Weermag op Kaapse Vlakte ontplooi

Soldate gaan saam met polisiebeamptes in bende- en moordgeteisterde gebiede op die Kaapse Vlakte ontplooi word.

Bheki Cele, minister van polisie, het Donderdagaand dié aankondiging in die parlement gemaak tydens die lewering van sy begrotingsrede. Die versoek om die weermag te ontplooi is deur pres. Cyril Ramaphosa goedgekeur.

“Ons sal dit doen by Khayelitsha, Philippi, Harare, Gugulethu, Mfuleni, Kraaifontein, Mitchells Plain, Biskop Lavis, Delft, Elsiesrivier en Nyanga,” het Cele aan LP’s gesê.

“Ons gaan deur tot deur gaan en op elke onwettige vuurwapen beslag lê. Ons sal al die misdadigers wat ons soek bymekaarmaak.”

Cele sou Vrydagoggend om 2:00 ʼn groot ontplooiing van polisiebeamptes toespreek en lede van die weermag sou na verwagting ʼn paar uur later by hulle aansluit.

Bheki Cele lê die SAPD en Opod se begroting voor in die parlement. (Foto: ParliamentofRSA /ZKostile)

“As jy onwettige vuurwapens in jou besit het en dink jy kan rustig slaap, sal ons aan jou deur klop. As jy weier om oop te maak, sal ons die deur oopmaak,” het Cele gesê.

Die ontplooiing van die weermag is deel van “buitengewone” maatreëls wat ingestel word ná ʼn bloedige naweek in die Wes-Kaap. Minstens 13 mense is net die afgelope naweek in verskillende skietvoorvalle in Philippi-Oos dood.

Dit volg ook ná herhaalde versoeke van die Wes-Kaapse regering om die vlaag bendegeweld en misdadigheid in die provinsie te prioritiseer.

Albert Fritz, die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het vroeër gesê daar is tussen Januarie en Junie vanjaar 1 995 onnatuurlike sterftes, wat deur skietwonde en skerp voorwerpe veroorsaak is, aangemeld.

“Ons kan nie soos normaal voortgaan en moord en misdaad in die provinsie as alledaagse sake hanteer nie. Ons het oplossings nodig wat ons gemeenskappe gaan stabiliseer en blywende vrede gaan teweeg bring,” het Fritz gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Diefie ·

Nou toe nou wie het wakker geword, het nie geweet daar is ‘n weermag in SA nie. Wanneer geskiet dit by plase?

HAB ·

Hoop hulle gaan sommer die windgat taxi drivers hier ook uitsort.
Hoogtyd dat hulle die army instuur

Pierre ·

Dit moes lankal gebeur het. Dit is in elk geval deel van die Weermag se Konstitutionele Mandaat. Cele het tot nou toe volgehou dat die SAPS in beheer is en die Weermag nie opgelei is vir die taak nie. Die Konstitusie bepaal dat sodra die President die ontplooiing goedgekeur het die Weermag opleiding ontvang soos benodig om Wet en Orde te handheld.

Jimmy ·

Due weermag het toe nooit opgedaag nie. Papierwerk moet eers afgehandel word.

PPP ·

Nou wil hulle n stokkie steek voor die RSA se nasonale hoof sprot wat besig is om te onteikkel.

schaun ·

Toe MEV Zille dit gevra het is dit summier afgekeer,nou is dit reg ek hoop die bendes ontwapen die klomp en jaag hulle met sambokke daar uit,sodat almal kan sien hoe pateties hulle is.

aj ·

Byna alle misdaad word gepleeg binne die een kilometer radius vanaf ‘n alkohol afsetpunt.

Stop alle onwettige drankverkope (en ander dwelms) dan sal die misdaadsyfer dadelik met ten minste 50% daal.

Doen wetstoepassing op alle klein misdade soos vandalisme, rommelstrooiing, onwettige aanbouings ensovoorts … dan sal die groot misdaad verdwyn en toestande sal weer na normaal terugkeer.

Meklou ·

AJ hoekom sal hulle aan “aanbouings” aandag gee? Hulle loop mos nou omtrent deur tot deur in voorheen blanke woongebiede en bouplanne nagaan. Wee jou as jy daardie afdak sinke opgesit het, of daardie wendyhuis nie twee meters aan alle kante weg van heling of ander gebou is nie. Of as hulle alreeds jou afdak Geïdentifiseer het en jy het dit afgebreek. Maklike manier vir die munisipaliteit om mam…we geld blitsvinnig in te oes. Maar hulle gaan nie naby die een kleur reënboognasie se woonbuurte nie. Al weet hulle hulle inkomste gaan daar honder maal meer wees.

J ·

Nou kan bendelede sommer R4 gewere en amo goedkoop koop by onse korrupte weermaglede

Baardman ·

Ag man julle almal kla elke dag maar julle kan niks daaraan doen nie .Daardie mense hoor nie eens julle klaagliedere nie.

John ·

Onse Weer-mag het ‘n effe slegte naam na soortgelyke ontplooiings elders in Afrika. Dalk net mag ons weer betogings in daardie einste geledere sien vir hoèr lone, want enige Afrokaan wat sy vingers roer, eis. Die geredelike beskikbaarheid van cannabiaanse produkte aldaar kan die cowboy-mentaliteit laat uitkring en as ons Weermag nie die mas opkom nie, wie gaan dan kom help?

Hanna Hoekom ·

Ja, dis nou die einste soldate wat destyds deur die minister van veiligheid en sekuriteit versoek was om hulle asseblief tog te probeer weerhou van “verhoudings” met die vrouens van die betrokke land waar hul ontplooi word. Dieselfde sirkus!

1955 ·

Al wat nou gaan gebeur is ń styging in die geboorte syfer……

Petoors ·

Slaat jy nou die spyker op sy kop. Sien al al die nuwe kindertoelaag trekkers.

aj ·

Byna alle misdaad word gepleeg binne die een kilometer radius vanaf ‘n alkohol afsetpunt.

Stop alle onwettige drankverkope (en ander dwelms) dan sal die misdaadsyfer dadelik met ten minste 50% daal.

Doen wetstoepassing op alle klein misdade soos vandalisme, rommelstrooiing, onwettige aanbouings ensovoorts … dan sal die groot misdaad verdwyn en toestande sal weer na normaal terugkeer.

Werner ·

Nou gaan die bendes eers onwettige wapens kry n R4 word sommer vir n bottel bier en n los vrou veruil

Johan Swart ·

.
.
Is dit…..hoe laat kom julle ?

…ek het n paar voorsorg maatreels om te tref…
.
.

Wielspore ·

So vêr my kennis strek moet die staat ‘n nood toestand afkondig voordat die weermag togelaat mag word om wet en orde in die land te handhaaf. Dit beteken dat die Polisie nie daarin kon slaag om die land se wette te onderhou en nou die diens van die weermag benodig.

Babertondaisy ·

Daai weermag is so ellendig die gangsters gaan hulle verniel. En die geboortesyfer in die flats gaan definetief opgaan.

HPV ·

Afrika sal nooit verander nie, soldate met aanvalsgewere is die gesig van Afrika en ander derde wêrelde waar regimes en anargie heers. Viva ANC, welkom in die klub.

Stiks ·

Sluit al die bendeleiers, dwelmsmouse en korrupte polisie toe. Dan is die geveg reeds 90% gewonne

Anna ·

Ek wonder net hoekom hy nou moes waarsku dat hulle van huis tot huis gaan soek vir wapens. Maklik om wapen gou te gaan wegsteek en oor ‘n dag of twee weer terug te bring!

Andreas ·

Per Cele: “We’ll go door to door, we’ll collect every illegal firearm, we’ll collect all criminals that we want, we’ll collect all outstanding criminals that have been on bail and that is happening from two o’clock this [Friday] morning.”

Noujatoe, dis omtrent soos ‘n mens met oestyd in ‘n appelboord tekere gaan, jy vat hom so van ‘n kant af.

Chris Ws ·

Nou kort ons net die weermag om in Ottosdal ontplooi te word want die SAP kan niks doen nie.

Jimmy ·

Breek die deure af totdat die eerste vrou verkrag word, wat dan?

Phillip ·

Baardman ek het ook al gewonder of hier gelees word deer die parlement of die ministers of die poliesie of die weermag . ons kryf maar met die hoop dit word raak gesien

KrokodilBotha ·

Dit kom neer dat die Polisie nie hulle werk kan doen nie Dis al jare en jare se probleem op die vlaktes. Good luck met julle drome. Mense van die vlaktes weet dit gaan oor korruptes, dwelms , perlemoen ensv ensv. Polisie help uit daarmee , of kyk ander kant toe. Nou sal ons sien hoe goed onse weermag nou is. Haha.

Nel ·

Dis alom bekend dat die weermag en polisie nie veel ooghare vir mekaar het nie – ek wonder of hierdie ‘koalisie’ gaan slaag?

Melt Olckers ·

Die Minister moet ontslae raak van alle Offisiere met die rang van Kolonel af boontoe, en vervang met vaardige bestuurders wat regs, sekerheid. forensiese, en kriminologiese kennis. Die speurders moet ‘n aparte Departement word. Alle Polisie Beamptes moet ook Psigometriese toetse slaag.

Niel van Zyl ·

Ek stel voor Cele blaker nie die planne uit in die media nie. Seer sekerlik moet deel van die plan ñ aanvanklike verassingselement hê wanneer die vlaktes ingevaar word. Nou ja, dankie Cele, die gangsters en dealers staan tou by die travel agencies om bietjie te gaan vakansie hou terwyl julle klomp die afgekondigde planne probeer uitvoer.

Chris - Noordkus ·

Eintlik is dit die SA Leer wat ontplooi word en nie die weermag nie , so terloops, sterkte aan hierdie poging , mense leef in vrees , mense wat Afrikaans is soos ons , hierdie poging van die regering om die probleem aan te spreek het ondersteuning nodig nie die ewige kritiek wat so kenmerkend van kommentare is nie.

T-man ·

Mooi man, kondig die plan vooraf af sodat die skelms kan gaan wegkruip vir n ruk en of hulle wapens gaan wegsteek…. en ontplooiing van weermag wys net in watter staat ons is in hierdie land!

Michael P ·

Sien volgende week hoe ry die bendes in caspers rond wat hulle geannekseer het. Dit gaan oorlog wees. Die areme onskuldige mense.

Van die kaap ·

Dalk moet hulle al die keyboard warriors instuur. Want lyk my hulle het al die antwoorde vir al die probleme. Weet presies wat om te doen, en hoe dinge werk. Wees bly iets word gedoen.
Bid vir die soldate wat die werk doen, en bid vir hulle veiligheid. Dit is regtig nie maklik wat hulle doen nie.
Aan al die keyboard warriors, klim van jou dinges af, en doen iets. Kla het nog nooit gehelp nie!!!

Van die kaap ·

Jy moet passop, die keyboard warriors gaan SA regruk met die druk van n knoppie(s). University of Google het al die antwoorde.

LOL ·

Ek hoor die Weermag beplan om te staak want die werk is te gevaarlik.

Linda ·

LoL, ek het dit ook gehoor. Bende geweld het handuit geruk in ons land. Jy kan nie van huisie tot huisie stap op soek na wapens nie, hul sal jou vermoor !!

SjN ·

So die misdadigers is klaar gewaarsku. Verskil tussen die polisie en die weermag, die polisie vang n akkedis en slaan hom tot hy erken hy is n krokkedil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.