Weermaglede in pekel omdat hulle publiek ‘terroriseer’

Tentoonstelling van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag tydens Weermagdag op 21 Februarie 2015. (Foto: Potchefstroom Armed Forces Day, Facebook)

Weermaglede gestasioneer in die omgewing van die suikerproduserende Zoeloelandse dorp Pongola (in KwaZulu-Natal) is in die pekel nadat hulle inwoners se huise onwettig deursoek en die publiek aangerand en geïntimideer het.

Die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het in antwoord op ʼn parlementêre vraag deur Maliyakhe Shelembe, DA-LP, bevestig dat inwoners van Pongola klagtes teen weermaglede ingedien het by die Pongola-polisiestasie.

Volgens die minister het die klagtes verband gehou met bewerings van onwettige klopjagte op private huise, wat sonder lasbriewe en sonder polisiebegeleiding plaasgevind het. Sommige inwoners is ook deur die soldate aangerand tydens die onwettige klopjagte.

Die klagtes wat by die polisie ingedien is, sluit onwettige gedrag, diefstal en aanranding in.
’n Ondersoek deur die weermag het aan die lig gebring dat die bewerings juis is en dat die inwoners se klagtes water hou. Nou is die weermaglede dubbeld in die moeilikheid – hulle moet hulle verdedig teen ’n polisie-ondersoek op kriminele klagtes en terselfdertyd teen ’n militêre ondersoek wat voor ’n krygsraad besleg sal word.

“Ek en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag veroordeel die gedrag van hierdie lede onvoorwaardelik en ten sterkste. Dit is nie hoe ons ons werk doen nie en ons vra opreg om verskoning aan die mense van Pongola,” het Mapisa-Nqakula gesê.

Sy het die versekering gegee dat weermagprotokolin die proses oortree is en die hoof van die weermag het regstreeks van haar opdrag gekry om te verseker dat so iets nooit weer gebeur nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Dafer ·

In teenstelling met die gebruiklike vorm van rapportering van Maroela, hoop ek Maroela sal die voortsetting van hierdie saga goed dophou, EN RAPPORTEER!!!!

Andre ·

Wat is dit ?? Die SANW en SAPS het geen dissipline of trots meer nie.Dis maar net nog n “job”…

Sic? ·

Goeiemore ! Dit is ‘ n millitere oefening . Al gewonder wie is die vyand ? Ons het maar nog ondervinsing van die informele militia .

Alta Smit ·

Ek is op 4 Nov 2016 onwettig deur weermag uit by huis “evict”. Met soldate met aanvalswapens (R4e). Ek bly al vir 20jr in die huis EN BETAAL HUUR. Ten spyte van klagte wat by SAP ingedien is het daar NIKS gebeur nie. Nadat Hooggeregshof bevind het dat alles onwettig was. Geen soldaat is aangekla nie. Glo my, alles gaan onder mat ingevee word. Soldate is oorgewig, lui en het GEEN dissipline nie. Doen net wat hul wil. Betaal R5 op Vrydae om in siviele klere te kom werk. Kom tel gerus self hoeveel van hul nog hier is op n Vrydag na 10h.Ek sien hul elke dag. Skande vir ons land !!

Hanna Hoekom ·

Wat n sirkus het die weermag nie geword nie… Die eens trotse instelling is nou so pragtig getransformeerd dat hulle basies nikswerd is nie! As hulle nie lede van die publiek aanrand of wapens aan die bendegeteisterde Kaapse Vlakte “verskaf” nie, is hulle in die nuus mbt verkragting van plaaslike vrouens waar ook al hul gestasioneer is (die minister moes hulle n paar jaar gelede vermaan om hulle tog van seksuele dade in die vreemde te weerhou). Wat n sirkus het ons weermag nie geword nie!

Ansie ·

Dis tragies dat die mense na wie ons moet opsien om ons te beskerm dit doen. Jare gelede toe ons in Namibie (Suidwes Afrika toe) gebly het het ‘n man in militere uniform my veilig laat voel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.