Weermaglid skiet man tydens oproer dood

(Argieffoto)

ʼn Man wat glo deel was van ʼn boendoehof in Acornhoek in Mpumalanga is deur ʼn weermaglid doodgeskiet nadat hy tydens ʼn oproer in die omgewing met ʼn vuurwapen uit ʼn voertuig gespring het.

Kapt. Jaco Theunissen, weermagwoordvoerder, het gesê lede van die weermag het Saterdag polisielede na die gebied vergesel waar ʼn groep mense ʼn man in ʼn boendoehof gepak het.

“In die poging om die inwoners uitmekaar te jaag en die situasie in bedwang te bring, is die polisie- en weermaglede deur lede van die gemeenskap aangeval. Een van die weermaglede is met ʼn skroewedraaier gesteek,” het Theunissen gesê.

“ʼn Lid van die gemeenskap wat tydens die voorval met ʼn vuurwapen uit ʼn voertuig geklim het, is doodgeskiet.”

Theunissen het gesê die polisie ondersoek die voorval.

Intussen is vier weermaglede in die Vrystaat in ʼn afsonderlike voorval vir sameswering om ʼn misdaad te pleeg in hegtenis geneem.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het gesê veiligheidswagte by die Kudu-mynskag buite Welkom het Maandag die polisie ontbied nadat vier mans die perseel sonder toestemming binnegekom het.

Hulle het weermaguniforms aangehad en was in twee wit voertuie. Die polisie het die mans oor hulle teenwoordigheid by die myn uitgevra. Hulle het aangevoer ʼn sekere polisiebeampte in Welkom het hulle na die myn ontplooi.

“Hulle voertuie is deursoek en ʼn verskeidenheid weermagkledingstukke en nommerplate is gevind. Albei voertuie het weermagregistrasienommers gehad, maar daar is later gevind dit vorm nie deel van die militêre vloot nie,” het Makhele gesê.

Die vier weermaglede is in hegtenis geneem nadat die polisie ook bevestig het hulle is nie na die myn gestuur nie.

Hulle verskyn binnekort in die hof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
marius

Dis al taal wat die mense verstaan.

Kokerboom

Die ANC pluk nou die vrugte van hul destruktiewe regeerstyl die afgelope 26 jaar. Die mak welpie het nou ‘n leeu geword.

JohanR

The South African Defence force will hold an internal investigation to investigate these allegation – Nosiviwe Noluthando Mapisa-Nqakula Minsister of Defence. A 9 minute and 15 second investigation was held at Defence Force Headquarters in Pretoria, and Defence Force Members have been cleared of all charges – Viva ANC, Viva!

ES

Wie polisieer die polisie en weermag? Want dit lyk vir my die manne kan maak net wat hulle wil?

koos10

Die weermag is nie opgelei vir onluste nie, die polisie nie vir grens dienste nie, en nou verwag CR dat albei groepe mekaar se werk moet doen, en is dan verbaas as dinge skeef loop. Dis ‘n tipiese ANC benadering, en kom verkiesing, word hulle weer ingestem deur die selfde mense wie se geliefde in hulle hande gesterf het.