Weermaglid vas oor werkslenter

Argieffoto

ʼn Weermaglid is in hegtenis geneem vir sy beweerde betrokkenheid by ʼn werkslenter.

Brig.genl. Mafi Mgobozi, woordvoerder van die weermag, het gesê die adjudant-offisier is Vrydag in Pretoria in hegtenis geneem na ʼn ondersoek deur die militêre polisie en verdedigingsintelligensie-afdelings van die weermag.

Volgens Mgobozi is die lid in hegtenis geneem nadat inligting van beweerde slagoffers van die slenter ontvang is.

Die verdagte sal Dinsdag in die militêre hof op aanklag van korrupsie verskyn. “Die weermag wil benadruk dat geen korrupte aktiwiteite deur enige lid, ongeag hul rang, geduld sal word nie.”

Mgobozi het nie enige verdere besonderhede bekend gemaak oor die beweerde werkslenter en wat dit behels nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Se maar net ·

Die hele weermag vanaf die integrasie proses is n werkslenter

Johnnie ·

Waarom hom aankla die hele weermag is korrup van bo tot onder, hy is maar net ongelukkig dat hy uitgevang is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.