Weermagvakbond uit die veld geslaan oor ‘kolonel Molefe’

Brian Molefe Foto: ANA

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermagunie (Sanwu) het Maandag gesê hy is uit die veld geslaan  oor berigte dat Brian Molefe, die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, vir aktiewe diens in die weermag opgeroep is.

Mediaberigte oor die naweek beweer Molefe, ʼn erekolonel, kon daarin slaag om van ʼn sogenaamde “Gupta-luitenant” na ʼn hoogs betaalde weermagkolonel bevorder te word.

City Press het berig Molefe is opgeroep vir aktiewe diens uit die Reserwemag en dat hy sedert Augustus R57 000 ʼn maand verdien.

Adv. Pikkie Greeff, nasionale sekretaris van Sanwu, het in reaksie hierop gesê die nuus dat Molefe onbepaald opgeroep is, is “verstommend om die minste te sê”.

ʼn Erekolonel van die Reserwemag kom volgens wet nie in aanmerking om vir aktiewe diens opgeroep te word nie.

“ʼn Geldige oproep tot aktiewe diens vereis dat die posbekleër ʼn baie goeie militêre rang, wat verkry word deur militêre opleiding, en die nodige kwalifikasies moet hê. Dit vereis ook dat ʼn beampte ʼn offisiersrang beklee. Molefe voldoen aan geen van dié vereistes nie en sy oproep tot aktiewe diens is dus onwettig en kom neer op bedrog,” het Greeff gesê.

“Dit is verder verregaande dat sy salaris terugdateer na ʼn datum toe hy nie eens in aktiewe diens was nie. Dit is reeds ʼn afsonderlike vorm van bedrog.”

Greeff het gesê dit is duidelik dat sekere elemente in die weermag se bestuursvlak besluit het om met welwillendheid teenoor Molefe op te tree en dit is niks anders as ʼn “werk vir ʼn vriend”-skandaal nie.

Die vakbond het die hoof van die weermag uitgedaag om die wettigheid van Molefe se oproep tot diensbekleding te bewys. Die vakbond het aangedui dat hy vandeesweek ʼn klag van bedrog by die polisie aanhangig gaan maak en eis verder dat Molefe se oproep onmiddellik teruggetrek word.

Nóg Molefe nóg die weermag kon vir kommentaar bereik word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Ben ·

Molefe se onwettige soustrein ryery as ‘n ere-kolonel is maar net nog ‘n voorbeeld waar die regerende party se meesal onbevoegde trawante ‘n donkie as skouperd verhef…..al kos dit die belasting betaler duisende rande.

anna theron ·

Zuma skrik toe vir wat in Zim gebeur, en sit vir Molefi daar om sy groot jis te cover wanneer SA in opstand kom. Die korrupsie wat hierdie ou toegelaat word, skree ten hemele, en zuma gebruik hom, en plaas hom op n totaal onregmatige manier in n top pos, waarvoor hy nue kwalifiseer nie,terugwerkend van krag!!!!!! Kan jy glo! Hoeveel geld en tyd sal dit nou weer kos om hom te lig? Zuma en sy kaders se korrupsie ken geen einde nie! Ruk die weer mag reg. Die opleiding van onkonvensionele swart vegters gebeur in kampe oor die land en word ingespan vir plaasmoorde en die weermag rus. Slaap rustig voort. SA is in sy m….! Zuma beheer al die SOE’s, en die weermag is presies waar hy dit wil he om sy planne uit te voer, planne so korrup soos hy is!

Lag maar net ·

Wat n Joke.
Ek sukkel om weer n vaste werk te kry nadat ek 2jaar trug retrench is en hy spring van een werk na die volgende tewn n Groot salaris.
Die klomp is n Sirkus

Cor ·

Wat n trane trekker storie keer jou hier keer jou daar en siedaar ek melk n ander staats koei. Plaas hom innregte weermag situasie dan gaan jy sien hoe sing die man snot en trane. n Regte egte weermag is nie vir bly gemaakte troepe nie daar moet jy beweeg nie soos by die piesang republiek nie.

Alida ·

Die gekkespel is goeie nuus. Hulle maak die vakbondlede kwaad. Kyk wat doen die weermag in Zim. Hulle is kwaad. Zuma oppas wat jy doen deur hierdie patetiese tja kbalie in so n pos aan te stel.

Bruno Stef ·

Pik Botha was ook destyds gedurende die grensoorlog aangestel as n Ere kolonel terwyl hy n minister in die kabinet was.

jaco ·

voor almal te veel kla: hier is ietsie uit die ou SA: PW Botha se seun moes na skool militere diensplig gaan doen. Hy was vinnig ingeneem in n spesiale wageenheid van die Vloot; ‘n eenheid wat eintlik net uit staande mag lede bestaan het. So hierdie baantjies vir boeties is maar ietsie wat die ANC by “ons” geleer het. hulle pas dit net hopeloos verkeerd en onoordeelkundig toe. Meeste broederbonders wat lekker jobs in die ou SA gekry het, was darem min of meer bekwaam daarvoor, al is beter gekwalifiseerdes oor die hoof gekyk omdat hulle nie broeders was nie.

MANIE ·

Intussen is die weermag so pateties dat daar klaar gese is hulle het nie die vermoee om zimbabwe te gaan help. Hoe pateties wil jy wees

Realis ·

Snaaks dat almal so op die soustrein idee spring. Mense word wakker. Hierdie is die eerste stap om Suid Afrika te laat oorneem deur die weermag. Julle gaan nog so hanahana dan was dit lankal te laat. Ons prez slaap nie. Word wakker!!

Realis ·

Die weermag is nie eers in die land nie. Hulle pas zuma se myne op in die DRK

bne ·

Ai ma dit gaan leker in suid afrika wonder hul moet my ook op roep dan word ek somer generaal met vet selaris

Willie ·

Hu pleeg bedrog by Eskom, nou doen hy spesiaale oudits in die Weermag…Aitsa… Leer hulle om met belasiting geld te speel

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.