Weermaglid vir rower aangesien, vermoor

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die polisie in Hartbeespoortdam in Noordwes ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn lid van die weermag vermoor is toe hy glo vir ʼn rower aangesien is.

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het gesê die 30-jarige man is Saterdagaand deur gemeenskapslede van die Ten Rooms- informele nedersetting buite Hartbeespoortdam vermoor.

“Daar word beweer dat die gemeenskapslede hom vir ʼn rower aangesien het. Hulle het hom agternagesit en met klippe doodgegooi.”

Volgens Moleko is dit eers later vasgestel dat die man ʼn lid van die weermag was. “Die oorledene het ernstige kop- en bolyfbeserings opgedoen.” Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Blondie ·

Die gemeenskap gaan wegkom daarmee ‘ want wie word nou verantwoordelik gehou’ maar as ek die ‘ inbreker, moordenaar, rower, in my huis betrap, en hom’ dood’ maak, word ek van mood aangekla, ne.

Kellies ·

So as hy n weermag lid is dan kan hy outomaties seker nie n rower wees nie???????????

Loon ·

Hulle het hom nie geken nie, wat het hy daar gedoen?
N uniform maak jou nie onskuldig nie, daardie mense het rede gehad vir iets.

Trots Afrikaans ·

Of meskien het hulle geweet hy is ‘n weermaglid en het hulle al vantevore problem met lede van die weermag gehad …….

Nico K ·

Toe die boere in die Vrystaan ‘n verdagte vermoor het, het die EFF by die verhoor betoog. Gaan hulle nou in hierdie geval ook by die verhoor betoog. Of mag swartes ander swartes doodmaak? Solank ‘n blanke net nie swartes doodmaak nie.

Arizona ·

Sjoe Nico “Toe die boere in die Vrystaat n verdagte vermoor het”. Het ek iets gemis want die laaste wat ek kan onthou was daar geen getuienis teen die booere nie, nog minder enige bewyse wat verbind kan word dat die boere hom vermoor het. Nietemin stem ek saam met jou stelling oor die EFF.

François ·

Nico K, jy mis die punt! Watter boere het moord gepleeg? Met die Parys saak is daar geen getuies nie. Dit was ook nie moord volgens my nie. Die sogenaamde polisie het dan ambulanse ontbied om die beseerdes hospitaal toe af te voer. Daar is nie polisie lykswaens versoek nie! Moord?Dit klink dan liewer soos manslag.

Pieter ·

Die feit dat hy ‘n weermaglid was sê glad nie dat nie ook ‘n rower of moordenaar kon wees nie. Kyk bv na ons staatshoof. Hy het nog nie sy ‘dag in die hof’ gekry oor sy beweerde korrupsie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.