Weerwaarskuwing vir Durban uitgereik

Foto: mmstadium.com

Foto: mmstadium.com

Die eThekwini-munisipaliteit het Dinsdag ʼn weerwaarskuwing vir Durban uitgereik.

Stormsterktewinde word Dinsdagnag en Woensdagoggend in Durban verwag. “Inwoners word gemaan om binnenshuis te bly en hul huise dig te sluit,” het Tozi Mthethwa, hoof van die kommunikasiedepartement by die munisipaliteit, gesê. “Winde van 40 km/h word Dinsdagmiddag verwag en sal moontlik tot 70 km/h Woensdagoggend bereik.”

Mthethwa het gemaan die winde kan struktuurskade veroorsaak en bome kan moontlik omwaai wat tot verkeersknope sal lei indien dit paaie versper.

Golwe tussen 3 meter en 4 meter hoog word op Durban se strande verwag.

“Inwoners, veral diegene in informele nedersettings, word versoek om hul huise so stewig as moontlik vas te maak, of selfs ekstra gewig op dakplate kan moontlik help,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.