Weermag soek wit, Indiër-rekrute

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het Woensdag gesê hy sal vergunnings vir die werkaansoeke van wit en Indiër-rekrute maak wat nié hul aansoeke vir sy werwingsprogram voor die sluitingsdatum ingedien het nie.

Brig.genl. Tsohane Lekalakala, ʼn seniorbeampte vir die SANW-werwingsprogram, het aan Maroela Media gesê die weermag sal dié vergunnings maak omdat daar ʼn groot tekort aan wit en Indiër-beamptes in die weermag is.

Aansoeke vir die weermag se jaarlikse werwingsprogram is einde Januarie vanjaar geopen, maar sluit vanaand om middernag.

Lekalakala het gesê hoewel dié aansoekvorms nie melding maak van die tekort aan wit en Indiër-persone in die weermag nie, neem die SANW wel inisiatief om persone van dié rasse aan te moedig om by die weermag aan te sluit.

Die weermag het in 2015 ʼn program begin om jong wit Suid-Afrikaners te lok om aan te sluit nadat Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, gesê het daar bestaan ʼn “wanbalans” en dat “te min wit Suid-Afrikaners by die weermag aansluit”.

Lekalakala sê die 2018-werwingsprogram hou egter nié verband met dié program nie.

“Daar is in dié stadium nie ʼn spesifieke program ingestel om wit en Indiër-persone te lok om by die weermag aan te sluit nie. Die 2018-werwingsprogram fokus op die algehele werwing van mense vir die weermag,” sê sy.

Lekalakala het bevestig dat die SANW wél “veral wit en Indiër-persone tydens promosietoere en uitstallings by skole aanmoedig” om by die weermag aan te sluit.

Die groottotaal van die weermag moet luidens SANW-kwotas glo uit altesaam 24% wit beamptes en 1% Indiër-persone bestaan. Hoewel sy nie kon bevestig wat die huidige persentasie vir dié twee groepe in die weermag is nie, het sy gesê dié kwotas word tans hoegenaamd nié gehaal nie.

“Hoewel geen spesifieke program bestaan nie, is dit wel so dat die weermag tydens uitstallings en toere veral daarop fokus om jong wit en Indiër-persone te lok – veral vir ons junior posisies. Ons beleef gereeld dat jong swart en bruin mense uit eie inisiatief aansluit. Die sluitingsdatum vir die aansoeke is streng, maar vergunnings sal wel vir wit en Indiër-persone gemaak word,” het sy gesê.

Die weermag het verlede maand gewaarsku teen ʼn slenter wat verband hou met valse advertensies wat op sosiale media versprei word oor die werwing van nuwe lede vir die militêre vaardigheidsontwikkelingstelsel (MSDS).

Lekalakala het gesê die weermag wil potensiële aansoekers dié keer aanmoedig om wel hul aansoeke in te dien aangesien die huidige advertensie wel deur die weermag uitgereik is.

Om aansoek te doen, besoek die weermag se amptelike webwerf. Laai die aansoekvorm hier af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

christa ·

om wat met die wit mense te maak. Eers word hulle uit gewerp en nou word hulle benodig., Nee wat gaan maar aan met julle weermag. Geen respek meer vir weermag of polisie diens nie.

humor ·

Verskoon dat dit kru uitgedruk word. Dit moet eenvoudig ( hel) onuithoudbaar wees om jou in n weermag te bevid waar daar geen erkenning van gesag, disspline netheid, verantwoordelikheid en n gebrek aan morelewaardes is nie.

cor ·

Wonder ek ook nou skielik is dit oop vir wit jong mans. Seker om die Gen. en ander offisiere se skoene te politoer en hulle uniform te was en stryk.

Hanna ·

Enige kans op bevordering? Ek betwyfel. Vriend van my al meer as 30 jr in lugmag en die tee-en skoonmakers van destyds is nou al sy base. Hy wag nou vir aftrede… Ek glo nie wittes en Indiers gaan hulle so laat vang nie.

Anoniem ·

Asseblief jong seuns moet dit nie eers oorweeg nie. My seun het in 2013 aangesluit en was so sleg behandel. As die wit kinders kla dan laat hulle die kinders in die bloedige son sit. En Oudshoorn is dit bloedig warm. Hy was daar maar het gou weer huis toe gekom. Ek was ook in die weermag in die 70 maar wat hy my vertel het was glad nie goed nie. Hulle breek daai jong wit seuns.

Michelle ·

Om teen ons landgenote wat wit en Indier is te veg wanneer hulle opstaan teen Government????? – nee, nee, nee, nee.

Johan. H. ·

Daar is nie n manier nie, julle het als opgeneuk,, maak dit self reg as julle kan,, Weet waarvan ek praat ,Was meer as 23 jaar in die plek, Van my goeie maats is nog daar , maar hulle moet bly omdat pakette nie meer gegee word nie, Van hulle is gladnie gelukkig nie,,juniortjies bel direk hul hooggeplaasde ? Familie lede? sonder om die kanale te volg, Dan het jy hel,,Baie hoog geplaasdes is ieg, eks Mk lede wat nog in die posisies gesit is omdat hulle seker maats op plekke het,,dan is die ouens skieik jou baas , jy wat masiewe ondervinding het,, Dit het heelwat mense laat loop, TaTA , Is die lot nie bietjie arogant om te dink n witte sal wil aansluit, Niks so lelik as n oorgewig anti wat probeer dril in n uniform nie ,,,HAHA

SjN ·

Die man is seker nie by sy volle positiewe om sulke stellings kwyt te raak nie, sorteer julle eie gemors uit.

Chrisjan ·

Ag foeitog, waarom is wit en Indiërs nou skielik “goed genoeg”?

Gerhardt ·

Sorry nie beskikbaar nie.Doen eerder niks as om met julle geassosieer te word.Vrot en sleg en korrup.Dit is wat julle is.

Feetloose ·

Wanneer grondonteiening gaan plaasvind, wie sal deel wil wees van die sanw (wat sekerlik ontplooi sal word) wat blankes van hul grond gaan probeer sit. anc nou baie desperaat met ‘n sanw wat pateties is.

Ava ·

Wat ? Noem julle dit n weermag ?
Hulle is meer n gevaar vir hulle self ?

Cassie ·

Tydens die kontak waarby ons soldate in die Congo betrokke was is 13 doodgeskiet en toe is daar gese “They fought like tigers maar daar is nie gese they ran like cheetahs nie want hoeveel wapentuig en wapens is gebuit.

Nettie ·

@Cassie, ek het my nou behoorlik gekraak soos ek gelag het oor die “fought like tigers and ran like cheetahs!”-gedeelte van jou opmerking!

REALIS ·

AG hou op lieg man julle wil alle minderheidsgroepe se EIENDOM wegvat, julle het minderheidsgroepe beperke met BEE en EE en AA en al wat ‘n gemors is, wil julle hulle nou kry om die vuilwerk te doen? EK kan maar net lag vir die ou wittetjie wat wel val vir die grap en my vertel hoe ‘gelukkig’ hulle seun of man in die weermag is .. EK WEET VAN BETER .. die intimidasie daar is enorm, en jy as witte sal niks wees en niks bly nie . jy sal iemand wat nie kan lees of skryf nie as jou superior kry en jy sal al sy werk moet doen vir die minste geld, hulle sal die maatskappy karre ry, jy sal jou eie voertuig moet gebruik .. . jy sal nooit bevorder word nie, jy sal ‘n TWEEDRANGSE burger en tweederangse weermagman bly .. nee wat .. KRY VIR JULLE!!

Gerhard ·

Ek was self 10 jaar in die vloot gewees. Ek onthou nog die ou Mk lede wat oor gekom het kon nie een eers swem nie. N enorme gebrek aan dissipline asook eienaarskap te aanvaar vir gestampte millitere voertuie. Die blanke asook die kleurling was nog altyd die steenpilaar gewees waarop nie net die SANDF gebou was nie maar ook hierdie land. In 22 jaar is hiedie land van n “Hero na n Zero” My raad aan die blankes is om asb nie jou eie soort te veraai nie. Kyk net hoe korrupt is almal in die SAP asook die vertraagde Valke. Jacob Zuma word nie vervolg nie want hy het sy vriend aangestel wat in beheer van die Valke is. Gaan kyk net hoeveel blankes word die laaste tyd tronk te gestuur a.g.v frustrasie oor AA werkloosheid. Gaan kyk net hoeveel blanke families pleeg selfmoord deesdae.

Charle van Staden ·

Moet wit mense nou “die lande, en die land se mense” beskerm, terwyl die land en die land se mense hulle met vreugde vermoor en verkrag en verarm en verneder?

Franshua ·

Hoe kan ek aansluit aan die weermag ek is 27 wit man enkel en het skool kla gemaak tot standerd 8 aanbag skool

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.