Weermagvoertuig gebruik vir ‘smokkel-sigarette’

(Foto: SAPD)

Twee weermaglede en ’n buitelander is in hegtenis geneem nadat hulle glo onwettige sigarette in ’n weermagvoertuig vervoer het.

Die drie verdagtes is Vrydag op die N1, noord van Musina, in Limpopo in hegtenis geneem nadat die polisie by Beitbrug inligting daaroor ontvang en ’n padblokkade gehou het.

Volgens brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, is die weermagvoertuig gewaar en van die pad af getrek.

“Twee soldate in uniform en ’n burgerlike wat ’n weermagbaadjie aangehad het, het uit die voertuig geklim en dit is deursoek. Daar is op onwettige sigarette ter waarde van R160 000 afgekom.”

Die twee weermaglede het polisiebeamptes glo gekonfronteer en hul teen inhegtenisneming verset. Die polisie het op die voertuig beslag gelê.

Volgens Mojapelo is die buitelander in hegtenis geneem en is die twee soldate later deur hul bevelvoerder na die Musina-polisiestasie geneem waar hulle in aanhouding is.

Die twee soldate, onderskeidelik 27 en 38 jaar oud, sal van die besit van onwettige sigarette, regsverydeling en verset teen inhegtenisneming aangekla word.

Die 30-jarige buitelander sal aangekla word omdat hy homself as ’n weermaglid voorgedoen het sowel as vir oortreding van die Immigrasiewet.

Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die Musina-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Persheks Adri ·

Ja my eerste gedagte ook JohanR dis seker haar goedkoop sigarette

Persheks Adri ·

Die klomp is net ‘n skande vir ons land! Wonder of is dit ou kopdoek en haar kinders se voorraad… Gaan seker R500 borg kry gggmmmfff patete

Nie Verbaas ·

Ja ne, dit is die respek wat Suid Afrika deesdae oorheers. Hulle is mos onaantasbaar.

JM ·

Niks verbaas ‘n mens meer nie. Net as jy dink dat jy alles gehoor het …

Stof ·

Is dit nie dalk maar net deel van die uitvoering die regering se beleid om entrepeneurskap te bevorder nie?

Johanna ·

Hulle word vir ALLES aangekla, maar glad nie omdat hulle die Weermag voertuig misbruik het nie. Onwederegtelike besit en gebruik.van n weermag voertuig om onwettige cigarette te smokkel. Die voertuig, petrol en salarisse van.weermag personeel word betaal met Belastingbetalers se geld.

Mauritz ·

Die enigste 2 bruikbare voertuie nou deur die polisie gekonfiskeer.

SomeOne ·

staat kan niks aan hulle doen, dis ‘n weermag aangeleentheid, tjomma, tjomma, en eks los, niks word aan my gedoen nie

Samuel ·

Die weermaglede kan seker nie met hulle salarisse deurkom nie.

Jack ·

Wonder nou of die voorraad so effens afgeskaal gaan word en dan in die smokkelhandel gaan beland. Wie gaan weet en wie gaan omgee. Dit is mos n handelnetwerk op sy eie.

Jaco ·

In die ou SA het president PW Botha gereeld, soos in vir ‘n paar jaar lank, weermagvervoer gebruik wanneer hy gaan jag het. Vreemd dat niemand toe gekla het nie.

Andre ·

Deesdae gebruik hulle sommer die vliegtuie. Vreemd dat jy nie nou kla nie.

Willem ·

Alla wêreld maar dis nou vir jou die beste plan wat ek nog gesien het!!!!!!!Dalk het hulle by saps geleer hoe dit gedoen moet word!Uitstekend anc weermag,hoop ek kan op jul nommertjie druk as ek misdaad oorweeg vir die nodige vervoer van onwettige goedere!!!Viva sandf!!!!

Willem ·

Waar doen ek aansoek vir indiensneming,ek hetie vervoer nie????

Danie ·

Is dit al aanklagte?
Wat van onwettige gebruik van staatseiendom?
Mensesmokkel?
Was hulle aan diens/awol?
En watter tyd was hulle op die pad?

Tanniepetoors ·

Dis wat jy kry as die aksynsbelasting vierkeer meer as die koste van die sigarette is. Ek sê nie die weermaglede is onskuldig nie, ek gee net een van die redes vir die smokkelhandel van sigarette in Suid-Afrika.

christo ·

Die verbod op die verkoop van sigarette gedurende die Covid-19 beperkings het SA duur te staan. Die agterdeur vir onwettige sigarethandel is hier om te bly. Dit en verlies aan belasting inkomste kan uit-en-uit voor die deur van Nkosazana Dlamini-Zuma gelê word. En sy was haar handjies in onskuld.

Aikie ·

Dis klein vissies daai! Hulle maak net soos hulle meesters. Die verskil is net dat hulle meesters dit in miljoene doen!

Nico ·

Dit is al wat oorbly van die eens magtige weermag, net gemors.

Genis ·

Die korrupte wolf is skaap wagter… Hul bly maar n verleentheid vir die land…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.