Weermag weer in hof oor “MIV-diskriminasie”

Argieffoto

Argieffoto

Die hooggeregshof in Pretoria sal na verwagting Dinsdag argumente aanhoor dat die Suid-Afrikaanse Weermag glo voornemende rekrute weier op grond van hul MIV-status, berig The Star.

Aansoekers beweer dat die weermag aanhou om onwettig nuwe rekrute, weens hul MIV-status, uit te sluit afgesien van ‘n hofbevel ses jaar gelede.

“Rekrute word geweier, ongeag van die aansoeker se huidige gesondheidstoestand, ongeag van die werk wat gedoen moet word, én die hofbevel,” word in hofdokumente aangevoer.

Volgens die berig het die weermag se vorige gesondheidsbeleid mense met MIV uitgesluit vir werwing, eksterne ontplooiing en bevordering.

Die hooggeregshof in Pretoria het in 2008 beslis dat die weermag se beleid rakende verpligte MIV-toetse “onregverdig” is en inbraak maak op die regte van lede.

Aids Law Project [nou deel van Section27] het dié beleid uitgedaag. Dit het in 2009 gelei tot die aanvaarding van ‘n nuwe beleid, wat dié soort diskriminasie moes staak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pieter Myburgh ·

Ek stem nie saam met die hofbevel,jy kan nie n weermag he en die troepe is sieklik nie.Wys net waarheen die standaarde is.

Oud Kol. ·

G1 K1 , Dan is hy gesond . Onder n aanval , terwyl jy die vyand van voor het ,wil jy nie die wind van agter ook he nie . Ag laat hulle maar toe man . Dis mos nou die Nesshinal Diefens Fors

Grassie ·

Ek het gedurende die bosoorlog in destydse Rhodesië ‘n tydjie lank in ‘n sg “kit bag unit” gedien – dit is ‘n klein groepie manne wat vir weke op ‘n slag jag en van die veld af leef. Jy dra baie min slaapgoed saam en as die nagte baie koud word lê die groep teen mekaar vir liggaamshitte. Soms eet ‘n mens maar saam uit een pot. As een seerkry behandel jy sy wond – daar is nie handskoene nie en die bloed smeer maar so ‘n bietjie. Daardie dae was daar nog nie vigs nie maar as daar was sou ek nie saam met so ‘n ou in ‘n eenheid gewerk het nie – vir my eie beswil. Ons het so onder mekaar altyd net seker gemaak dat daar nie ‘n ou tussen ons is wat probleme kan veroorsaak nie.

Oud Kol……… Ek is ook een . Groetnis en voorspoed vir jou.

Trippie ·

Hallo Grassie, julle, die sout van die aarde. Ek salueer jou en “Oud-Kol”. Die SAW/SAP was maar die beste daardie jare. Stem saam met julle.

Groete

Grassie ·

Dankie Trippie. Ek was daardie tyd ‘n jong luitenant en bevelvoerder van die groep. Ek het in die onnosele voortvarendheid van ‘n jong man eerlik geglo as ons manne in die bos hard genoeg veg sal dit vir die politici in RSA ‘n sterk genoeg basis gee om die regte besluite te neem en ‘n goeie toekoms vir ons land en ons Boerevolk daar te stel.Later in Suidwes het ek nog steeds so gevoel.
Na die verkiesing in 1992 het ek een aand in die spieël gekyk en vir myself gesê “Jou dom @#$@#&, jy het geglo in mense wat voete van klei het.”

Gogga ·

Nee, maar dit moet so wees. Êrens word daar beskik dat die weermag moet verswak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.