Weermaglid vas vir OTM-bomaanvalle

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans wat glo lede is van ʼn bende wat kitsbanke opblaas, is Woensdagaand in Atteridgeville, wes van Pretoria, in hegtenis geneem.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, het gesê die paar was in besit van drie vuurwapens, 100 patrone ammunisie en vyf pistole. Daar is ook op R62 000 kontant, ʼn tweerigtingradio, balaklawas en handskoene beslag gelê.

“Vier ander bendelede is steeds op vrye voet. Hulle word met verskeie kitsbank-bomaanvalle in Limpopo en Gauteng verbind,” het Dlamini gesê. Volgens Dlamini is een van die mans wat in hegtenis geneem is glo ʼn lid van die weermag.

Nog 23 ander verdagtes is verlede naweek in hegtenis geneem nadat daar op 18 vuurwapens beslag gelê is, het Dlamini gesê.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

scalla ·

Lid van die weermag, dit is hoekom dit so gaan in die land, n derde rangse wereld word gemeet aan 3 goed, vervoer, gesondheidsdienste en opleiding en alles gaan hier tot niet.

Hennie ·

. . . en so bied die weermag en die polisie geleentheid vir georganiseerde misdaad om uit te brei!

NEL ·

Hennie stem saam met jou, Jy moet net onthou dat ons die beste polisie en weermag in die wereld het. Hulle is op die misdaad toneel voordat die misdaad gepleeg word. HAHAHA

Om dit kort op te som, die huidige regering is besig om dit totaal te verloor en ons gaan die onderspit delf op die end van die dag

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.