Weermaglid skiet vriendin in munisipale kantoor

Argieffoto. (Foto: SAPD)

ʼn 31-jarige man het hom Woensdag aan die polisie in Mpumalanga oorgegee nadat hy sy vriendin in die kantoor van die Nkomazi-munisipaliteit in Malelane doodgeskiet het. Die man is na bewering ʼn lid van die Suid-Afrikaanse Weermag (SANW), gebaseer in Middelburg.

Die insident het Dinsdag omtrent 15:45 plaasgevind toe die 29-jarige slagoffer besig was om op te pak om huis toe te gaan. Volgens die polisie het haar kêrel by die munisipale kantoor ingebars en ʼn argument het tussen die twee ontstaan. “Dit is na aanleiding van dié argument wat die verdagte toe sy vuurwapen uitgepluk en die slagoffer geskiet het,” het kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, gesê.

Paramedici is ontbied en die vrou, wat later as Wandile Lucia Khoza geïdentifiseer is, is op die toneel dood verklaar.

Die verdagte het van die toneel gevlug, maar hom die volgende aand by die polisiestasie in Malalane oorgegee. Hy het ook sy private vuurwapen, waarmee die moord blykbaar gepleeg is, aan die polisie oorhandig.

Die man word van moord aangekla en sal Vrydag in die landdroshof in Malelane verskyn.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Harley Davidson ·

Ek kan nooit verstaan die mense wat beplan om mense dood te maak soos in hierdie geval ,hoekom altyd eers weghardloop en jouself later oorgee is dit net ‘n reaksie of is dit ‘n genetiese ding.?

Phillip ·

Mag wees dat hy onderinvloed van iets was en dit eers afslaap

Di ·

So onnodig! Danksy die useless regering wat al jare praat oor PLANNE om geweld teen vroue en kinders hok te slaan, maar tot hede toe, NIKS gedoen nie. Hierdie vrou se dood word weereens voor julle deur gele!

Lindi ·

Diline, wat wil jy he moet die regering doen? Die regering is nie verantwoordelik vir stryery tussen mense en kwaad word nie.

Rooikopheks ·

Maklik om ń wapen lisensie te bekom, het die rye en rye mense gesien toe ek myne moes hernu.

Shakespeare ·

Wat is ‘n “vuurpen”, Louis. Is dit dieselfde as ‘n “firepool” ? :) :)

Aanhouer ·

Dis deesdae ‘normale’ gedrag. Geen respek vir die Wet nie, want daar is niks om te vrees nie. Geen doodstraf en net minimale gevangenisstraf.
En dit terwyl ons in een van die mees gevaarlikste lande woon. Rampokkery, moord en verkragting het alledaagse tydverdrywe geword. Wat ň geweldadige land.

Phillip ·

Local Municipality van Madibeng het n wapen verklikker hier voor jy eers na die kantoore toe gaan … hoedman is ook hier by ons van oggend gewees

Boer ·

In my dae in die weermag het jy nie sommer met n wapen rond geloop nie behalwe as daar oorlog sou wees.

pompies ·

Lees mooi, hy het sy privaat wapen gebruik nie die staat se wapen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.