Weermagunie vra ook Zuma moet bedank

Argieffoto

Argieffoto

Die SA Nasionale Weermagunie (Sanwu) het Sondag gesê hy ondersteun oproepe dat pres. Jacob Zuma moet bedank na aanleiding van die konstitusionele hof se uitspraak dat hy die Grondwet verontagsaam het in sy optrede oor die Nkandla-sage.

“Volgens Sanwu se mening is dit veragtelik dat die president, as bevelvoerder van die nasionale weermag, juis daardie Grondwet wat die weermag versoek word om te handhaaf, verontagsaam,” het die unie in ʼn verklaring gesê. “Dit is net so aanstootlik dat die parlement, wat moet toesien dat die weermag die Grondwet handhaaf, die president gehelp en daartoe bygedra het dat die onwettige daad gepleeg word. Dit dui op die algehele uitverkoop van die waardes van ʼn grondwetlike demokrasie.”

“Gegewe die hofuitspraak kan die president nie langer as bevoeg geag word om die bevelvoerder van die nasionale weermag te wees nie. Die parlementêre lede wat hom hardnekkig beskerm het in sy twyfelagtige optrede teenoor die Openbare Beskermer (OB) se bevindinge, kan ook nie meer bevoeg geag word om as lede van die parlement te dien nie.”

Sanwu het verder in sy verklaring ʼn beroep gedoen dat Zuma van sy amp onthef word en dat die betrokke LP’s bedank. “Sanwu moedig alle lede van die samelewing, asook soldate, aan om in hul privaat hoedanigheid en tyd deel te neem aan enige wettige massaveldtogte wat eis dat Zuma sy amp moet neerlê,” het die unie gesê.

Genl. Solly Shoke, die hoof van die nasionale weermag, het Sondag op Sanwu se verklaring gereageer en gesê die uitsprake in die verklaring is “kommerwekkend”. Volgens Shoke is Sanwu se verklaring gevaarlik en hits dit weermaglede aan, wat onwettig is. “Sanwu se verklaring word in ʼn baie ernstige lig beskou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Veritas ·

My liewe Generaal Shoke. Jy bewys net weereens dat die tentakels van die Zuma-seekat, wyd gesprei is. Wat skuld jy hom? ‘n Staatskontrak vir ‘n familielid, jou pos of iets erger? Die passie waarmee die president skielik verdedig word, laat mens wonder. Waar was dié passie in Mbeki se geval?

Dirk Kroonstad ·

Genl Shoke is reg. Trouwens voor die bestaan van Sanwu sou so ñ stelling, soos wat Sanwu nou uiter, lei totaanklagtes van Sedisie moontluk Hoogverraad. Maar ons leef in ander tye wat instansies soos Sanwu skep wat maak dat hul uitsprake oor Zuma moontlik maak en maak dat Zuma mure sterk tuimel

Marous ·

Nkandla is niks teen die ander vergrype van die regerende party nie … en die geld is klaar. Julle het mos gevra hiervoor ..of nie?

TDW ·

Klink vir my asof Malema nou ook vir Sanwu in sy sak het. Skrik wakker witmense. Ons hou dalk ook nie van Zuma nie, maar dis Malema wat hom vinnig wil laat padgee, want hy is van plan om die Presidensie oor te vat. Met geweld indien nodig, maar verkieslik deur die hele land onregeerbaar te maak. Wanneer daar gepraat word van optogte, weet sommer dat die EFF daar agter sit.

Daan ·

Hierdie is Afrika. Ons het altyd gevrees vir n Staatsgreep. Nou sien ek uit na een.

jaco ·

Vergeet van n staatsgreep: helfte vd weermag se tenks, vliegtuie ens werk nie en 1 derde van die soldate is HIV-posetief

Peter ·

Dis waar,ons weermag beteken niks. Ongelukkig sit die Zimbabwiese weermag en Chinese weermag gereed in buurlande om te help met die omverwerping. Dis ‘n baie kommerwekkende situasie waarvan baie min mense bewus is.

Gert ·

Ek wonder wat het van die ander 743 bedrog sake teen die man geword , of gaan dit ook onder die mat in gevee word

Wat-ek-lees ·

Hier kom ‘n ding . . . . hier kom ‘n ding . . . .

Liewe lulu ·

Ek stem saam met KP. Staatsgreep. Pas net op vir Zim. Dit mos zuma, ja met n klein letter se maatjies

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.