Weermag: ‘Regstellendeaksie, dissipline en straler pla’

Argieffoto

Argieffoto

Die VF Plus het in reaksie op die departement van verdediging se begrotingsrede gesê meer witmense sal weer by die weermag aansluit as regstellende aksie afgeskaf word.

Die party het ook aangedui hy gaan nie die begroting ondersteun indien ʼn nuwe straler vir die president aangekoop word nie.

“Met die swaard van regstellende aksie oor hul koppe, kan die weermag nie verwag dat witmense sonder enige loopbaanvooruitsigte by die weermag sal aansluit nie,” het dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor verdediging, Woensdag gesê. “Die minister het genoem daar is ʼn dringende behoefte aan wit weermaglede. Regstellende aksie moet afgeskaf word om witmense weer na die weermag terug te lok.”

Oor die weermag se begroting het Groenewald gesê die VF Plus vra al sedert 2004 sonder sukses vir ‘n groter begroting. Daar is weereens ʼn mediumtermyn-begrotingstekort van R5 miljard.

Hy het gesê die VF Plus sal die begroting nie steun indien ʼn nuwe straler vir die president gekoop word nie. “Indien net die straler gekanselleer word, spaar die departement reeds R4,3 miljard van die R5 miljard wat hy benodig.”

Minister Nosiviwe Mapisa-Nqakula het kort voor die begrotingsrede aangekondig ʼn nuwe straler sal vir die presidensie aangekoop word vir die vervoer van Suid-Afrika se BBBP’s (baie baie belangrike persone).

Sy het uitgevaar teen diegene wat beweer die luukse straler sal R4 miljard kos. “Ek dink iemand het net eendag opgestaan en gesê die weermag gaan R4 miljard bestee in ʼn tyd wat die ekonomie nie goed doen nie en natuurlik is elke Suid-Afrikaner in rep en roer.” Die minister het geweier om te sê hoeveel die departement bereid is om aan die nuwe straler te bestee.

Armscor het verlede maand die tender vir ʼn nuwe luukse straler gepubliseer. Die nuwe straler sal glo sowat R4 miljard kos. Vroeër is berig die straler sal 30 mense kan vervoer en boonop spog met ʼn private slaapruimte met ʼn en suite-badkamer.

Groenewald het verder kommer uitgespreek oor dissipline in die weermag.

“Verlede jaar is twee soldate wat waggestaan het by die Tempe-militêre basis in Bloemfontein, oorval en beroof deur twee rowers met messe,” het Groenewald gesê. “Dit was ʼn klassieke geval van iemand wat met ʼn mes by ʼn geweergeveg opgedaag en boonop gewen het. Hulle het twee R4-gewere, ʼn radio en sestig rondtes lewendige ammunisie geroof omdat soldate geslaap het toe hulle moes waghou.”

Groenewald het geskrewe vrae hieroor aan die minister gevra en gesê dit is steeds nie duidelik wat met die twee wagte gebeur het nie.

“Hulle en inderdaad die weermag, dra by tot misdaad. Hierdie wapens kan in misdaad en plaasaanvalle gebruik word. Indien dit wel die geval is, is die weermag medepligtig en behoort daar ʼn eis teen hom ingestel te word. Dissipline sal net verbeter as daar opgetree word teen oortreders. Dié twee skutters behoort sonder meer geskors te word uit die weermag,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Christo Visagie ·

Enige wit mens wat by die Weermag sirkus wil aansluit moet sy kop laat lees,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

Flippie ·

Nie eers die opheffing van regstellende aksie sal blankes seuns na die SAW ook nie. Die weermag se bestuur is onbevoeg in my oë.

Outjies wat by ‘n weermag wil aansluit – daar is die Vreemdelinge Legioen, die Britse, die Australiese en Nieuseelandse en Amerikaanse weermagte waar jy gekeur kan word.

Riette ·

Hoe doen mens aansoek vir dit. My seun wil graag weermag toe en sy groot droom is die Franse weermag.

Dee ·

So daar is weermagte waar jy gekeur word en daar is weermagte waar jy gekeer word.

Spioen ·

Riette…jou seun kan by Franse Vreemde Legioen aansluit in Frankryk. Hy moet net ‘n visa kry soontoe ‘n vliegkaartjie en by die French Foreign Legion opdaag of vra in Frans vir La Legion Etrangere. Die keuring is bietjie hard maar as sy fiksheid goed genoeg is behoort hy dit te maak. Daar is ‘n hele paar Suid Afrikaners daar.

Eilram ·

Riëtte, my peetbroer het by die Franse Legioen gaan aansluit, die fiksheid nie geslaag nie. Hy kom toe terug RSA toe en sluit by ons Weermag aan. Daar het hy baie gefokus op sy fiksheid. Hy is laasjaar terug Franse Legioen toe, het nou deur sy opleiding gekom en gaan nou Suid-Amerika toe vir hulle. Dit is die moeite werd, hy is ‘n nuwe mens.

Dewald ·

Daai wagte moet toe gesluit word,in my dae sou jy dit nie waag om te slaap as jy op diens is nie.Sirkus Zuma

Kellies ·

Ek verstaan nie? Daar is nou n dringende behoefte aan wit lede vir die weermag. Hoekom?? Kan hulle dit dan nie self doen nie? En dan word alles nog steeds op die witte blameer. Ahhh. Daar het ek dit – As daar nie wit lede in die weermag is nie en die weermag flop – wie blameer ons dan????

Blinde Sjambok ·

Jong …ek sal baie lekker slaap wetende daar is ook Wit soldate wat my beskerm …maar slegs as ras as bevorderings-kriteria gekriminaliseer word. Dit is ‘n welkome opsie vir werklose Wit seuns wat in groot getalle ook ‘n groot verbetering sal teweegbring …veral as ‘n ex-SAW Kompanie Samajoor (wie onthou ‘Killer’ Smit, C-Komp, Oudtshoorn, 80’s) in beheer van opleiding en dissipline is…

Bloues ·

Ek stem nie saam dat die skutters geskors moet word nie. Hulle moet in die weermag bly en aangekla word en gestraf word soos in die “ou” weermag. Om jou wapen te verloor was die ergste wat jy verkeerd kon doen. Dra die gevolge en as enige iemand laater in n aanval met een van daardie wapens beseer of gedood word, word die skutters aangekla vir strafbare manslag.

Werner ·

Ek is in weermag… die twee se wapens wat gesteel is is nog werksaam in weermag, reserwe mag lede ..dames… die wat gesteel het werk ook in weermag…hulle is gevang oor hulle n petrolstasie wou roof met die betrokke R4 gewere, saak is uitgestel en betrokke lede werk elke dag nog tussen ons… afwagtend verhoor op siviele straat.

Riette ·

My seun wil graag eendag weermag toe. Dit is sy droom al vandat hy klein was. Hy is nou 16. Soos dinge egter nou is sal ek nie dat hy gaan nie.

M'Lady ·

Vergeet maar van die SANW. As jy wel gekeur word sal jy n korporaal bly vir die res van jou weermag dae. Geen bevorderings geleenthede nie.

Scalla ·

Watter regdenkende mens sal deel wil wees van so n sirkus, seker n teken dat hul nie die werk kan doen nie, dit verg dissipline wat nie daar bestaan nie.

Liza ·

Ek gaan seker nou gestenig word maar die meeste (nie almal nie!) van ons wit seuns sal dit nie maak in die weermag nie. Hulle pa’s en ma’s fight al hulle battles vir hulle op skool ens. Hoe sal hulle dit dan nou in die weermag self wil doen? Stenig my maar die waarheid maak seer…

Blinde Sjambok ·

…Lisa, jy is verniet bekommerd. Ons was maar almal Mamma-seuntjies toe ons die eerste bruin overall (3 sizes te groot) oor ons kaal-geskeerde koppe moes trek (vroeë 80’s vir my). Ver van Mammie word jy gou onafhanklik en fluks met die stryk-yster, wasgoed en fiks-word is op die huis met 2,4km’s totdat jy dit onder 9 minute hardloop met boots, webbing, geweer en doibie. Die grootste onreg wat ons seuns aangedoen is …om hul van diensplig te beroof (…en teks-boodskappe)!

Lance ·

Goeie jimmel dis die laaaaste plek waar mens wil werk ….die plek is n joke

Sputnik ·

Moet regtig nie dit eers oorweeg om jul kinders daarheen te stuur nie – dan veel eerder die Franse Vreemde Legioen, die Britte, Aussies of NZ.

Oom Kalahari ·

Stem saam Blinde Sjambok, die weermag is ‘n plek waar elke jong seun gedissiplineerd word en ‘n man van jou maak vir eie en volwasse besluite en optredes. Asb tog net nie na die sogenaamde SAW nie, want hul is nou MKW (Umkhonto Isizwe Weermag). Daar is vele ander instansies en weermagte waar die jongmanne ordentlike opleidings strukture sal ontvang soos voorgeskryf hierbo en die Franse Legioen is ‘n elite weermag en het met hul saamgewerk in die DRC (Kongo).

foxi ·

Weermaglede beroof??? Hulle wil weer witlede lok. Gha!!Plaaslike omgewings sekuriteit in
woonbuurte staan n beter kans.
Sê maar net…….

Kosie ·

Ek was vir ongeveer 25 jaar lid van die ou SAW. Ek het streng, sterk opleiding ondergaan en ystere dissipline is konstant toegepas. Ek gebruik dit wat in my ingedril is, tot vandag toe nog met uiters goeie gevolge. Selfdissipline, eerlikheid, netheid en fisiese fiksheid was aan die orde van die dag. Ek was trots om lid van ‘n uitgelese groep te wees, trots op my land, volk en taal. Hierdie faktore lyk my bestaan nie meer in die nuwe SAW nie. Soldate in uniform drentel tydens werkstyd in die strate rond, loop hande in die sake, eet op straat kitskos uit papiersakke, is luidrugtig en soms lyk hulle uniforms asof hulle agterstevoor uit ‘n wasgoedmandjie gepluk is. Die basis waarby ek dikwels verby ry, se heining is op plekke gebreek en papiere en rommel is oral te sien. Onkruid groei hemelhoog langs heinings en lyk my oral binne die basis. Van buite lyk die kwartiere morsig en dit lyk asof die wil (bevel!!) om skoon te maak ontbreek. As iemand werklik daarin belang sou stel om ‘n militere loopbaan te volg wil ek my by vorige kommentare aansluit en eerder die Franse Vreemdelinge Legioen of feitlik enige Westerse weermag aanbeveel. Almal weet dat blankes nie in die SAW bevordering kry nie al doen jy ook tien maal meer as jou plig. Bly dus daarvan weg en moenie jouself in ‘n doodloopstraat begewe nie.!

Roy ·

Vandag se jeug is so pateties en ongedisiplineerd en lui, so hulle sal aanpas by vandag se weermag en dan hoef hulle nie op straat hoeke te staan en bedel vir drugs nie so stuur hulle

Jaycee ·

So, Zuma gaan water afslaan in ‘n en-suite badkamer in ‘n straler wat R4miljard kos terwyl meeste landsburgers op die grond moet tevrede wees met ‘n emmer of “long-drop”. Indien daar getuienis is dat Zuma hierdie verhoogde status in sy lewe verdien, sal dit ‘n ander saak wees – maar hy verdien nie duit van die voordele wat sy amp meebring nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.