Weermag waarsku oor slenter

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het die publiek gemaan om versigtig te wees vir ʼn slenter wat tans die ronde doen.

Brig.genl. Mafi Mgobozi, die weermag se woordvoerder, het in ʼn verklaring gesê die slenter hou verband met valse advertensies wat op sosiale media versprei word oor die werwing van nuwe lede vir die militêre vaardigheidsontwikkelingstelsel (MSDS).

“Die SANW het nog nie vanjaar enige advertensie met betrekking tot die werwing van nuwe lede uitgereik nie. Die advertensie vir 2018 se werwing sal op 21 Januarie in Sondagkoerante en op 22 Januarie in die Daily Sun-koerant gepubliseer word,” het Mgobozi gesê.

Volgens Mgobozi vra die weermag nie geld vir enige aansoekvorm nie en maak hulle nie gebruik van werwingsagentskappe nie.

Die publiek kan lt.kol. Kenanao Lobelo by 012 339 5626 of lt.kol. Rudi Oosthuizen by 012 339 5440 skakel as hulle onseker is of meer inligting verlang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

François ·

Brigadier-Generaal…? Wat vir ‘n vreemde rang is dit? Of is ek maar net die pad byster met deesdae se rang benamings? Klink soos ‘n ‘lucky packet’ affêre…..

Sarie ·

Officers Offisiere
General
Generaal
Lieutenant General
Luitenant Generaal
Major General
Generaal-Majoor
Brigadier General
Brigadier Generaal
Colonel
Kolonel
Lieutenant Colonel
Luitenant Kolonel
Major
Majoor
Captain
Kaptein
Lieutenant
Luitenant
2nd Lieutenant
Tweede Luitenant Candidate officer

Marinda ·

O please. Stop being so negative. You’ll never get anywhere if you keep on believing that. My son wanted to join the army since he could talk and when the advert appeared in the newspaper, 11 years ago, he completed the application form and today he has been there 10 years. Qualified and living his dream.

Marinda ·

Hoeveel van ons kinders sit sonder werk? Laat hulle aansoek doen. Hou op om so negatief te wees. Dis hoekom ons nerens in die lewe kom nie. Ons het al klaar besluit hoekom moet ek aansoek doen? Ek gaan in elk geval nie die werk kry nie. Ag nee tog asb. Change your mind set. My son did it? And he enjoys what he is doing. His motto: it’s what you make of it.

Coen ·

Ons is almal seker maar negatief want orals word teen ons gediskrimineer a.g.v. die verlede.
Die vakansie het ek saam ‘n weermagoffisier gholf gespeel en hy het my vertel van die program, en hoe enige iemand wel kan aansoek doen. Hy het geen rede gehad on te jok daaroor nie.
So doen aansoek ek kyk wat gebeur – jy’t klaar nie die werk nie, so wat het jy om te verloor?

Hanlie ·

My seun was 2016 en 2017 MSDS. Hulle is kontrakte belowe en nie 1 het kontrak gekry nie. Wat staan ons te doen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.