Daar is talle vrae oor beweerde omkopery van lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) by die Beitbrug-grenspos tussen Suid-Afrika en Zimbabwe.
Volgens ’n Carte Blanche-onthulling wat Sondag uitgesaai is, het weermaglede oënskynlik omkoopgeld op dié grenspos aanvaar van diegene wat die land onwettig wil binnekom.
Die DA het ná afloop van dié uitsending gesê hy sal aan die minister van verdediging, Thandi Modise, skryf om te versoek dat ’n onafhanklike ondersoek na dié bewering van stapel gestuur word.
Volens Kobus Marais, die DA se skaduminister van verdediging, versoek die party dat die betrokke beamptes aanspreeklik gehou word vir hul onwettige gedrag, asook die versuim en verontagsaming van hul grondwetlike rolle, verpligtinge en mandaat.
“Die ondersoek moet ook poog om oplossings te vind wat sal verseker dat dié soort onwettige aktiwiteite nie herhaal word nie,” het Marais gesê.
Die departement sal na verwagting Woensdag voor die parlementêre portefeuljekomitee oor verdediging verskyn en die DA sê hy sal die geleentheid gebruik om antwoorde van die departement te kry.
“Dié vorm van korrupsie deur die einste mense wat die taak het om wet en orde by ons grense te handhaaf, is ’n aanduiding van ’n veel groter probleem, naamlik ’n gebrek aan uitvoerende toesig en die algemene verrotting wat in die departement van verdediging en die SANW ingesypel het.
“Die situasie stook ook verder lede van die publiek se wantroue in die weermag en vyandigheid tussen Suid-Afrikaners en immigrante wat die land wettig binnekom.”
Die SANW het Dinsdagaand in ’n verklaring gesê hy neem kennis van die onthulling en sal ook ondersoek instel.
Die hoof van die SANW, genl. Rudzani Maphwanya, en lede van die weermag se bevelraad het weermaglede weer eens daaraan herinner dat geen misdaad geduld of ongestraf sal bly in die weermag nie, ongeag die rang of posisie.
Korrupsie, omkopery en wanbestuur is nie nuwe normaal in SA. Volgens hulle doen hul niks verkeerd nie, want almal doen dit.
Ons land is absoluut vrot tot in die kern. Hoe draai mens dit om want vir sekeres kom dit voor of dit deel is van kultuur.
Dit is algemeen dat 200 rand jou vrye teuels gee om oor die grens onwettig te kom dit is nie ‘n geisoleerde geval dit is algemeen.
Bewys dit eers, sluit toe, dan sal ons begin glo. Maar hoe meer onwettiges hoe beter vir die anc!!!
Die Beitbrug grens is nie tussen SA en Mozambique nie. Wil met Zim.
Die anc land het sy gat gesien en klaar so lank die anc gemors in be heer is gaan ons nog bitter swaar kry
Glad nie iets om op trots te wees nie…..wonder hoe die soort van optrede gestop gaan word…..sonder voldoende beheer en mikro bestuur sien ek maar steeds groot probleme en volharding op die ou trant van modus operandi….gaan nie wen nie…dis verseker!!!
Ek het dadelik opgehou lees toe ek sien Maroela Media beweer Beitbrug vat jou Mosambiek toe. Dis inderwaarheid die deurgang na Zimbabwe. As die verslaggewer nie die basiese feite reg het en die subs dit nie kon nagaan nie, het ek nie veel hoop om enigiets verder uit dié berig te kry nie. Gmf!
Alles is tekenend van ‘n totale gebrek aan verantwoordelike bestuur deur ANC op alle vlakke.Integriteit ontbreek en aanspreeklikheid is helemal afwesig. Steeds kom die boodskap NIE deur dat hul NIE bevoeg is. Gevolge van dade en besluite word totaal ge-ignoreer!!
Dit is nie eers ‘n skok nie, dink ons almal weet lankal al dat die korrupte spul veel verder strek as die polisielede en amptenare op die grensposte. DIE wat ons land moet beskerm teen onwettige immigrante is self die grootste korrupte spul en dit eindig nie daar nie. Die ANC Kaders wat die land op ‘n skinkbord gekry het, het dit tot in die afgrond in gedryf en was ook verantwoordelik vir al die aanstellings van kriminele in hierdie poste
Welkom in piesangland!
Lieg, swendel, koop om en korrupteer sonder ‘n gedagte oor wat vir die nageslag agtergelaat word. Hulle het so baklei vir stemreg en demokrasie, maar dit is wat hulle daarmee doen? Voel hulle niks vir SA nie? My instink as Afrikaner wil met alle geweld bewaar en beskerm en voortbou op wat reeds hier was. Hulle trek hierdie land deur hulle watsenaams en dit terwyl hulle in uniforms is wat presies die teenoorgestelde van hulle vra.
Dis waar hulle al die medaljees vandaan kry…. Hulle is behang met dit, maar beteken niks vir SA nie… Net so korrup soos die SAPD…. Die skande van SA
Hartseer Verby !!!
Niks om op trots te wees nie want dit is nie n army nie dit is n groot sirkus hulle kan nie eers vir hulle self iets doen nie
Korrek.
Raak ontslae van die opperbevelhebber van die SANW.
Nie “glo omgekoop” nie. Hulle is! Beeld materiaal jok nie
Korrupsie seëvier in ons land, dit blyk dat daar geen perke is meer.
gaaaaaaaaaaaaaaaap
Afrika-kultuur werk maar op bribes. As die kaptein jou roep, moenie met leë hande gaan nie.
Dit is nou die lede wat ons land moet verdedig.Gaan hulle die vyande ook omkoop om hulle nie te skiet nie?
Daar is beelmateriaal wat wys hoe die krimemele geld van ander krimenele vat om heen en weer oor die grens te loop. Jy kan hulle nie weermag lede noem nie
Siestog geen misdaad sal geduld word nie, maar elke dag gaan hulle maar net aan. die mense is seker nog steeds op hulle poste, want die ANC glo mos jy is eers skuldig wanneer die hof dit so bevind.
Daar moet ook gekyk word na mense wat op wettig manier deur die grens gaan ,maar by terug keer word daar allerhande “probleempies” uitgewys en dan moet jy geld betaal om terug te kom in land van oorsprong.