Weermaglid vas vir Phalaborwa-onrus

Paaie is dae lank in Phalaborwa versper. (Foto: SAPD)

’n 53-jarige lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is een van sewe verdagtes wat in hegtenis geneem is met die onlangse gewelddadige betogings in Phalaborwa, Limpopo.

Die verdagtes sal na verwagting Donderdag in die landdroshof op dié dorp verskyn op aanklag van openbare geweld. Nog inhegtenisnemings word intussen verwag.

Dít volg nadat paaie na die dorp dae lank met boomtakke, brandende buitebande en klippe versper is en winkels gedwing is om te sluit.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, sê die verdagtes, almal tussen 23 en 53 jaar oud, is tydens klopjagte wat op geïdentifiseerde plekke uitgevoer is in hegtenis geneem.

Nog twee verdagtes is reeds Maandag in hegtenis geneem in verband met die betogings. Peter Malatji (50) en Mavis Malatji (35) het Woensdag in die hof verskyn. Malatji het egter ineengestort kort nadat die landdros beslis het dat hulle in aanhouding moet bly en sy is onder polisiebewaking in ’n hospitaal opgeneem.

Albei sal na verwagting weer Dinsdag in die hof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig oënskynlike kalmte heers weer vanaf Woensdag in Phalaborwa, nadat betogers van die Ba-Phalaborwa-gemeenskapsforum en die mynmaatskappye Palabora Copper en Foskor Mining Dinsdag eindelik tot ’n vergelyk kon kom.

Die gemeenskapsforum is ongelukkig nadat ’n tender aan ’n Gautengse maatskappy toegeken is.

Winkeleienaars is egter te midde van die dispuut gedreig en gedwing om hul deure vir dae te sluit.  Taxi-operateurs is ook gedreig en talle mense het Maandag te voet uit die dorp na hul huise gestap.

Terwyl die R40 en R71 versper was, kon afleweringsvoertuie boonop nie die dorp binnegaan nie en dié voertuie is genoop om terug te draai. Leerders van die landelike gebiede kon nie skoolgaan nie en toeriste kon ook nie die Krugerwildtuin se Phalaborwa-hek bereik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Boer ·

Die weermag is deel van die span wat ons grense en burgers moet beskerm. Die persoon moet onmiddellik oneerlik ontslaan word sonder pensioen en dan toegesluit word.

Casper ·

Boer,verduidelik vir my hoe moet die weermaglede “oneerlik” ontslaan word.

Deon ·

Dit blyk dat weermag lede volgens die berig deel van die leierspan van hierdie betogers was…. Hy is veronderstel om vrede te help handhaaf….. Ek stem saam met Boer, maak n voorbeeld van die weermaglid sodat hulle kan besef wat hulle pligte is.

Ou Baardbek ·

Geagte Casper, Boer het bedoel om te sê: “ONEERVOL” te ontslaan. Dit is die korrekte term vir die prosedure wat gevolg word in die weermag. (Verskoning, dit WAS die prosedure wat gebruik WAS in die OU Weermag!)

Boer ·

Sory jy is reg “Oneervol” is die regte term. Casper om mooi te veduidelik as dit so gebeur staan jy met volle univorm op die perade groed voor almal dan word die klagte voor jou uit gelees, dan sal die offesier in bevel jou range, naam en kentekens van jou univorm af ruk en op die grond gooi. Daarna is jy niks en jy word dan van die perseel vewyder. Dit hang af van die klagte teen jou as jy by die hek uit stap wag die polisie vir jou.

Debbie ·

As ek nie dit mis het nie moet ons kan staatmaak op ons weermag om ons en ons land te beskerm en nie dit af te breek nie

Stefan ·

So die probleem is dat ‘n tender aan ‘n Gautengse maatskappy toegeken is, en daarom vernietig jy die hele dorp.
Maak iets nog sin of ontaard enige meningsverskil in ‘n protes van oproerige bendes wat als vernietig ?

Deon ·

Daar is vir my “sin” in hulle ontevredenheid…. Dink bietjie as iemand in jou dorp of area kom werk vanaf n ander provinsie, en jy as inwoner van daardie area word nie n kans gegun op werk nie… Dit is doodeenvoudig nie regverdig nie…. Ek verstaan “skills” is dalk nie beskikbaar vir sekere werke nie maar ek is seker daar is mense in daardie area wat in ander vakrigtings aangewend kan word….is jy tevrede met die sjinese wat so alle werk uit ons hande kom vat en dan die geld landuit stuur en intussen langs daardie werksplek waar die sjinees en sy gesin geld maak, staan n werklose persoon en geld bedel om sy gesin aan die gang te hou. Hierdie geval blyk dieselfde tipe ding te wees. Daar moet altyd eers ge “tantrum” word voor aandag en lee beloftes gegee word

Pieter ·

En daar is geleer en is bewys dat praat en smeek nie werk nie. Niemand hoor ‘n enkel siel want kla nie. Dus is dit die standaard vir sommiges om sommer direk te begin breek en brand (‘n helse duur / krim tantrum te gooi) en dan luister die hele wereld na jou mos vir daardie oomblik…

Daar is min dinge in die wereld wat soiets sal kan stop want sodra jy ‘n gepaste proses vir praat en luister in plek stel, dan sal jy miljoenne versoekke ontvang. Maar daar sal seker probleme wees wat mens kan oplos. Maar daarna sal daar maar net weer terug na die tantrum beweeg word…

Oooo en dit is nou te se as jy met die mense kan praat en redeneer… Onthou, dis twee kante…

Stefan ·

Wie het nou weer gesè, hulle gaan die land onregeerbaar maak?
Lyk my dit was nie ‘n net ‘n dreigement nie.

Kokerboom ·

Met die beplande chaos in die land kan mens jouself die vraag afvra: Het die weermag en Polisie met huidige strukture nog enige funksie, nut of doel?

Vonkprop ·

Soos Hendrik van Orkney Snork Nie sou gesê het……Nê!

JohanR ·

Polisie by transito rowe betrokke, weermaglede by onrus betrokke. Wie beskerm die land en sy mense?

Nie Verbaas ·

Is dit nou n lid van dieselfde weermag wat ons moet beskerm en verdedig? Met integriteit?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.