Weermag vra weer vir wit rekrute

Argieffoto

Argieffoto

Die weermag het begin met ʼn program om jong wit Suid-Afrikaners te lok.

“Die minister van verdediging [Nosiviwe Mapisa-Nqakula] het die weermag opdrag gegee dat ons met mening moet voortgaan om jong mans en vroue uit onderverteenwoordigde gemeenskappe in te bring om in die weermag te dien,” het lt.genl. Vusi Masondo, hoof van die weermag, aan verslaggewers gesê.

“Die minister het dit duidelik gemaak dat daar deur ooreenkomstig met die regering se beleid van nie-rassigheid, pogings aangewend moet word om te verseker dat ons die wanbalanse van ons pynlike verlede regstel. Ons moet daarteen waak om in ‘n ongewenste situasie te beland waar ons weermag buite verhouding oorheers word deur een rassegroep. ”

Masondo het ‘n beroep op die media gedoen om te help om jong wit Suid-Afrikaners in die weermag te kry. Mapisa-Nqakula het verlede maand gesê te min wit mense sluit by die weermag aan.

“Wanneer ek na die intreevlak van die weermag kyk, die jonger mense wat jy sien as jy in die saal ingaan…jy kan letterlik tel hoeveel wit mense by die weermag aansluit,” het sy gesê. “Dit is kommerwekkend aangesien ons ʼn weermag wil bou wat oor vyf jaar nog steeds die demografie van ons samelewing sal weerspieël.”

Mapisa-Nqakula het intussen ook aangekondig dat die aftree-ouderdom vir weermaglede van 60 jaar na 65 jaar verhoog sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Neil ·

Nou eers weer na die datum gekyk of dit nie dalk 1 April is nie! Wanbalanse van ons pynlike verlede reg te stel?As ons moet baklei het julle ons nodig maar as dit by werk en sport kom?
Hy moet mooi dink wat hy se! Daar mag dalk net ‘n paar duisend wit jongmanne aansluit om gratis skietding te kry?

Peet Schabort ·

Wat gaan die geleentheid wees vir bevordering of word daar net gesoek na kanonkos?
Dis nou wat die minister sê vir opname, wat sê die beleid van die ANC ?
Ek sal huiwerig wees.

Wil weet ·

Watter weermag???? Die een wat van die wittes ontslae geraak en toe ten gronde gegaan het.!! Nou is ons ewe skielik goed genoeg! Kry vir julle!!

anne ·

Nee dankie, nou dat alles uitmekaarval is die witmense weer goed genoeg omdat die huidige klomp soldate nie in staat is om die land en sy mense te verdedig nie.

Gerhard Bezuidenhout ·

Ek kan nie glo wat ek lees nie . Nadat julle ons destydse trotse SAW verwoes het , wil julle weer witmense aanstel om wat te doen. Hierdie mense gaan julle help om n weermag op te bou maar daar sal vir hulle geen bevordering wees nie. Neewat hou verby want ons manne wat weet hoe n prestige Weermag gelyk het lag vir julle .

alex ·

Agbare minister met die klein postuur u roggel lekker op so ‘n koue dag.
U mense het alles daar afgebreek.
Nou sukkel die mense en u soek nou dringend na wittes vir heropbou.

annabella ·

Ek verbaas my elke dag meer en meer vir die nuwe Suid-Afrika regering. dink hulle nou werklik ons gaan val vir hierdie enetjie? grappie man, grappie!! Gee hom vir jul
President om oor te giggel…hy weet mos hoe om dit BAIE GOED TE DOEN!!!

Ex S.A.N.D.F. ·

This is ludicrous! When there was an army, it was strict, disciplined and you worked for your salary. No shoot outs, no unions. When your son went on call up, he came home as a well disciplined young man! What parent will send their sons to this disorganized “army” now? Looking at the state you put yourselves in, don’t look for help now by saying you want young white recruits! Get your army in order and then think again!

Fanus ·

Moet nie vergeet van die SAKK`s, Koevoete en 32 Bataljon nie. Hulle het ook gehelp. Daar was nog ander bataljons ook,maar kan nie onthou nie.

Gerco Maliepaard ·

I would love to join even in todays army , many of my fellow youths as well . It would be nice if they accepted our forms tho ! They dont even do that

Vic ·

He he – obviously not working without whites, is it? Moet nie so dom wees om by die SADF aan te sluit nie – die Britse Weermag betaal meer en die kanse op bevordering en ordentlike behandeling is beter.

Jackie Vosloo ·

My seun het aansoek gedoen by die weermag en hy is wit en is spraak gestrem maar ons het nog niks trug gehoor nie, ek het seker al 60 oproepe gemaak na verskillende nrs want mens word van die een na die ander een verwys en kom nerens, hulle wil graag he blankes moet aansluit maar as hulle wel doen dan kom niks daarvan nie, ons is nou al in Junie en het nog niks gehoor nie, toe hy laas jaar wou aansoek doen terwyl hy in Matriek was was dit vir hom gese hy kan eers aansoek doen wanneer hy sy matriek uitslae het! Toe ons dit in Januarie kry en hulle bel toe se hulle ons moet einde Februarie aansoek doen, ons het toe en wag nogsteeds……

Louis PIeterse ·

Minister jy is n grapgat,ek het so 2 maande gelede my seun gaan wys waar ek in die weermag was in Potch dit is n joke 80% van daai voertuie kan verkoop word as scrap metal da nie eers meer n paradegrond nie Dirkie ys skietbaan is toegegroei die weermag vandag is n skande.Ek het hom maar weermag museum toe gevat in Jhb

jacques ·

Hulle wil die wittes as mens skilde gebruik ingeval Mugabe ons inval.

Retha ·

Publisiteitsfoefie as jy my vra. Hulle het my kind verlede jaar probeer werf. 2 wittetjies ts 300+ ander. Hyt nogal ondervinding gehad en teruggekom en net gesê. NEE. Dis nie sy kultuur nie.

Rina Pretorius ·

Hulle praat van “pynlike verlede” waar was die klomp goed toe ons jongmanne daai tyd op die grens geveg het om “ALMAL” in die land veilig te hou, ons mense is dood geskiet en vermink, sou dit nie meer gepas gewees het as ons praat van ons pynlike verlede waar ons as blankes die hele land gedra het nie terwyl die res agter die son aangetrek het al om die huis.

Vic ·

Ag nee Rina – wil jy nou vir my se jy weet nie teen wie ons destyds geveg het nie?

Zelna van Eeden ·

Hoe moet ek maak, my seun en sy vriend wat tans in matriek is wil baie graag lugmag toegaan. Kan iemand hulle help, wie moet ons gaan sien.

chris ·

Zelna.
Doen die jongmense ‘n guns as hulle soldate wil word stuur hulle na enige westerse land toe ,enige een, los om hemelsnaan net die nuwe suid afrika uit.Hier is geen toekoms vir hulle hier nie.Jy sal hulle nie erken as jy hulle in die sadf los nie.

Dave ·

Snaaks dat julle mense so sukkel om die verkeerdelike gebruik van erken te herken.

NEL ·

Ek wil nie by die weermag aansluit nie , maar sal vrywillig my dienste aanbied om eertens die minister van verdediging ‘n les of twee tegee oor presies wat in die weermag veronderstel is om aantegaan en dan ook so ‘n bietjie touwys temaak hoe om ‘n vuurwapen te hanteer en die volgende sal wees hoe om behoorlik te salliheer.

Waarom sal wit seun en dogters hulle wil assosieer met so ‘n patetiese spul.

Wit polisie manne word nie eens bevorder op meriete nie wat nog te se in die weermag.

Dankie maar nee dankie

HEVW ·

Ek verheug my in al die kommentaar. Daar is darem nog murg in ons pype. Die minister moet eerder insette lewer om die komandostelsel weer te vestig en dit vir wit kandidate toeganglik maak sodat daar beskerming vir die boere kan wees. Nee, ons is nie bereid om gebruik te word nie. More word die wittes dalk verplig om hul lewe in n sinnelose oorlog te gaan offer.

JP Schreuder ·

Ja my oupa was net onder generaal gewees.. Ek wil graag in sy voetspore trap en hom trots maak waar hy nou vandag is maaar soos almal se daar is geen bevordering in die army nog minder in die polisie. Wit polisiemans word dan by sy eie huis dood geskiet wat gaan gebeur as ons wittes die weermag van vandag aansluit? Wie se ons gaan die volgende dag nog sien? Nie eers in die gewone werksomgewing word wittes bevorder nie. So nogals dankie maar nee dankie laat hulle maar verder sukkel en afbreek!

Deon Botha ·

Als gedaan, maar sou dit nie tog lekker gewees het as ons weer ‘n Weermag kon bou wat ons oor trots kan wees, en in ons eie land en regoor die wereld kon ontplooi om vrede te help bring nie? Dalk moet ons ouer hande, wat as leierskorps gedien het, net eers weer kans kry om dinge reg te maak en dissipline en respek te herstel voordat ons, ons jongmans en dames weer blootstel. Daar’s genoeg van ons met range en kennis en ervaring wat kans sien vir weer probeer. Begin bo minister, en maak dinge eers reg. In Curchill se woorde “ask not what your country can do for you, but what you can do for your country”

pieter ·

Die beste weermag ter wereld is verwoes tot seke di swakste in die wereld , die weermag het die beste ambagsmanne ter wereld gehad nou di swakste kubaane word ingevoer om opleiding te gee ,kyk as jy ambagsman in die weermag is en jy weti hoe om n propshaft te ruil ni en kubane moet jou kom leer dans jy swak wa al ons manne met di ondervinding of lyk my di kubane kom ok ni reg ni

Juan Olivier ·

Nee dankie. Ek veg nie vir die land nie, net vir die Boerevolk. Maar ek is seker hulle sal ‘n paar wit mense kry wat lojaal aan Suid-Afrika is.

ruaan ·

Dis hoekom ons land so is wit skool kinders word op gepiep en hulle ouers is te bang. As julle hulle mag toe stuur sal dit beter gaan dan.

Quenten ·

Ek stem saam meeste comments. Maar gaan almal nou vir ewig en altyd so n holding he?? gn wonder die land gaan af nie want almal wil net die negatiewe Kant sien. wat van probeer saamstaan as n land en begin dit weer opbou? en btw julle gaan aan Asof alle nie-blankes pateties is en alle wittes engeltjies is. dan noem Jul julself n christen volk. Ek gaan gehaat word nou oor my comment, but bring it on. if you want change in a country, then bring your part. miskien oor n 100 jaar wanneer meeste old-minded, racist mind generasies dood is en almal minder rassisties is. Sal daar dalk weer n beter said wees.

chris ·

Quenten.
Of jy is uiters dwaas,oningelig of sommer net kwaadwillig want so ‘n stelling getuig van dit.
1.)Jy maak aannames en se ons is rassisties en gaan aan asof alle swartmense pateties en alle wittes engeltjies is,waar se ons dit?
2.)Stuur gerus jou seun na hierdie “weermag” toe .Misken net dalk dan verstaan jy die woord rassisties. Tans het jy geen idee nie.Of beter nog gee ons jou definisie van rassisties,want sien van ET tot Zille was al so genoem.Jy beindruk niemand om sulke belaglike aantuigings te maak nie want almal wat homself in ‘n hoek verf gebruik die term.
3.)Christen volk.So jou defenisie van ‘n Christen volk is dus wat presies?
4.)Om jou kant te bring in ‘n stelsel wat openlik teen jou diskremineer, jou reg op taal en kultuur onderdruk deur werklike rassisme is nou jou voorstel.Dit is belaglik man, net so goed iemand wil jou skiet maar weet nie hoe die geweer gelaai moet word nie, nou wys jy hom.
5.)Verduidelik gou vir ons konserwatiewe mense hier wat jy bedoel om minder rassisties te wees asb, ek verstaan nie.As voorbeelde vir my is die volgende rassisties, kwotas,bbee,seb ens.Gaan jy nou vir hulle ook so ‘n briefie skryf?Hierdie hulle is omtrent al die politieke partye en sluit die DA,ANC en EFF in.

Kan nie wag vir jou goed deurdinkte antwoord nie.

Miemie ·

Almal praat altyd op al die nuusblaaie van hoe ons as Wit beter is….???? Maak dit ons beter as ons hulp gevra word en dit net wegwys? Hoe wil julle die land verbeter? Deur weg te kruip agter jou traliehekkies en honde? Hel, mense hoe trots is ek nou om ‘n witmens te wees. Een van daai wat gaan sê nee dankie. Nie ek nie, as elke man en vrou hulle kant bring, hulle bangheid los en opstaan en ons hulp wat gevra word net gee kan groot dinge gebeur. Begin by die weermag, Wees ‘n trots Afrikaanse Blanke, lig jul gatte en doen iets. Weet ek gaan, want my kinders word in die land groot en vir my kinders sal ek berge versit. Face it…. ons kan nie almal oorsee gaan bly nie.

gogga ·

My seun is in die Britse weermag em BAIE gelukkig daar, want hy kon nie 3jaar terug aansoek doen by die SA weermag. Nee wat, hy geniet dit, geld is goed, hulle leef goed en hulle vergeet soms hul huis se deur oop EN ons SA seuns kry range daar….

Hermanus Maritz ·

I am an ex SAAF member with a force number 96716543PF. I re-applied to go back to the SAAF i was told that there was no funds to re-employ old defense members. i am still lying as active on the SAAF system, and no where to go. How do us ex members get back into the defence force. my mustering on system is MSC Tech

alet ·

Okay, hoe gemaak om in die weermag te kom?
waar kry ek aansoekvorms?
of wat is die prosedures wat gevolg moet word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.