Weermaghoof waarsku teen partypolitieke bedrywighede

Genl. Solly Shoke, hoof van die weermag. (Foto: Brenda Masilela/ANA)

Genl. Solly Shoke, hoof van die weermag, het weer bewerings verwerp dat senior weermagoffisiere beoog om ʼn ANC-vergadering by te woon.

Die weermag het vroeër gesê hy is bewus van die vergadering waar weermaglede na verwagting ongenoemde ANC-kwessies sal bespreek.

Shoke het nou weereens benadruk dat die weermag nie deel vorm van enige vergadering wat byeengeroep is nie en dat die SANW ook nie sal deelneem aan enige politieke inisiatief uit enige oord nie.

“Sulke inisiatiewe sal ook nie geduld word nie,” lui ʼn verklaring van die weermag.

Die weermag sê hy neem aanstoot dat sekere mense ʼn beroep op dienende generaals doen om vergaderings van ʼn politieke aard by te woon en veroordeel sulke gedrag. Die weermag het dienende weermaglede ook herinner dat hul getrouheid aan die Grondwet en niks anders is nie.

“Die plig van die weermag is om die gebiedsintegriteit en -soewereiniteit van die land te beskerm en ons sal dit sonder vrees of guns doen,” het Shoke gesê.

Luidens berigte het lt.genl. (afg.) Maomela “Mojo” Motau voorgestel dat senior offisiere vergader om die stand van die ANC te bespreek.

Shoke se verwerping van dié oproep is uit verskeie oorde verwelkom. Volgens sommige kenners is dit belangrik dat weermaglede geen politieke verbintenis het nie, aangesien hulle die land verteenwoordig en die verpolitisering van die weermag nie toegelaat kan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Werner ·

Glo nie meer n woord wat hulle se nie. Waar n rokie trek is n vuurtjie.Sal nie verbaas wees as ons n staatsgreep sien nie dit is Afrika

richard ·

Dit is prysenswaardig, van die hoof van die weermag, wat die verklaring uitgereik het, maar daar is moontlik net n probleem, hoe stop jy hulle, om die vergadering bytewoon, as dit deur n afgetrede hoe offisier gereel word.
Hoop, as dit die geval is, dat so n vergadering , moontlik bele is, dat die bevele van die hoof van die weermag na gekom sal word.

Persheks Adri ·

Hulle is hand om die blaas met die kaders. Lyk ons stupid huh?

Chris dupreez ·

Waar daar n rokie is ,,is daar n vuurtjie. Dit sal nogal lagwekkend wees om te sien hoe hulle n staatsgreep op hulle self gaan uitvoer. Staan ANC vir All Natural Criminals .?

Jr ·

Ons het dit gedoen. Ons het dit nie gedoen nie. Ons het dit gedoen. Ons het dit nie gedoen. You don’t understand.
You misinterpreted it. No this is a smear campaign. No third forces are involved. No it’s Jan’s fault. No it’s apartheids fault. And lastly it’s white capital monopoly. And Tressemme and Clicks are also involved

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.