Wees bedag op Facebook-privaatheidsfoefie

Só lyk die sogenaamde waarskuwing (Foto: Facebook)

Só lyk die sogenaamde waarskuwing (Foto: Facebook)

ʼn Sogenaamde kennisgewing oor Facebook-gebruikers se privaatheid, wat die afgelope week die ronde op dié sosialemedia-netwerk doen, het gebruikers behoorlik op hol.

Dié sogenaamde Rome Statute-slenter, wat vereis dat gebruikers ʼn spesifieke boodskap op hulle profiel plaas, “waarsku” dat Facebook alle private inligting en inhoud openbaar gaan maak indien gebruikers nie dié “verklaring” op hulle profiel plaas nie.

Die boodskap bevat onder meer verskeie regsterme om tot die geloofwaardigheid van die “waarskuwing” by te dra en plaas gebruikers onder die indruk dat hulle inligting en inhoud op Facebook privaat gehou sal word indien hulle dié “verklaring” op hulle profiel plaas.

Dié slenter is egter soortgelyk aan ander foefies wat in 2012 en 2014 ook Facebook-gebruikers op hol gehad het.  Die sosialemedia-reus het vroeër in ʼn verklaring bevestig dat die waarskuwing vals is.

Hy het intussen ook ʼn bladsy op Facebook geskep wat gebruikers teen dié slenter waarsku.

“Ons bepalings en voorwaardes is baie duidelik hieroor: Die Facebook-gebruiker besit al die inligting en inhoud wat hy op sy profiel op Facebook plaas, en kan self bepaal hoeveel hy dit wil deel,” het Facebook in ʼn verklaring verduidelik.

“Gebruikers kan ook self bepaal hoeveel ander verbruikers van hulle mag sien deur hulle privaatheidinstellings te verander. Ons wil hê jy moet ingelig wees oor Facebook, en veral verseker dat jou inligting nooit so gebruik mag word nie.”

Bron: Tech Times

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Vytjie ·

Daar so baie foefies van fb.. whatsapp ens. Wens mense begin hul gesonde verstand/ logika gebruik… soos commen sence nie commen is nie so is logika nie logies nie blyk my…

HJFourie ·

Ek stem voljome saam ek het nog die reg om dit op my fb wat niemand mag sien wat ek nie gekies het nie telaat uitlap na ander wens mense wil hul stupid geit laat staan en ophou weghol met sulke snert

Anoniem ·

Maak nie saak of dit n foefie is of nie…Dis nog steeds in jpu hande of jy jou privaat goed wil uitlap op FB of nie……

Vat hom fluffy ·

Ek bly skepties. As die UN fb oorgevat kan dit mens net laat wonder hoekom. Die reg van privaatheid wat in konstitusies ingeskryf is hou nou nie water nie. Net my opienie

Speedguard ·

Jy Verbeur jou reg op privaatheid die oomblik as jy dit uitblaker op die netwerk, dit bly bloot net simpel en eenvoudig.

WW ·

Ek sal net graag wil verstaan wat die DOEL is van hierdie tipe slenters se verspreiding. Maak iemand geld daaruit of wat? Of kry iemand een of ander “kick” daaruit wanneer die boodskap versprei word?

Magda ·

Ek het dit ook op FB gesien. Ek ignoreer dit net. Ek het al sulke goed op watsap ook gekry waar hulle sê ek moet ook vir ander stuur anders verval my watsap en ek dit nooit weer sal kan gebruik nie ek gebruik nog steeds watsap.

Louise E. ·

Wie het tyd nog vir Facebook? Waar families baklei, mekaar blok, vyande op mekaar “spy”, mense voorgee hul is gelukkig getroud maar week later geskei?

New wat. Mense moet eerder weer mekaar bel, kuier en nie elke dingetjie opsit waar dit iewers in kuberruim rond drentel nie.

Less is more. Geld vir jou en jou gesin se reg tot privaatheid ook.

amber ·

Louise, ek stem heelhartig met jou saam. Shame, as my buurvrou n koek gebak het, sit sy dit op facebook. Gelukkig het ek nie facebook nodig om ander te beïndruk nie. .

Tina du Toit ·

@ WW, ek sal dit ook graag wil weet. Dalk kry die ou `n paar pennies in die sak as die post elke keer geshare word.

Ansie ·

Ai tog as n mens ook alles glo wat jy op die openbare media sien is jy ook maar domkop.

Wil weet ·

Ek bly ook skepties. Wat sou die doel wees van so n sg. ‘foefie’ ? ‘n Mens moet versigtig wees wat jy plaas, ja, maar….waar n rokie is …wat kan jy verloor deur ekstra veilig te wees? Ek’s min gespin as ander dink ek’s ‘dom’. Die wêreld staan in elk geval op sy kop

Liza ·

Ek love FB! Dit is die maklikste manier om met vriende en familie ander kant die groot blou water in kontak te bly! En dit is lekker om te sien waarmee almal hulle besig hou. En nee, ek is nie een van die mense wat alles in my lewe op FB uitsaai nie! Jy besluit wie kan wat sien en klaar. FB is nie ‘n euwel nie, die mense wat dit verkeerd gebruik is die euwel!

Ian de Jager ·

EK VERLEEN HIERMEE TOESTEMMING aan Trompie en die Boksombende, die Polisie, Rocco die Grensvegter, die Reserwebank, SARS, die ‘Geheime’ Intelligensiediens, die SAUK, die SABS, personeel van alle firmas met 4-letter afkortings vir name, die plaaslike sangoma, die Ruiter in Swart, Afrikaanse sepie-akteurs, Kersvader, Steve Hofmeyr, Piet Byleveld, Pietie die Paashaas, die Tandemuis, Huisgenootlesers, die Hoekie vir Eensames, Dr Conrad Brand van Saal 10, Ben Brandt, elke Boer wat ‘n Vrou soek, Skollie en Pappa om al die awesome en interessante goed wat ek op Boggom en Trivia SA se Facebook pages plaas, te gaan lees.

Ek is deeglik bewus van die feit dat ek my privaatheid vir ewig vaarwel toegeroep het die oomblik toe ek vir my ‘n Facebook page geskep het. Ek besef ook dat dit wat ek op Facebook plaas, gedeel, ge-“tag”, sonder toestemming gekopieër, en elders geplaas gaan word juis omdat dit so skreeusnaaks en oorspronklik is.

© Ian de Jager, Boggom, Trivia SA (gaan soek hulle gerus op)

Rln ·

Dit is so eenvoudig as dit….moenie iets op fb sit wat jy nie wil he mense moet weet of sien nie. Dit is op die internet en daar is allerhande virusse wat jou privaatheid probeer indring.

Anti-fb ·

Dankie tog, ek is nie ‘n aanhanger van fb en dus ook nie ‘n gebruiker nie!!! Des te meer as ek so na die baie spelfoute kyk wanneer ek die kommentaar lees op Maroela. Ai jai jai. En dis nie per ongeluk foute veroorsaak deur die ellendige aanraakskerms van selfone nie. Dis doodeenvoudig kan nie spel nie.
Het al genoeg saam met my vriendin na haar fb blad gekyk om ook daar die foutiewelike spelling te sien.
NetNuus se gebruikers, waar ek die app van afgelaai het op my tablet, kan regtig, regtig ook nie spel nie. En ek is beslis nie ‘n Afrikaanse onderwyseres nie maar swak spelling steek my totaal dwars in die krop!!! Gelukkig is daar vele ander wat net soos ek voel.

Matthys Steyn ·

Wees net dankbaar dat jy kan spel. Ek het hoogs inteligente vriende wat weens disleksie nie kan nie. Dit gaan oor kommunikasie, nie oor spelvermoë nie. Raak rustig!

sarie van heerden ·

As jongmense het ons DAGBOEK gehou. Baie dagboekies met ‘n sleuteltjie sodat dit gesluit kan word en niemand dit kan lees nie. Nou kan ek nie verstaan dat mense op Facebook alles moontlik kan uitbassuin, van wat hul vir ontbyt gehad het tot wat hul in hul slaapkamer doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.