Weermaglid skiet glo twee tydens stryery

‘n Weermaglid op patrollie tydens die landwye staat van algehele afsondering. (Foto: Henk Kruger/ANA)

ʼn Lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is in hegtenis geneem nadat hy glo oor die naweek twee lede van die publiek doodgeskiet het terwyl hy van diens af was.

Die voorval het Saterdag in Pongola in KwaZulu-Natal plaasgevind toe die weermaglid stry gekry het met die twee by sy vriendin se huis.

Dit volg nadat ʼn man wat glo deel was van ʼn boendoehof in Acornhoek in Mpumalanga verlede week deur ʼn ander weermaglid doodgeskiet is. Maroela Media het vroeër berig die man het tydens ʼn oproer in die omgewing met ʼn vuurwapen uit ʼn voertuig gespring.

Kapt. Jaco Theunissen, woordvoerder van die SANW, het in ʼn verklaring oor die jongste voorval gesê die polisie het ʼn saak van moord geopen en ondersoek die voorval. Hy sê die betrokke weermaglid is nog in aanhouding.

“Die hoof van die nasionale weermag dra sy medeleye aan die familie en geliefdes van die oorledenes oor,” het Theunissen gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Suzette ·

En hierdie is een van die mense wat aangestel is om te help met publieke “veiligheid”.

Trotse Boervrou ·

Dalk moet ons oud-Weermaglede vir die Regering gaan inlig hoe hul opleiding gedoen het om ‘n Wêreldklas Weermag daar te stel. Die laaste sin van die inligtingsessie wil ek egter sê. Kyk ANC Regering, en kyk baie goed wat julle weggesmyt het want daardie voorreg sal jul nooit, ooit beleef nie. Bedank FW indien jul bedankings wil doen na die tyd.

Julle kan die huidige weermagkampe met tralies toebou en dit omskep in tronke. Wil voorkom of daar deesdae meer kriminele daar binne is as buite. Sodoende is die probleem ook sommer opgelos met oorvol tronke. Volgens my gaan dit in die Weermag soos in tronke met ‘n spul wat leeglê en my belastinggeld opvreet en vir wie gesorg moet word. Die enigste verskil is dat hul wapens verniet kry en dit na hartelus gebruik. Ek wonder tot hoe laat slaap hul in die oggend?

My simpatie aan die paar lojale Weermaglede wat moet vasbyt vir hul salaris.

LANA is ELANè ·

Vuurwapens word mos uitgedeel soos “sweeties” as jy in enige Suid Afrikaanse regerings uniform inpas. Terwyl die publiek heeltemal ontwapen word wat al die wapenvaardigheids toetse ens deurgemaak het.
Maak nie lekker sin dat vuurwapens saam met uniforms uitgereik word sonder die nodige vaardigheid asook sielkundige evaluasie of so persoon se verantwoordelikheidsin ‘n vuurwapen regverdig.

johanf ·

Ek het vir my buurman, ń aktiewe SAPD lid, en ń goeie een, ń vuurwapen gegee, hy moet eers al die bevoegdheid toetse slaag, al hoewel hy pal n vuurwapen dra, op diens……

Genis ·

Bly maar n verleentheid… meer skelms in die SAPD, SANW, en die Metro Polisie… as in die tronke…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.