Weerman se meisie gee ja-woord by Comrades-eindstreep

Derek van Dam en Tara Hossack Foto: Derek van Dam, Twitter

Derek van Dam en Tara Hossack Foto: Derek van Dam, Twitter

Derek van Dam (31) die bekende TV-meteoroloog het Sondag by die Comrades-eindstreep sy meisie gevra om met hom te trou.

“Sy het ja gesê! En ons het al twee klaargemaak,” het Van Dam op sy Facebook-blad en Twitter-profiel geskryf. Sy meisie, Tara Hossack (29), ʼn vervaardiger van Runners World Radio, het op haar beurt dit beaam: “My gunstelingpersoon het my by die eindstreep gevra om te trou en ek het ja gesê!”

Die paartjie het Sondag die ongeveer 89 km van Pietermaritzburg na Durban voltooi. Hulle het glo saam geoefen om die wedloop te voltooi. Dit is hul albei se tweede Comrades-wedren.

Hossack is in George gebore, maar was ses jaar oud toe haar gesin na Kaapstad verhuis het.

Van Dam is oorspronklik van Grand Rapids in Michigan, Amerika en werk tans as weervoorspeller by eNCA.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.