Weermag se rantsoene bederf

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto)

Rantsoene wat aan Suid-Afrikaanse soldate in Mosambiek gestuur moes word, het bederf voordat dit dié lede kon bereik. Soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is in Julie vanjaar in Macomia in die noorde van Mosambiek ontplooi om dié land te help beskerm teen terroriste wat die land se gasaanlegte teiken.

Die SANW erken in ’n verklaring die rantsoene het bederf weens ’n mobiele spensfasiliteit wat tussen 20 en 24 Oktober gebreek het. Omdat die rantsoene vir vier dae bó ’n vereiste verkoelingstemperatuur gestoor is, het dit bederf.

’n Gesondheidskenner in Macomia het die rantsoene ongeskik vir menslike gebruik verklaar.

“Die bedorwe rantsoene is weggegooi en twee vrieskaste is aangekoop en na Macomia gestuur,” sê die SANW in die verklaring.

“Droë rantsoene is intussen aan die soldate verskaf.”

Die SANW het die bevelvoerder in die sendinggebied bygestaan om vars vrugte en groente by die plaaslike mark aan te skaf in ooreenstemming met standaard verkrygingsprotokolle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

28 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter

My nuuskierigheid is nou geprikkel oor die rantsoenpakke wat onder ‘n sekere temperatuur gestoor moet word. Wat is daaby ingesluit? Tydens my nasionale diensplig was daar blikkieskos en nie-bederfbare voedsel ingesluit…….

Wat gebeur wanneer die troepe dan op ‘n 5-dag patrollie gaan in die hitte en die rantsoenpakke kan nie onder die voorgeskrewe temperatuur geberg word nie, want hulle dra dit saam? Of gebeur dit ook nie meer nie?

casper

Gelukkig het die whisky en bier niks oor gekom nie !!

Blikke

Ag die hele SANW is bederf!!!

Dolf

Die berig is misleidend. Rantsoenpakke (Ratpacks) word sovêr my kennis strek as droeë rantsoene geag en het nie nodig om verkoel te word nie. Dit bestaan uit geblikte kos en ander droeë rantsoene. Hierdie berig praat duidelik van bederfbare rantsoene wat verkoel moet word. Dit wil sê dit was vars vrugte, groente en vleis en nie droeë rantsoene dws blikkieskos in rantsoenpakke nie. Bevestig asb die inhoud van die berig en stel dit reg waar nodig.

absoluut

die rat packs het nooit in namibie se hitte bederf nie,