Wees bedag op vervalste matrieksertifikate

Argieffoto

Die departement van basiese onderwys het gesê hy distansieer homself van ʼn plasing op ʼn vals sosialemediabladsy wat “egte” matrieksertifikate aanbied teen R1 500.

“Dit is belangrik dat die departement lede van die publiek hieroor waarsku, omdat dit die integriteit van die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) ondermyn en die sekuriteit en egtheid van die matrieksertifikaat bedreig,” het dr. Rufus Poliah, hoof van assesserings by die departement, gesê.

Die departement het gesê hy is bewus daarvan dat vervalste matrieksertifikate vervaardig en te koop aangebied word, maar bygevoeg dat egte matrieksertifikate met veiligheidskenmerke uitgereik word. Umalusi is ook die enigste raad vir gehalteversekering in algemene onderwys en opleiding.

“Persone wat aan dié praktyk deelneem, kan strafregtelik vervolg word, omdat dit neerkom op bedrog,” het Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement, gesê.

NSS-vraestelle word tans by verskeie merksentrums in provinsies oor die land heen nagesien. Die uitslae sal by die betrokke eksamensentra, op die departement se webwerf en geakkrediteerde mediahuise (soos Maroela Media) beskikbaar gemaak word.

*Onthou dat Maroela jou in kennis kan stel sodra jou uitslae beskikbaar is. Registreer nou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kootjie ·

Se my asseblief!!! Ek is mooi oud en my hele lewe in die land! Maar elke dag sien ek hoe gaan alles tot niet gaan! Hoe kan en gaan ons alles weer reg kry ? Moet ons Bid vir die wederkoms?: Of of maar net wag wag ???? Wag???

jaco ·

Standaarde om matriek te slaag is nou só laag dat selfs ‘n egte matriekafsertifikaat ook niks beteken nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.