Weermagbevelvoerder eerloos ontslaan

kol. MJ Moralo. (Foto: Verskaf)

Die bevelvoerder van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) se algemene steunbasis op Potchefstroom, kol. Monnakhotha Joseph Moralo, is gister oneervol uit die SANW ontslaan en tydens ʼn militêre parade van sy rang gestroop.

Moralo is verlede week deur ʼn militêre appèlhof tot kassering (oneervolle ontslag) en twee jaar tronkstraf gevonnis. Die tronkstraf is vir drie jaar opgeskort.

Dié vonnis volg nadat hy in 2018 skuldig bevind is aan diefstal van 68 liter brandstof by ʼn militêre basis in Limpopo. Vir dié misdaad het hy ʼn opgeskorte vonnis ontvang. Die saak is outomaties vir hersiening na die militêre appèlhof verwys, wat dié vonnis as “ontstellend toegeeflik” beskryf en die swaarder straf opgelê het.

Luidens hofstukke was Moralo in 2014 ten tye van die oortredings die bevelvoerder van 2 SA Infanterie Bataljon, wat operasioneel ontplooi was om grensdiens te verrig. Hy het destyds ʼn stafsersant beveel om diesel in ʼn voertuig te gooi, maar kon nie bewys dat die voertuig wel aan die staat behoort het nie. Die stafsersant het hom by die militêre polisie verkla.

Regter AJ Bam, bygestaan deur brig.genl. EM Riekert en kol. MA Venter het in hul uitspraak in die appèlhof gesê diefstal vind sy oorsprong in oneerlikheid en dat dit onversoenbaar met die karakter van ʼn offisier is. “Offisiere is veronderstel om op ʼn etiese vlak rigting aan hul manskappe te gee en moet ʼn voorbeeld vir hul ondergeskiktes stel,” lui die uitspraak.

Oor Moralo het hulle gesê: “Die beskuldigde is ʼn offisier wat sy posisie as bevelvoerder misbruik en sy vertrouensplig verontagsaam het deur  staatseiendom te steel. Dit is teenstrydig om so iemand in die SANW en as offisier te behou.”

Adv. Pikkie Greeff, sekretaris van die weermagvakbond Sandu, het aan Maroela Media gesê dis die eerste keer in meer as 20 jaar dat ʼn weermagoffisier kasseer word. Dit behels dat die offisier tydens ʼn militêre parade voor sy manskappe fisiek van sy rang gestroop word. Morale moes ook sy uniform in die dienskamer uittrek waarna hy uit die basis begelei is.

“Wat hierdie uitspraak vir ons wys is dat daar wel dissipline in die weermag gehandhaaf word,” sê Greeff.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Fred ·

Baie erg dat dit so lang geneem het, intussen kon hy nog baie oortredings begaan het, ook wat sy manskappe se etiese gedrag betref agv sy voorbeeld. Sy basis behoort geaudit te word, maar wat is die kanse?

Kokerboom ·

Welgedaan. As eertydse senior burgermag offisier het ek nou ‘n klein bietjie respek vir die eerstydse trotse SAW herwin.

johan ·

sekerlik gaan hy n pos aan gebied word in die parlement…..

johan ·

Maar ons wag Zuma vir sy beurt. Hy het nie net 68 liter petrol gevat nie.

Sarel ·

My punt….indien die Bevelvoerder dit doen, hoe kan ons verwag dat Troepe dit nie moet doen nie. Voorbefld word dan vir hulle gestel

JohanR ·

Nou wat sou die ou nou eintlik gedoen het om self met eer uit die mag uit te tree. Het hy elke oggend op gestaan en van agt tot vyf werk toe gegaan. of het hy iewers in ‘n oorlog geweg.? Miljoene en miljoene staan elke more op en gaan werk toe in SA. Miskien moet hulle almal ‘n medalje kry?

Ou Baardbek ·

Dit is verblydend, maar nie goed genoeg nie. Sy rangsoldy, (‘n beduidende bedrag!), sedert die eerste skuldigbevinding, moet dan mos nou ook herwin word?? Hoewel ‘n beduidende verbetering op die aanvanklike (opgeskorte)vonnis, is dit steeds te lig vir ‘n offisier van daardie rang, trouens, selfs vir ‘n manskap sou dit ontoereikend wees in die eertydse trotse S.A.W.!

Eerlik ·

As jy dom is moet jy sukkel. As jy diefstal pleeg doen jy self die vuilwerk! Net weereens n bewys van korrupsie onder die hoogeplaastes.

Wondermaarnet ·

Ek is baie verbaas dat daar iets aan gedoen is. Wow, mooi so. Hoop die ANC neem kennis.

Wielspore ·

Oneervol ontslag is een van die mees vernederendste strawwe wat deur die weermag opgelê kan word. Dit is beslis ‘n stap in die regte rigting, in die weermag soek jy mense wat jy kan vertrou, jou mede soldaat kan nie jou vyand wees.

Andre ·

Die man was ‘n Kolonel ?????? Hoe het hy ooit daar uitgekom ??????? Ek was ook in die weermag. Jy het nie sommer Kol geword nie.Maar natuurlik.In die nuwe SA is daar hordes Majore,generale,kapteine en kommandante.Net ‘n pos met baie geld en sommer net gekry.

Tienie ·

Dit is die ou MK Lede wat so bevoordeel is/was.

Jy sal jou hande saamslaan as jy weet hoe en wat alles gebeur het…

Boerkind ·

Ag nee… Dit was maar net 68 liter brandstof… en hy was dan so ‘n goeie kader! Dis darem soooo onregverdig. JZ loop vry rond. Shaik, speel golf te midde van ‘n lewensbedreigende hart probleem.. have a heart – gee die man dan te minste ‘n job in die parlimint….

Piet parys ·

Ja ou skelm nou eers gevang. Hy wou rang trek en nou moet hy trek . Maar dit sal reg gewees het as sy pensioen verbeurd verklaar word .

Jannie van Niekerk ·

Ek hoop die SANW het sy PTI kwalifikasie ook tot niet verklaar sodat hy nie as Fiksheidsinstrukteur in die privaatsektor kan werk nie. Hy is ‘n Klad op die naam van die ou SAW se PTI’s.

Hennie J ·

Daar lees ek toe die woord “kasseer” verkeerd en wonder toe of hy ook in Burundi diens gedoen het!

Anel ·

So hy is die enigste een die afgelope 20 jaar wst ‘n misdaad gepleeg het?

Kruger ·

My mond hang oop. Wens ek kon parade bywoon. Die vernedering is amper erger as tronkstraf mits jy enige trots het, wat ek nie glo hy het nie. As ek so na hom kyk….. wat weet hy van infanterie of weermag???? Seker vloere gevee en toe bevorder….

Jan ·

Hierdie is die SANW nie die mk nie. Hoop dat dit met skelm staads amptenare ook gaan gebeur

Scalla ·

Lyk vir my of hy ook in beheer van die basis se kroeg was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.