Weermag sê oor omstrede bakkeryplan

Een van die bakkerye in Potchefstroom. (Foto: SA National Defence Force/Facebook)

Die weermag sê hy het sy omstrede bakkeryprojek van stapel gestuur in ʼn poging om die voortdurende prysverhogings van kos vir sy soldate te help verlig en sy begrotingskrisis te help oplos.

Volgens die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) moet die bakkerye reserwemaglede, werklose eggenote en afhanklikes van soldate, militêre veterane en desperate gesinne rondom weermagbasisse in diens neem. Aktiewe soldate word nie by die projek betrek nie.

Die bakkerye is ook nie met openbare geld opgerig nie, maar met geld wat deur die gekombineerde klubs in die SANW gegenereer is.

Die DA het onlangs sy kommer uitgespreek oor die SANW se plan om bakkerye landwyd op die been te bring.

Volgens Kobus Marais, die DA se woordvoerder oor verdediging, is bakkerye nie die oplossing vir die weermag se begrotingskrisis nie.

Brig.genl. Andries Mahapa, woordvoerder van die weermag, het intussen aan Maroela Media gesê die SANW het in 2015 al besluit om die middele tot sy beskikking te gebruik om sekere kommoditeite, soos gebak, op die been te bring juis om in sekere opsigte selfonderhoudend te word.

Die voormalige minister van verdediging het die weermag opdrag gegee om projek Koba-Tlala van stapel te stuur deur die kommersialisering van menasies en die ontwikkeling van ʼn gedesentraliseerde verkrygingstelsel.

“Die produkte wat die bakkery produseer word aan weermagbasisse verkoop, terwyl die oortollige produkte by afsetpunte rondom die spesifieke basis verkoop word.”

Mahapa sê die bakkerye is heeltemal onafhanklik van die kombuise wat soldate op ʼn daaglikse basis van maaltye voorsien. Op die manier word werk geskep vir eggenote en afhanklikes en soms vir diegene wat rondom die basisse woon.

“Hierdie groep individue het al geruime tyd geen bydrae tot die land se ekonomie gemaak nie en is ʼn unieke indiensneminggeleentheid gegee om hul welvaart te verseker,” sê Mahapa.

Die SANW het reeds tien bakkerye landwyd op die been gebring, maar slegs sewe daarvan is in hierdie stadium operasioneel. Toerusting by die oorblywende drie bakkerye moet nog geïnstalleer word.

Mahapa sê die SANW hoop om bakkerye soos dié in al nege provinsies te open.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Samuel ·

Dit is nie diensdoenende weermaglede nie!! Hulle hardloop dus nie.

Anton ·

Nou verstaan ek eers. My korporaal het gesê dat ons moet ophou koek bak ????

Oomniklaassevriend ·

Dit lyk so al asof hulle mooi broodjies bak. Of miskien doen hulle dit om den brode.

Misky ·

Ag hulle lieg sommer lekker nou hier en kamma self die fondse bymekaar gemaak. Wys ons asb. En hoeveel gaan daai mense nie in salarisse en byvoordele kry wat deur belastingbetaler betaal word nie en hulle werk dan vir SANW en gaan sê is staatsdienswerkers. Liegbekke!!!!!

Vexed ·

My voorstel is dat hulle ‘n bazaar hou. Kan aanvalswapens daar smous, ek reken dit sal soos soetkoek verkoop!

Magda ·

Okay gee BEWYSE waar daai geld terug gesit in waar dit moet wees. GLO DIT GLAD NI.

JohanR ·

Al wat ek wil weet is wie het die tenders gekry? Die klink al weer soos ‘n Oos-Kaap motorfiets ambulans storie.

Christo ·

Hulle staan nou bekend as die Suid Afrikaanse Nasionale BAKKERY………

Genis ·

Die SAPD doen ook, by ons polisie stasie bak hulle ook koekies (doen niks)…

Hennie J ·

Dit is die grootste pot bollie wat ek in n lang tyd gehoor het. Hoekom begin hulle nie ook sommer n vuurwapenverhuringsprojek nie,dit kan die huidige ondergrondse projekte deur lede legimiteer.

Willem ·

‘n Selfonderhoudende weermag is gevaarlik. Dit laat Big Ben grootte klokke lui en gevaarligte helderder as die son flikker. ‘n Selfonderhoudende weermag is nie van staatsbefondsing afhanklik nie en kan teoreties gesproke doen wat hul wil. Hulle kan self wapentuig aankoop, van die regering ontslae raak, die land regeer, die bevolking onderdruk en intimideer, ander lande sonder rede of regeringsopdrag inval, met buitelandse magte saamwerk teen die regering en bevolking sonder enige reperkussies ens. Die scenarios is eindeloos en vreesaanjaend. Die “Holocaust” sal soos ‘n sondagskoolpiekniek lyk as ‘n finansieël onafhanklike weermag in ‘n land soos Suid-Afrika vastrapplek moet kry.

Anonymouse ·

Ek dink hulle gaan nog baie brode moet bak voor hulle selfonderhoudend is. Ek sal nie slaaplose nagte oor die scenario hê nie.

Swerwer ·

Ten minste is daar iemand wat sy kop gebruik en koste probeer spaar vir die voedingskema van die soldate en dan nog werkskeppping vir diè wat benodig.

Johann ·

Net as ek dink dit KAN nie meer belaglik raak nie …TADA!!!!!! Wat te MMMMMMMMMR het die SANW te doen met n bakery? O ja: korupsie 101!!!!!!

Robert ·

So hulle sny die omliggende winkels se keel af met hul belastingbetaler gesubsidieerde gebak…

Francios ·

Goeie logika. Hulle kan nie vir die brood betaal nie want daar is nie geld nie, so hulle gaan hulle eie brode bak. Ek wonder waar kry hulle die ingridiante gratis

Henk ·

En ‘n brood gaan seker R250,00 kos. Verkoop dit sommer aan Eskom ook.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Nog ‘n sotlikheid in die ANC se kommunistiese Mzansi National Democratic Society Useless Corrupt Animal Farm. Waarom nie die Kubane huistoe stuur en sodoende uitgawes besnoei nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.