies teen hulle eie mense ingespan word?

Hein ·

DA het al ‘n paar dae terug gese die weermag moet inkom en Cyril spreek vanaand weer die land toe. Ek dink op die stadium is dade belangriker as woorde.

Hein ·

Want hulle wil net he die mense moet weet dat die SANDF wel “opgetree” het

Hein ·

Wie gaan betaal vir al die plundery en beskadigde geboue. Wie gaan betaal vir die maatskappye. Sekere versekering betaal nie uit as daar betogings is nie. More huil ons weer daar is nie werk nie. Hulle vat heeltemal te lank om op te tree die skade is reeds gedoen. Zuma gaan seker vrygespreek word.

Nie Verbaas ·

Eis van die staat. Dit is tog na alles dat skade wat aangerig is direk gekoppel kan word aan sagte of trae reaksie deur polisie. ANC moet verantwoording doen vir dit wat hulle gekweek het.

Tokkel ·

Die waterkannone werk baie goed!!! Brandweerdienste help bietjie asb vir Mr Cele..

Danie ·

Nee, hoekom word die weermag ingestuur? Dis mos demokrasie, vryheid en voor uit gang! Dis mos hoekom ons mos vir die huidige regering jaar in en jaar uit stem. Dis mos mense regte en ons reg om te protesteer. Dis mos hoe ons vir die res van die wereld wys hoe ver ons die laaste 25 jaar gekom het.

Elize ·

Cele is hoorbaar stil!! Waar is die man? Het Cyril hom al gefire? Dit gaan hier word soos in Rwanda waar die ouens heeltyd so die strate patrolleer.

Chris dupreez ·

Julle het geweet dit gaan gebeur, hoekom wag tot dit gebeur en dan die weermag ontplooi. Cele moet weggejaag word, hy is n absolute pateet

Mariana ·

My magtig uiteindelik. Vraag bly steeds sal hulle in staat wees om die spul onder bedwang te bring. Kan seker net hoop. Net jammer daar is reeds soveel skade aangerig. Soveel onskuldiges het deurgeloop en is steeds besig om deur te loop.

Tiaan ·

Mense raak asb betrokke by julle gemeenskapsveiligheid-strukture.

Francois ·

Waar is die polisie. Jy sien net metro polisie. Cele en sy kaders kruip weg want hulle is laffaards. Ek hoop elke persoon en besigheid wat skade gely het deur die massas sit n vergoedings eis in teen Cele as persoon en die polisie en Ramaposa omdat hulle nie landsburgers beskerm nie

Ilze ·

Wanneer jy ‘n klip optel om ‘n ruit te breek, winkels plunder, mense beseer, dan is jy NIE ‘N BETOGER NIE JY IS ‘N KRIMINEEL.

Piet ·

Dit gaan net weer in ‘n “Marikana” ontaard as die weermag en polisie hulle werk mag doen, want kriminele the reg om misdaad te pleeg is groter as om wet en orde te handhaaf.

Werner ·

Hoop hulle het hulle vertel dat hulle nie daar is om die plunderaars te ondersteun nie.

gpsa ·

Polisie en weermag is bekend daarvoor vir hulle wol hanskoene en die mense respekteer nie hul gesag nie. sal net vir hulle lag. Sien ‘n video waar ‘n polisieman die skare gooi met ‘n klip, waar in die wereld? Regering moet erken hulle het geen beheer nie.

Petrus Albertus ·

Dit sou my tevrede gestel het as die regerende party nie die hele situasie veroorsaak het nie.

Chrisp ·

Dit wat hier gebeur en nog gaan vererger is net Afrika.
Wanneer verskillende wereld sieninge saam probeer leef is die die resultaat dit is die realiteit soos dit nou hier voor ons afspeel.

So om jou te antwoord Thom elkeen regeer oor himself dit is die antwoord gewees en is nog steeds .
Om te se dit is rassisties,nasionalisties,sexsisties,onmoontlik of wat ook al die liberale brein uitdink om die punt te kriminaliseer dit bly die oplossing.

Kokerboom ·

Die ANC het duidelik weer sy onvermoeë om te regeer bewys!!!Rekening vir skade moet aan Ramaphosa gerig word!!

Wakkerslaper ·

Sal ek durf vra wat is ons as Boerevolk se planne wanneer hierdie terreur en geweld teen ons begin draai? Wanneer ons eiendom en besighede genadeloos geplunder en afgevat word?

sopbeen ·

Wed jou daar is lede van ander partye wat situasie aanblaas

Jr ·

Goeie môre wakker geword. Jammer jou koffie is klaar koud ou Squirrel

Frankie ·

Ons pluk nou die vrugte van n kinder toelaag. Kyk bietjie die ouderdom van die plunderaars. Hoe se die gesegde “Chickens came home to roost”

Adam Adriaan ·

Die zuma storie is ‘n alibi vir grootskalse plundering en terrorisme

Oom Hennie Pennie ·

Bietjie klaar te laat. Moes Vrydag al weermag ingestuur het, maar weermag is ANC en protesters is ANC so sal dit help?

Danny ·

Benoude katte maak benoude spronge… Onderdruk? Gmmph – STOP SIT.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.