Weermaghoë se vrou in hof vir bedrog van miljoene  

(Argieffoto)

Die vrou van ʼn senior weermaggeneraal is op borgtog van R80 000 vrygelaat nadat sy op aanklag van bedrog van R100 miljoen in die hof verskyn het.

Nombasa Ntsondwa-Ndlovu is Woensdagoggend in hegtenis geneem. Volgens haar borgtogvoorwaardes mag sy nie kontak met getuies maak nie en moes sy haar paspoort inhandig. Sy moet op 9 Desember weer in die hof verskyn.

Sipho Ngwema, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê ʼn tender is deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) aan Ukhumbe Marine, die wettige entiteit wat deur Ntsondwa-Ndlovu besit word, toegeken om weermagtoerusting uit Afrikalande terug na Suid-Afrika te vervoer. Die kontrak se waarde was ongeveer R24 miljoen.

Volgens Ngwema het Ntsondwa-Ndlovu glo vals inligting en dokumente verskaf as deel van die tenderproses. Sy het glo daarna nog ʼn kontrak van R103 miljoen gekry – ook om weermagtoerusting te vervoer. Soldate is intussen na Suid-Afrika teruggeroep en dié kontrak is gekanselleer.

Ntsondwa-Ndlovu het toe R30 miljoen van die SANW geëis en beweer dat sy reeds, voor die kansellasie van die kontrak, uitgawes ter waarde van dié bedrag aangegaan het. Dokumente wat blyk vals te wees, het die uitgawes uiteengesit.

Sunday Times het verlede jaar berig dat daar talle foto’s op sosiale media gedeel is waarin Ntsondwa-Ndlovu en haar man, genl. Noel Ndlovu, spog met hul luukse leefstyl. Daar is foto’s waar hul eersteklas vlieg, op oorsese vakansies is en waar hulle voor hul huis van miljoene rande in Sandton staan. Daar is ook foto’s waar hulle by luukse motors soos ʼn Maserati en ʼn Range Rover staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Casper ·

Die generaal wonder nie waar kom die baie geld skielik vandaan nie.Het hy dalk ‘n aandeel gehad in die toeken van die tender.So gulsig dat sy dokumente vevals om meer geld te kry.So sy voel vere of dit belasting betalers is wat moet opdok solank hulle net in weelde kan lewe.Die Senekal sakeman kry nie borg nie want hy kan met staatsgetuies inmeng,Agressi kry nie borg nie want hy is ‘n vlugrisiko maar madam kry borg.Duisende mense kry borg maar woon nie die hof by nie.So maklik soos dit:reik’n lasbrief uit.Dit is hoekom die borgtogstelsel daar is om oorvol tronke te voorkom en seker te maak jy kom wel hof toe.As jy jou borgvoorwaardes verbreek gaan jy tronk toe tot jou saak afgehandel is,Sela.

Casper ·

Gaan hulle nou beslag lê op hulle bates en bankrekening vries.Dit sal mos net regverdig wees.What is good for the goose is good for the gander.

Byekonfyt ·

Ek sal graag wil sien hoeveel word ingevorder teenoor wat geroof is.

Persheks Adri ·

R80 000 borg vir R100 miljoen se bedrog! Dis mal man!

Scalla ·

lagwekkend, hoe bepaal hul die borgbedrag, sy moet sit, gaan net verder bates wegsteek.

Hennie J ·

Stem saam, sleg verby. Wonder net hoe hy n general geword het. mk hero?

Androclus ·

Nou word hulle darem mooi uitgelig,hoop net kry tronkstraf of beslag lê op al sy bates.

Zombie ·

Bevordering en opneem in die politieke arena is ook ń moontlikheid.

Frederik C ·

Sy was net die middelman. Weerskante van haar het nog baaaaaie kaders geskep.

Zandra ·

ja ag deesdae word daar van miljoene gepraat soos asof dit ‘n R100 is!
(dis iets wat sy hopenlik sal waardeer as sy in die tjoekie sit)

al julle skelms gaan een of ander tyd betaal vir julle sondes, en ek’s so dankbaar vir die werk wat die HAWKS en SAPS deesdae doen om al die tender bedrog hok te slaan

ek kan nie glo dat al hierdie bedrog, wat gepleeg is (waarvan ons weet) gepleeg is met die wete dat als gaan ok wees, ons gaan nie gevang word en kan ryk lewe

ek sal maar in my middelklas huis bly, en hard werk vir my eerlike salaris en nooit op vakansie gaan, ten minste het ek ‘n skoon gewete

Androclus ·

Zandra ek is presies soos wat jy daar stel.
Geld en rykdom is ‘n pes van ‘n ding.

Rose ·

Jo! dit gaan darm alte lekker in die land van Kanaan. Hebsug, selfsug, kleptomania, die lys kan nog ver aangaan. Dit is maar die punt van die ysberg, ons wag net dat Zuma se wandade ook uitgesort word. Wil voorkom asof elkeen hom of haar lekker vet gehelp het.

Jakes ·

Dit hou net nie op nie. Elke dag lees ons op mediaplatforms van korrupsie en bedrog. Boonop staan die dept van Justisie op die rand van ineenstorting. SA het n land van rampokkery geword.

Perdeby ·

Dis net weermag en polisie. Dank hulle almal af en doen heraanstellings van die wat nog ‘n skoon rekord het.

Andre ·

Korupsie en bedrog het die die land so gekanker en met die huidige leierskap en die rooies wat nie kan wag om plundery te vervolmaak, is daar geen moontlikheid dat dinge kan verbeter nie. Inteendeel as ons en dan verwys ek na diegene wat werklik ‘n beter toekoms vir geslagte hierna wil bewerkstellig nie nou ernstig na selfbeskiking kyk nie gaan dit te laat wees vir ewig

Mariana ·

Astronomiese bedrae geld. Liewe hemel. Mense dood van honger en party lewe soos konings. Hier is dit blykbaar betalend om krimineel te wees. Sy gaan seker ook wegkom daarmee of die “ondersoek” gaan ook jare vat om af te handel.

Is jy seker? ·

Die regter sal vonnis oplewer met die “unveiling” van die grafsteen…

Annettest ·

Na 26 jaar nog maar steeds niks gewoond. Duur huise en voertuie! Geld kan nie opvoeding en klas koop nie. Kyk maar vir Julius Malema. Dit is hoekom die land tot rommelstatus geval het!

Hennie J ·

Wys tog net die wil om net n bietjie dieper te krap en die general self kan heel moontlik uitpop.

Genis ·

Ja ou Cyril, your people man…. Vir die ANC is biljoene niks, wonder of hulle almal saam met Zuma wiskunde gedoen het???

LANA is ELANè ·

Wat my verstand te bowe gaan is dat hierdie korrupte amptenare sukkel om nie met hulle vonds te spog nie.
Hulle adverteer hul leefstyl oral en vryf dit onder ander mense se neuse, baie dom skelms, as jy skelm wil wees sorg dat jy onder die radar bly!

Nie Verbaas ·

Nee kyk, die ANC sorg vir lekker nuus en die goeie ding is dat hulle reputasie elke dag net verder in die oe van die wereld vernietig word.

Is jy seker? ·

Wat ‘n absolute skok! Bedrog hier in SA?…
Uitdaging vir joernaliste: Kry ‘n storie waar dinge reggeloop het en geld bespaar was. “Good Hunting!”

Cecilia ·

R80 000 borg en paspoort inhandig. Wat n GRAP. As sy tender dokumente kan vervals wat sal haar verhoed om n vervalste paspoort te reel? Sy gaan nie inmeng met getuies nie. Nee sy gaan hulle omkoop en d dossier sal stilweg verdwyn. Hoop haar hoog geplaaste man is ook geskors ( sonder salaris) want hy het definitief n aandeel daaraan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.