Weermag stuit smokkel van bakkies na Mosambiek

Die bakkies sou vermoedelik na Mosambiek gesmokkel word. (Foto: SA Weermag)

Die Suid-Afrikaans Nasionale Weermag het ʼn stokkie gesteek voor die pogings van ʼn groep smokkelaars wat die afgelope week minstens ses bakkies oor die grens na Mosambiek probeer smokkel het.

Siphiwe Dlamini, woordvoerder van die weermag, sê soldate verbonde aan 7 Infanteriebataljon is tans op die grens ontplooi waar hulle roetinepatrollies tussen Suid-Afrika en Mosambiek doen.

Hulle het gesien hoe die bakkies in die grensgebied ry, maar toe hulle die voertuie voorkeer, het die insittendes uitgespring en laat spaander.

Die voertuie sluit in verskeie Toyota Hilux-dubbelkajuitbakkies, asook ʼn Toyota Fortuner. Die voertuie is aan die polisie oorhandig vir verdere ondersoek. Die waarde van die voertuie moet nog bepaal word.

Die minister van verdediging asook die topbestuur van die weermag het die soldate vir hul flinke optrede geloof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Duck

Ligte verwyder sodat dit nie aandag trek as daar gerem word nie (weerkaatsing)

Hoekom

Goed so. As jy weer ISIS sien in Mosambiek, sien jy die bakkie met ‘n DShK op die bak…

Nie Verbaas

Soldate was seker op pad KFC toe toe hulle per ongeluk in die klomp vasgeloop het. N sekere tv program het mos gewys hoe “paraat” die klomp is.

MakersMark

O ok vir ‘n verandering was hul nie kop in een mus nie……

Diline

Wonder net WIE op die grenspos help hierdie diewe om die voertuie oor die grens te vat??? Die spul wat daar werk is almal net so korrup