Weermaglid sterf by padblokkade

Die ongelukstoneel (Foto: Twitter)

’n Lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het Dinsdag gedurende ’n padblokkade naby Johannesburg omgekom toe ʼn vragmotor hom raakgery het.

Die bestuurder van die vragmotor het glo beheer oor die voertuig verloor waarna dit die weermaglid getref en bo-op hom beland het.

Die departement van verdediging het in ’n verklaring gesê die voorval het op die N12-hoofweg naby die Glen-winkelsentrum plaasgevind.

Hoës in die SANW het hul medelye met die weermaglid se familie, vriende en kollegas betuig.

Dit is die tweede sterfte in die SANW die afgelope week.

Maroela Media het vroeër berig ’n lid van die SANW is dood toe hy, twee kollegas en ’n lid van die Suid-Afrikaanse Polisie (SAPD) Saterdag in ’n motorongeluk in Mpumalanga betrokke was.

Die lede het ’n verdagte motor, vermoedelik vol vuurwapens, in ’n polisievoertuig agternagesit toe die motorongeluk Saterdag tussen Sibambhayane en Thulamahashe naby Bosbokrand plaasgevind het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Phillip ·

Hoekom word daar ‘n padblokkade gehou, om ‘n skerp draai, op ‘n afdraande? Gin wonder die vragmotor kon nie stop nie.

Scalla ·

Volgens die foto moet die een in beheer verantwoordelik gehou word vir die ongeluk, die ligging is verseker nie geskik nie, klomp faktore is nie in ag geneem nie.

PieterP ·

Common sense is nie iets waarmee sommige mense mee gebore word nie. Jy kan mos nie so kort om ‘n draai jou blokade hê nie. Die strafbarr manslag saak behoort tren die offisier in bevel gemaak te word oor sy brsliit om die blokade daar op te rig. Dat ‘n trok baie meer spasie nodig het om te stop as ‘n gewone motor sink blykbaar moeilik in.

Chris ·

Een van die redes hoekom padblokkades om draaie of net oor blinde hoogtes gehou word is dat dit ‘n verassings element moet hê. Jy kan dan nie skielik stop, omdraai of die pad verlaat nie. Indien jy te vinnig ry gaan jy moeilikheid hê om te stop.

johanf ·

Op daardie pad kan jy nie omdraai en die anděr verkeer volg nie, in ons ouer dae was dit so in ons ingedring waar jy nie mag mag stilhou, parkeer nie, die dae toe ons nog mondelinge eksamens moes aflê……. Die was nou onnodig.
My simpatie met die familie, naasbestaandes, vriende en kennisse…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.