Weermag se hulp gevra met misdaad

Argieffoto

Fikile Mbalula, minister van polisie, het Dinsdag ʼn beroep op die weermag gedoen om die polisie by te staan om misdaad in Gauteng en die Wes-Kaap te beveg.

“Toe ek die gemeenskap in Elsiesrivier besoek het, het een gemeenskapslid die bendegeweld as terreurdade beskryf. Ek wil vir julle sê ek het julle gehoor en ek neem aksie,” het Mbalula gesê.

Vuyo Mhaga, Mbalula se woordvoerder, het gesê Suid-Afrika is “verswelg deur die opkoms van uiters gewelddadige misdaad” wat gemeenskappe onveilig laat voel.

Hy het gesê dringende bykomende stappe moet gedoen word om die vlaag van misdaad in dié twee provinsies te probeer bestuur.

“Die stabilisasie en bevegting van kriminele aktiwiteite val binne die mandaat van die polisie, maar weens die groot groeperings en militêre opleiding van sommige van die oortreders word die weermag versoek om te help,” het Mhaga gesê.

Volgens hom is die onlangse skietgevalle en toenemende bendegeweld in die Wes-Kaap en Gauteng  ʼn reusebekommernis.

“Ons kinders het die reg om in ʼn vredevolle omgewing groot te word en as polisie is dit ons plig om daardie reg te beskerm.”

Die polisie het nie uitgebrei oor wat presies van die weermag versoek is nie en of die versoek toegestaan is nie.

Dié uitlating kom minder as twee weke voor die jongste misdaadstatistieke op 23 Oktober bekend gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Loeis ·

Ons weet die polisie wen nie. Maar is ons op pad na ‘n militere polisiestaat toe? Dis nou as die weermag wel tot meer as die bevloking in staat is – nie seker van lg nie.

Maak reg nou ·

Nou is die kans, maak reg nou Mbalula, bekamp alle misdaad teenoor elke landsburger vanaf die jongste baba’s tot die oudste. Dit kan gedoen word met daadwerklike optrede waarvan ons beslis meer sien.

Stella ·

Begin by die polisie. Meeste misdadigers dra deesdae die blou uniform.

Lientjie ·

Die weermag ook daar word net so veel vuurwapens gesteel indien nie meer as by die polisie nie. Maak vir wolf nou skaapwagter!

Michelle ·

Die een groep nog slegter as die ander groep wat dink die minister is die weermag heilig, hulle roof ook. Die stories loop wyd hoe die weermag en polisie wapens uit huur.

Gys ·

Hoop die minister sluit die weermag ook in om die boere te beskerm. Bring die boere koemando terug soos dit was. Die kos wat almal elke dag eet kom van ons boere af en nie van die winkels af nie.

Honourable member ·

Wat n grap. Is dit nou om die crime aan te help of te beperk.

Cor ·

Is daar n weermag, want wat jy lees in die media en ook in die samelewing sien is mans en vrouens met weermag uniforms aan maar sonder enige disipline. Hoe gaan hulle help met bestryding van misdaad, as daar selfs misdadigers en bende lede tussen hulle is. Van hulle sal die gewere veruil vir drank, dwelms en los vrouens. Hier in ons dorp sien jy hulle opstraat met uniform aan onder die invloed. Red n land met so n weermag eish.

Charles Austin ·

Begin by die minister van polisie, dit sal n goeie begin wees om misdaad te bekamp.

Chris Noordkus ·

Die leer [ weermag is die leer ,lugmag en vloot ] moes al lankal in die Wes-Kaap ontplooi gewees het, gebruik soldate wat nie verbintines met die Wes, Oos ,of Noord Kaap het nie en nie in die provinsies gestasioneer is nie soos bv 5 sai op Ladysmith KZN, of 121 Bataljon op Mtubatuba . Laastens moet nie veralgemeen nie daar is militere personeel wat goeie werk doen

zoom zoom ·

Dit sal gaaf wees as die SANW die SAPD kan help. Dan kan ons weer parkeering kry by Centution Mall en in Valhalla want dit lyk soos ‘n voertuigpark met al die weermag voertuie wat daar geparkeer word vir soldate om hulle shopping te kan doen in werkstyd met staats voertuie

Vermeende ·

Help ons tog met die een.
Wie is tog instaat om die onbeholpe SANDF te beskerm wat die SAPD moet bystaan.

Gert ·

Teken dat SAPD dit lankal verloor het ! Wat weet die weermag van enige wet en orde ? Weet nie eers wat die woord disipline beteken nie !

CWS ·

Ai mense kom ons wees asb net positief en hoop weermag al oppad…kan dalk net die oplossing wees….Glo in weermag ook goeies net soos polisie…!!! Ontplooi net vinnig ASB..!!!!

Vermeende ·

CWS alle haaie eet nie mense nie maar tog swem niemand in n haaitank nie, hoekom nie??
Die weermag is nie n polisieering mag nie, nie opgely daarvoor nie.

Dafer ·

Die weermag deur die land ontplooi? Om die polisie by te staan?
Afriforum keer, help!!!
Dis ontoelaatbaar!
Dit sal net die wettige ontplooiing van meer boewery beteken!!!!!

Oom Klasie ·

Die tyd om positief te wees met hierdie regeering is lankal verby. Daar is verskeie redes daarvoor maar ek het nie die tyd om dit alles te skryf nie.
Het dit verwag en dit is nou hier en ons sal daarvolgens moet handel. Ek is wel positief oor hoe ons uiteindelik oor ‘n paar jaar die land gaan regruk hier wanneer alles tot niet is.

Dawie ·

Wat ek nie verstaan nie gaan die weermag nou kom help misdaad bekamp of bevorder. Geen vertroue in hulle of SAP nie

Daan ·

Wanneer maak hulle n fliek van die bendes soos pablo Escrobar op netflix ?

Vermeende ·

As my geheu my nie in die steek laat nie dan kan net Zuma of die min van veredaging of die parlement die weermag ontplooi, die min van die SAPD het geen mag uitvoerende mag oor die weermag nie. HET IEMAND DIT AL VIR MBALULA OF WAT SY NAAM OOIT IS VERTEL??

Outoppie ·

Ha! Ha! Wat ‘n grap! ‘n paar jaar gelede is soldate van hulle wapens beroof deur ‘n man met ‘n mes. Wie gaan die soldate ‘ n “crash course” gee oor hulle magte of gaan belastingbetalers weer miljoene opdok vir siviele eise?

Johan ·

Is die ‘n joke of wat gaan nou aan…????
Van watter weermag praat hy, SA sin..????

Andrea ·

O my liewe genade!?Nou gaan dit van erg na erger na kop-af!

Daan ·

Die waarheid is , dis onmoontlik vir bendes om so te floreer sonder politieke favours.

Ian ·

Another nudge towards failed state syndrome. Using military internally because of a failure of the rest of the burocracy is a typical symptom. Next it will not be the exception anymore, but rule. Then will follow an expansion of the military’mandate, followed by a similar increase in the opposition’s capability. Then follows a state of emergency, martial law, and the president solidifying the security forces into his own private army. Watch this space.

Anoniem ·

Yes Ian. You are 100% correct. Some people does not seem to realise this.

Piet Pompies ·

Is dit dan nie volgens wet dat die regering eers ‘n nood toestand moet verklaar voordat hy die weermag se hulp mag gebruik om orde in die land te handhaaf. Die weermag is daar om die land en sy mense teen die “vyand” te beskerm, dit is vreemdelinge wat jou land en sy mense bedreig. As ‘n regering sy weermag gebruik om sy eie inwoners te beheer is dit ‘n abnormale toestand wat ‘n nood toestand regverdig.

Monica Muller ·

In terme van die Konstitusie en die Verdedigingswet, 2002 (net soos die Verdedigingswet van 1957) kan die Min van Verdediging die ontplooiing van die Weermag vir samewerking met die SAPD magtig. Sy moet oa dit dmv ‘n Staatskoerant ten minste 24 uur voor die ontplooiing aankondig. Google gerus die Wet dis op die Internet beskikbaar. Een van die sekondere funksies van die Weermag – en dit was nog ALTYD so gewees – is samewerking met die SAPD ter voorkoming en bestryding van misdaad.

Oudste ·

Ons verkeer tans in ‘n staat van kriminele beleg. Holisties gesien maak die SAP ongelukkig nie hond haar af om dit as geheel hok te slaan nie. Daar is egter hier en daar sukses verhale van misdaad bestryding, maar ongelukkig is dit nie genoeg nie. Deur die weermag betrokke te maak, beteken dit ongelukkig dat ons tegnies in ‘n noodtoestand is en krygswet (martial law) kan afgekondig word. Indien dit so gebeur kan Jacob Zuma die land regeer so lank as wat hy wil en die Desember verkiesing van die nuwe ANC leiers kan op die ys geplaas word, vir so lank as wat die huidige sogenaamde leiers dit nodig ag, wat onbepaald kan voortduur. Dit sal ook die huidige ANC regime in staat stel om met hulle finansiele plundertog voort te gaan, onder die dekmantel van die noodtoestand. Moenie vir Zuma met sy agterryers, waarvan Mbalula een is, onderskat nie. Hulle is onderduims verby.

Johannes Meintjes ·

Dit is ‘n kwade dag as die Weermag binne die grense van ‘n eie land moet ingryp omdat die SAPD, die GPF en die Buurtwagte nie vingertrek en hulself bekwaam om eskalerende terreur en geweldsmisdaad hok te slaan nie. Ek dink nie ons mense weet enigisins waarmee ons besig is as ons hierdie uiters powere gedagte van weermagingryping in SA misdaad steun nie.

Monica Muller ·

Dit sal nog ‘n kwader dag wees as ons vermoens wat ons het om die eskalasie van misdaad te bekamp, ignoreer.

Monica Muller ·

In terme van die Verd Wet van 1957 en 2002 kan die Weermag saam met die SAPD ontplooi word oa ter bekamping en voorkoming van misdaad. Ten spyte van al die negatiewe kommentaar is daar gedissiplineerde en goed elemente in die SANW. Die Weermag se hulpverlening met noodsaaklike dienste tydens stakings en arbeidsonrus is wel bekend. Eenhede van die SANW vorm deel van die VN se vredesoperasies elders op die kontinent. Kosbare kundigheid en ervaring wat opgebou is kan met groot sukses aangewend word sou hulle in die WK en ander probleemareas ontplooi word. Ons soldate word nie net opgelei om konvensioneel op te tree nie maar word ook opgelei vir operasies ter behoud van noodsaaklike dienste, die behoud van lewens en die ondersteuning aan die SAPD ter handhawing van wet en orde. Daarmee saam het ons ‘n goed opgeleide Reserwemag wat opgeroep kan word indien nodig. Kom ons haal ons oogklappe af, wees positief en gee krediet aan daardie manne en vroue wat gedissiplineerd is, bekwaam is, toegewyd is en bereid is om onbaatsugtige diens aan ons land en sy mense te lewer. Kyk rond met die regte gesindheid en julle sal hulle sien.

Anton van Zyl ·

No, sorry. It is against the constitution to use the military within the boundaries of SA. When it happened under the previous government the world world criticised the action, so it cannot be right now, whatever the circumstances, can it?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.