Weermaglid wat vrou glo doelbewus met MIV besmet dán verhoor

(Argieffoto)

ʼn Oudweermagoffisier wat op aanklag van poging tot moord tereg staan nadat hy na bewering ’n ander weermaglid doelbewus en sonder haar wete met MIV besmet het, se verhoor sal volgende jaar op 27 Januarie begin.

Adv. Phyllis Vorster, aanklaer by die burgerregteorganisasie AfriForum se private vervolgingseenheid, het gesê die beskuldigde het Woensdag weer in die Pretoriase landdroshof verskyn ten einde ’n afskrif van die dossier in die saak teen hom te bekom.

Sy regsverteenwoordiger het aan die hof gesê hy is vir die res van die jaar nie beskikbaar nie en het tyd nodig om die dossier te bestudeer.

AfriForum ondersteun die klaer in die hof nadat die organisasie se private vervolgingseenheid in 2018 by die saak betrokke geraak het.

Volgens Vorster het die eenheid ná oorlegpleging met die aanklaer verneem dat die weermag versuim het om die nodige inligting oor die saak aan die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) te verskaf. Ná volgehoue druk deur die eenheid is die dossier nou volledig en kon die NVG die man aankla.

“Hierdie saak sloer nou al langer as drie jaar en AfriForum verwelkom die vasstelling van ’n verhoordatum. Ons sal voortgaan om die saak te moniteer en die klaagster by te staan om toe te sien dat geregtigheid geskied.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anoniem ·

Hy is nie ‘n oud Weermag Offisier nie, maar wel ‘n Staf-Sersant wat ‘n Onder-Offisier is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.