Weermag sê Molefe se oproep is ‘bo verdenking’

Brian Molefe

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het Maandag reageer op kritiek nadat die afgedankte hoof van Eskom, Brian Molefe, vir aktiewe diens opgeroep is en gesê die besluit is bo verdenking.

Volgens berigte is Molefe, ʼn erekolonel, opgeroep deur die SANW en verdien sedert Augustus ʼn salaris van R57 000.

“Net soos verskeie Reserwemaglede wat ontbied word om die weermag te help in hul gebied van kundigheid, is mnr. Molefe al ʼn paar keer versoek om sy vaardighede beskikbaar te maak vir die weermag, aangesien hy ʼn Reserwemaglid is,” het die departement van verdediging in ʼn verklaring gesê.

“Mnr. Molefe is deel van die spesialisgroep mense wat soms versoek word om spesifieke pligte uit te voer oor ʼn spesifieke tydperk, kragtens die vereistes van die weermag.”

Die departement het gesê Reserwemaglede word op ʼn “deurlopende en nie-deurlopende” basis opgeroep volgens die vereistes van die SANW.

“Reserwemaglede word byvoorbeeld opgeroep vir veiligheidsdienste op die grens vir ʼn voor-ontplooiingsopleidingsperiode (37 dae) en ʼn ses maande (180 dae) ontplooiing op die land se grense. Offisiere en ander range word ook by die weermag se hoofkantoor opgeroep vir tydperke wanneer daar ʼn spesifieke vereiste is vir kundigheid wat andersins nie beskikbaar is nie.”

Die departement het gesê die minister van verdediging het op 14 Mei 2011 Molefe aangestel as die erekolonel van die Suid-Afrikaanse Ierse Regiment.

“Hierdie aanstelling nietig nie sy aanstelling as ʼn erekolonel nie, maar dit sal in tandem funksioneer. ʼn Ander stel reëls geld wanneer erekolonels gebruik word. In die geval van sy pligte as erekolonel ontvang Molefe nie enige vergoeding nie, en mag hy ook nie enige vergoeding ontvang nie.”

Die departement het gesê dit is vreemd dat al die ander lede wat in dieselfde kategorie as Molefe val, en wat al gereeld opgeroep is, nie enige wenkbroue laat lig het nie. “Mens wonder dan of mnr. Molefe uitgesonder word, asof hy die enigste een is wat opgeroep word, terwyl die reserwemag talle lede het wat verskeie vaardighede beskikbaar stel aan die weermag en vergoed word volgens die spesifieke beleide en maatreëls.”

Maroela Media het vroeër berig die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermagunie (Sanwu) het gesê hy is uit die veld geslaan oor berigte dat Molefe vir aktiewe diens opgeroep is.

Adv. Pikkie Greeff, nasionale sekretaris van Sanwu, het in reaksie hierop gesê die nuus dat Molefe onbepaald opgeroep is, is “verstommend om die minste te sê”. ʼn Erekolonel van die Reserwemag kom volgens wet nie in aanmerking om vir aktiewe diens opgeroep te word nie. “ʼn Geldige oproep tot aktiewe diens vereis dat die posbekleër ʼn baie goeie militêre rang, wat verkry word deur militêre opleiding, en die nodige kwalifikasies moet hê. Dit vereis ook dat ʼn beampte ʼn offisiersrang beklee. Molefe voldoen aan geen van dié vereistes nie en sy oproep tot aktiewe diens is dus onwettig en kom neer op bedrog,” het Greeff gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Ockert Steenkamp ·

Ek was vir 20 jaar n staandemag offisier. Die weermag lieg om dit so blatant te stel. Slegs goed opgeleide personeel wat deur die range met opleiding kan as reserwe mag personeel opgeroep word. Ere kolonele is slegs van seremonieele belang met geen vergoeding. Hierdie is n korupte bedrog spul.

CE ·

Stem Ockert ek was dienspligtige vir twee jaar en my opleiding is baie meer as syne, opgelei deur die beste! Ek was nie op JL’s of CO’s net n troep maar baie trots!!!

MANIE ·

Ek wil net weet of gaan hy ook n traantjie pik oor die geld wat hy alweer verdien wat hom nie toekom. Lyk my daar is mense met geen skaamte aan hulle in die land

Valerie ·

Dis lagwekkend. Die clown Molefe duik orals op. En neuk alles op.

Leahim ·

Ek het nie eers geweet die ou het vaardighede nie nou is hy n kolonel ek sou verstaan as hy n kolonel in die polisie was

Poot ·

Versigtig wat jy kwyt raak Leahim. Net soos jy die Polisie veralgemeen, kan ek seker dieselfde doen me SANW. Ek het 32 jaar diens in SAPS, ‘n Kolonel, en verseker jou dat nie alle Polisie beamptes in daai kategorie val nie.

Philippus Janse van Rensburg ·

Om kakiebos uit te roei, is een van die moeilikste goed, as jy dit hier uittrek, kom dit daar op!

Asmain ·

Terwyl ek Jacques Pauw se boek lees dink ek dit kan nie waar wees nie…dan lees ek hierdie tipe berigte en dink niks is onmoontlik in hierdie land!

Hannes Smith ·

Ek is ‘n Reserwe Mag (RM) Kolonel wat ‘n kontrak waarmee ek besig was moes stop, omdat daar nie genoeg Item 10 fondse vir die oproep van RM lede is nie. Ek wag nou 1 en ‘n half jaar dat hul my weer moet oproep, om my werk klaar te maak. Hul se daar is tans nie fondse vir senior lede by hoofkwartiere nie. daars skaars fondse om die RM troepe wat grens beskerming (OP Corona) doen te betaal. Ek praat gereeld met die senior Personeel lede wat RM administrasie doen en hule verseker my dat die stadus Quo nog steeds geld. Nou My VRAAG!!!!!!! Waar kry die SANW nou skielik fondse om vir Brain Molefe op te roep. Ek sal ook graag wil sien watter projek hy mee besig is, wat so uniek is, dat niemand anders in die stelsel dit nie kan doen nie. Ek ruik ‘n Rot!!!!

Von ·

Blatante leuens hoe kan enige mens met n tikseltjie verstand heirdie bog glo. Ek staan verstom waartoe die mense instaat is

HPV ·

Met sulke belaglike en deursigtige aanstellings besef mens die land is reeds driekwart oor die afgrond.

Valerie ·

HPV, al wat nog keer dat die hele spul nie al reeds oor die afgrond is nie is die wonder in die Down Sindroom meisie (9) se ogies elke oggend as sy die voeltjies in die boom voor haar venster sien, roep, en saadjies gee.

marlene ·

Om as erekolonel aangestel te word, moet jy regtigwaar goed wees. Dis geen speletjies nie. Dis harde werk, ongelooflike kennis vd weermag, en baie kursusse suksesvol afgehandel.
Sover ek weet, het Brian Molefe geen militêre ondervinding, of agtergrond nie.

Eish ·

Natuurlik het hy ondervinding!
Hy het Eskom met militêre presisie uit miljarde rand bedrieg!
Die sirkus is nou waaragtig verby sy ” Verkoop teen” datum.

Jz ·

Heronplooiing, Om sy werk voort te sit,kan julle nie verstaan nie ? dit is Afrika

Liendempers ·

My 5c – Is dit nie maar net the powers that be se manier om seker te maak daar is n handlanger in die weermag, sodat ons weermag nie dalk daaraan dink om Zim s’n te volg nie?

Callie ·

Mense van SA wat nog wil dinge uit redeneer. Word groot. Die President doen wat hy wil, wanneer hy wil. Hy sal vir sy ou kader sorg. Maak sommer tussendeur seker daar is nog iemand om sy offisiere op te pas. Hulle sal nie n Zimbabwe trek sonder dat hy weet nie. Vergeet feite en logiese redenasies. Hehehehehehe lag vir julle

hendrik ·

Wat is dit met hierdie Molefi vent dat hy nie uit die nuus kan bly nie. Waarom dan is hy so geseend om altyd so baie geld te verdien

SjN ·

Die enigste kundigheid waaroor hy beskik is skelmstreke, gaan seker weer n traan pik.

alwyn burger ·

Kol. Molefe kan glad nie slegter wees as die “scrap” wat in elk geval voordoen as offisiere nie.

Johann Marx ·

Komaan mense, moenie so wees nie. Iemand moet die shebeen in Saxonwold oppas?

bgj van der westhuizen ·

wel wel daar word gesog as jy deel is van die zuma klom is weer mag mag eits gewees het 30 jaar trug nou is hulle n grap van die wereld as daar is regtig niks oor in die land wat jy tros op kan wees nie alles val uit mekaar

snoefie ·

bedrog was openlik gepleeg. asook diefstal van R57 000 pm plus wie weet watse voordele en toelaes wat betaal was. is die deler en ontvanger al in gegtenis geneem?

Lee ·

Genugtig – hierdie klink na ‘n opvolg-verhaal van die President’s Keepers.. en ..
ek is nou eers by hoofstuk 4.
Klink my ek sal moet spoed vang anders gaan ek dié storie se draad verloor…Ha-ha

ONGELOOFLIK

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.