Weermaglede sterf ná botsing

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Die polisie in Limpopo ondersoek ʼn saak van strafbare manslag nadat twee weermaglede Donderdag in ʼn botsing noord van Louis Trichardt oorlede is.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die ongeluk het op die N1 naby Huntleigh plaasgevind.

Twee vragmotors, waarvan een ʼn weermagvoertuig is, was in die rigting van Louis Trichardt op pad toe ʼn aankomende vragmotor se bestuurder vermoedelik beheer verloor en met die ander twee vragmotors gebots het.

“Een weermaglid het op die toneel aan sy beserings beswyk en ʼn tweede is dood kort nadat hy by die hospitaal aangekom het,” het Mojapelo gesê.

Dit was nie onmiddellik duidelik of enige ander mense in die botsing beseer is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Awie ·

Maroela media net ‘n wysing in die berig dis Huntleigh nie Hartleigh

Landi Slatter ·

Dagsê Awie

Daankie dat jy ons daarop gewys het. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.