Weermaglid vas ná kaping in weermagbasis

Argieffoto

Vinnige reaksie deur die polisie het daartoe gelei dat ʼn voertuig Maandagaand twee uur nadat dit in die Tempe-weermagbasis in Bloemfontein gekaap is, teruggevind is.

Konst. Wendy Nkabi, polisiewoordvoerder, het gesê die slagoffer, ʼn 24-jarige vrou, het omstreeks 20:30 in haar silwer VW Polo na die gimnasium in die basis gery toe sy opgemerk het ʼn wit Toyota Etios agtervolg haar.

“Sy het tot by die gimnasium gery waar twee onbekende mans haar oorval en ʼn vuurwapen op haar gerig het. Sy is gedwing om uit haar voertuig te klim waarna die verdagtes met albei voertuie weggejaag het.”

Die slagoffer het die polisie in kennis gestel en die polisie het inligting oor die gekaapte voertuig onder lede versprei om daarvoor op die uitkyk te wees.

“Albei voertuie is later in die middestad deur beamptes van die Parkweg-polisie opgemerk en van die pad af getrek. Twee verdagtes, onderskeidelik 23 en 40 jaar oud, is in hegtenis geneem.”

Nkabi het gesê een van die verdagtes is ʼn weermaglid en word ook moontlik verbind met sake van huisroof in Bayswater.

Die verdagtes moet Woensdag in die stad se landdroshof verskyn op aanklag van motorkaping.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

marous ·

Die mense wat veronderstel is om die inwoners van die land te beskerm vang sulke goed aan ? Wat ‘n siek spul

Lee ·

Word daar nie meer “background checks” op hulle gedoen nie. Die hele staatsdiens is vol kriminele. Defnitief nie soos vroeer jare wat jy trots was om daai uniform te dra nie. Nou word hy gedra om makliker misdaad te pleeg

Cherokee ·

Op aanklag van motorkaping – ek dink daar bestaan ook ‘n wet oor die rig van ‘n vuurwapen.

Francois ·

Waar in die wereld sal so iets gebeur ???
Ek kan my oe nie glo nie !
Wats volgende ?

Michael ·

as ek die berig so lees wonder ek waar al die aanvals machine gewere vandaan kom wat so in die transito rooftogte gebruik word.

Karel ·

Ai, ek onthou terug in 1971 wat ‘n trotse basis Tempe was. Niemand sou ooit daaraan dink on ‘n ander persoon se motor te kaap nie. ??

smurfie ·

Hijacking, binne n weermagbasis??
Wat nog? As jy nie eens in n weermagbasis meer veilig is nie, waar is jy veilig?!

sybrand ·

IS daar enige staats amptenaar in die land oor wat nie n krimineel is nie ? Wel done ANC julle lui julle mense goed op

Roelf Berg ·

Goeie nuus dekking – MAAR is die slag offer wit of swart en is die rowers swart of wit . Lesers wil dit weet.

Net so as iemand weg raak en word hesoek dan word beskrywin g van klere dragg gegee maar geen aanduiding of dit wit swart of bruin of enige anders kleurige persoon is wat gesoek word – sal mos makliker wees as kleur die identiteit gemeld word!! HELP

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.