Weermaglid wel aangekla ná vrou geskiet is

Carine van Staden en Johan Harmse. Foto: Via Facebook

Die weermaglid wat Carine van Staden (28), ʼn inwoner van Pretoria, glo ten aanskoue van haar verloofde en motoriste in haar bors geskiet het, word wel aangekla.

Ao. Johan van Dyk, woordvoerder van die Sinoville-polisiestasie, het Donderdag aan Maroela Media bevestig dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) wel besluit het om die korporaal van poging tot moord aan te kla.

Volgens Van Dyk is die korporaal nie in hegtenis geneem nie, maar het hy ’n kennisgewing ontvang om op 5 Oktober in die Pretoria-Noord-landdroshof te verskyn.

Maroela Media het vroeër berig Van Staden en haar verloofde, Johan Harmse (29), was op 10 Augustus omstreeks 18:00 van Daspoort op Harmse se BMW-motorfiets op pad na vriende in Montana toe ʼn amptelike weermagvoertuig hulle naby Wonderboom Junction skrams getref het.

“Die voertuig, ʼn wit Audi, het weermagnommerplate gehad en ons het vasgestel die jong man wat dit bestuur het, is glo ʼn drywer vir een van die generaals,” het Van Staden se pa vroeër gesê. “Die man het die motorfiets se voetrus getref waarop Carine se voete was en hy het toe net weggejaag,” het hy gesê.

Harmse het ʼn Go Pro-kamera aan sy valhelm gehad, dit aangeskakel en die voertuig agterna gesit.

“Die verkeerslig by die hoek van Lavenderweg en Braam Pretoriusstraat was rooi en die man moes stilhou. Carine het afgeklim en hom genader om te hoor hoekom hy weggery het. Sy het nog haar valhelm aangehad, maar dit was oop en haar gesig was sigbaar. Hy het bloot sy deur oopgemaak, ’n pistool reguit in haar bors gedruk en haar ten aanskoue van haar verloofde en ander motoriste geskiet.”

Die man het daarna glo ook sy vuurwapen op Harmse, wat nog op sy motorfiets was, gerig voordat die verkeerslig groen geword en hy weggery het.

Nadat Carine in die hospitaal opgeneem is, is Harmse en haar pa na die Sinoville-polisiestasie om die voorval aan te meld. Dit was sowat ʼn uur en ʼn half ná die voorval. Die weermaglid was toe reeds daar en het, aldus Van Staden, aangevoer hy het gedink Carine en haar verloofde wou sy voertuig kaap. Hy het egter nooit amptelik ʼn klag aanhangig gemaak nie.

Aanvanklik is ʼn klag van die afvuur van ʼn vuurwapen in ʼn openbare gebied asook roekelose en nalatige bestuur teen die weermaglid aanhangig gemaak voordat hy op waarskuwing vrygelaat is. Die saak is intussen na poging tot moord verander. Harmse se video is na die polisie se spesialis- tegnologiese eenheid gestuur om die beeldmateriaal af te laai en as amptelike bewys te dien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Johan ·

Hoekom nou eers? As die voorval omgekeerd was sou blanke onmiddellik inhegtenis geneem word, toegesluit en media vol gewees het!!

Jurie Duveen ·

Net in SA kan dit gebeur dat n persoon net nie onmiddellik tronk toe gaan nie . Wonder wat sou gebeur het as hulle hom geskiet het ? Vra maar net

tamboti ·

Want die man werk mos vir die “goverment” en vervoer “BBP’s” – dalk nog ‘n baie jong “war veteran” en die uitvoerder van “regstellende aksie”
Kroonwild van NSA, ou SA en die Britse Empire.

Ouma ·

Dié dat ek maar eerder aangery nou die dag toe ‘n verkeersmotor my ‘n ligte stampie vanuit die geel lyn langs my gegee het. Ek het besluit die dieperige krap is nie my lewe werd nie.

Francois le Cockon ·

@ Ouma – Wyse optrede. Moenie konfronteer nie, glad nie. Gaan eerder na Polisie en maak ‘n saak.

Dina ·

Hoekom is hy nie onmiddellik in hegtenis geneem nie? Hy is duidelik ‘n ERNSTIGE gevaar vir die gemeenskap.

Haan ·

Ek hoop dis n retoriese vraag… Want ons almal ken die antwoord

Toppie ·

Sy kleur is reg en ken manne in hoe poste
Gaan ook net ‘n opgeskorte vonnis kry vir die misdaad want hy het gevrees vir sy lewe want witmense het hom aangeval.

Fires ·

Kan ons die video op die 7 uur nuus (eNuus) kry soos die video van die doodskis saak? Glo nie dit sal gebeur nie. As dit andersom was, was dit nou al 2 weke lank op die hoof nuus op TV. Freek maak n plan of word jy maar ook net voorgeskryf wat om op eNuus te wys?

Preofvlug ·

Kan ons ‘n petisie teken om druk op Sinovile polisiestasie te sit vir arrestasie. Het iemand Gerrie Nel se nr? dalk kan hy help….

saartjie ·

maar kyk, die KFC manne word nogsteeds aangehou en borgtog geweier…en niemand was geskiet nie??

cor ·

Bla bla is al wat gebeur en daar is n kennis gewing aan hom uitgereik en dit is die laaste sien van die blikkantien . Kom 5 Oktober word die saak weer uitgestel want hy sal op een of ander staatsdiens missie wees en dan sal daar geen haan weer verder daarna kraai nie.

Montana inwoner ·

Great, die KFC geval en die een, gebeur dae uit mekaar, paar km van mekaar af. Dieselfde polisie stasie, dieselfde hof. En kyk hoe verskillend word die twee sake hanteer. Krap my om, om te dink my kinders is nie eens meer veilig in ons strate nie.

Wynand ·

Dit is hoekom ek nie meer lid is van die GPF nie, Ook die rede hoekom ek nie meer boer nie. waar het jy gesien n’ hond byt die hand wat hom voer. Julle moet maar voer.

bloedhond ·

En dan noem hulle hulself polisie en regsbank – wow

Duidelik geld die een vir Odal Rune

DS ·

Se vir ou Gerrie dat Grace Mugabe was saam die man in die kar miskien spring hy dan om te help. Asseblief !!! Afriforum kies wie en wanneer hulle wil betrokke raak geen “shine” vir hulle in die onbenullige insident nie.

karen ·

Goeie Genade ! nou eers ? intussen verdien hy wonderlike salaris en geniet die lewe ten volle. Hoe nou een neem lewe en hy is steeds vry ander gee werk aan honger mense en hy word toegesluit ? Belaglik verby !

anton ·

Ek wonder of Carine se verloofde eers n ”copy” van die voorval gemaak het vir hulle self voordat hy die kamera aan die polisie oorhandig het?
As hy nie het nie, was dit uiters dom want daai kamera/ video kan/ gaan verdwyn soos ek die polisie ken.
Dan gaan die saak n stille dood slaag.
Mense moet ALTYD eers n afskrif vir hulle self maak van enige bewyse voordat hulle dit aan die staat oorhandig en niemand kan jou keer om dit te doen nie!!!

madels ·

Wat my kwaad maak is dat die man haar koelbloedig geskiet het!! Dit was nie om haar te beseer nie! Hy het geskiet om DOOD te skiet! Ek dank die Here sy leef! En ek is baie bly dat haar kerel dit alles op film het want hy kan nie lieg nie! Sy het nie n vuurwapen op hom gerig nie, so dit kan nie uit selfverdediging wees wat hy haar geskiet het nie!!

bgj van der westhuizen ·

gee die sapd in kopie maar sit dit ook op die internet dat almal in die wereld dit kan sien wat gaan in die land aan en of hy tronk te sal gaan wil ek eers sien wand dit was poging tot moord en jy word dadelik toe gesluit maar om dat hy swart is kom hy niks oor nie maar was hy wit sal hy toe gesluit gewees het en ook nie borg gekry het nie ons regs stelsel val uit mekaar ons kan net sien wie is die regters my vraag is is hulle bevoeg om die werk te doen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.