Wees gewaarsku: donker winter wag

(Foto: Natsuki via Unsplash)

Suid-Afrikaners moet hulle maar staal vir ʼn donker winter: die beurtkragsituasie in die land gaan waarskynlik nie gou verbeter nie.

Benewens die aankondiging dat fase 6-beurtkrag onbepaald geld, sê die Sentrum vir Risiko-ontleding (CRA) Suid-Afrikaners moet verwag om 43 weke van hierdie jaar, oftewel 83% daarvan, in fase 4- of 5-beurtkrag deur te bring.

“Sedert die begin van 2023 was daar slegs ’n enkele 24 uur-tydperk sonder beurtkrag,” sê die CRA.

“Eskom se jongste energievooruitsig vir die komende jaar, insluitend sy weeklikse stelselstatusverslag, dui daarop dat dít waarskynlik gaan voortduur aangesien die kragvoorsiener nog nie een week (tot ten minste Maart 2023) hierdie jaar in die vraag na krag kon voorsien nie.”

Tussen Januarie en Maart vanjaar was daar nog elke week ʼn elektrisiteitstekort van meer as 2 000 MW. Volgens Eskom se eie voorspellings sal ʼn gemiddeld van 16 500 MW elke week deur die loop van die jaar weens onbeplande onklaarrakings en onderbrekings onbeskikbaar wees.

Dr. Kgosientsho Ramokgopa, minister van elektrisiteit, het Suid-Afrikaners vandeesweek selfs oor die moontlikheid van nóg hoër beurtkragfases gewaarsku – boonop met verwysing na ʼn ongekende fase 10.

Dít sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, is egter onwaarskynlik, al is die stelsel onder geweldige druk. Hermann het ook aangedui dat selfs fase 8 nie in dié stadium gevrees moet word nie, tensy iets ingrypend in die stelsel verander.

Nicky Weimar, hoofekonoom by Nedbank, en JP Landman, ʼn onafhanklike politieke en neigingsontleder, het egter verlede week gesê hulle glo die risiko dat die kragnetwerk ineen kan stort, het beslis verhoog.

Volgens die CRA is die regering ook nie besig om juis beheer van die kragkrisis te neem nie.

“Met bietjie meer as ’n jaar oor voor die 2024-verkiesing, word die groeiende gevoel van dringendheid binne die regering om die energiekrisis te takel, al meer tasbaar.

“Of die maatreëls wat tot dusver getref is, doeltreffend was, is egter debatteerbaar. Die regering het op 9 Februarie ’n nasionale ramptoestand in reaksie op die elektrisiteitskrisis afgekondig, maar dit weer verlede week opgeskort met niks om daarvoor te wys nie,” sê die sentrum. Op 31 Maart het die minister van finansies, Enoch Godongwana, Eskom boonop vir ’n tydperk van drie jaar kwytgeskeld van die bepaling om onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes in sy finansiële jaarstate bekend te maak. Dié vrystelling is ná groot openbare druk ook opgeskort, hoewel Godongwana te kenne gegee het dat dit weer ingestel kan word.

“Hierdie heen-en-weerdery skep die indruk van doellose optrede, eerder as doelgerigte aksie. Dit kan bydra tot die vertrouensbreuk tussen burgers en die regering, wat die regerende ANC-party in 2024 onder groter verkiesingsdruk plaas.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Andre ·

Dieselfde snert oor en oor,die netwerk is op sy laaste en net n kwessie van tyd dat alles in duie stort maak maar gereed vir totale anargie en ongekende geweld!!

Kokerboom ·

Die uitlatings word gedoen deur politieke idiote wat GEEN benul of kennis dra van kragopwekking of bestuur

Amelia ·

So paar weke voor verkiesing sal almal weer krag he sonder beurtkrag en sal die wat nie te slim is nie dink anc mos nou krag in orde so dan word weer anc gestem tot dag na verkiesing Waanneer kry ministers beurtkrag seker nooit o ja hul miljoene se kragoopwekkers en s

Andries ·

Defenitief hulle oë bly toe,maar vir die volgende 5 jaar kry hulle maar weer net soos swaar onder hulle eie regering.

Johanncb ·

Die agbare nuutaangestelde Minister het dan met soveel planne en oplossings na vore gekom om beurtkrag te minimaliseer! Wat het nóú daarvan geword? Of vee nuwe besems nog steeds skoon?

Hannelie ·

Bla-bla-bla-bla-……..ons glo jul elk geval nie meer enige iets wat Eskom aan ons opdis nie.

Johanna ·

MNR. CR en sy mede brokers kry elektrisiteit op belastingbetalers SE onkoste. Sit hul krag ASB ook af. Groot ASB.dan sal daar vinnig n plan gemaak word

Marius ·

Waarvoor moet ons dan die nuwe verhoogde pryse betaal wat Nersa goed gekeur het?
Weet die mense wat hulle doen , wat meer as die normale mens op straat verdien wat by Eskom werk??
In my oe is dit hele Eskom situasie sabotasie van die land en landsverraad , wat gaan die nuwe elektriese minister daaromtrent doen ??? Seker niks nie want hy skep ook seker net soos die res van hulle.

JvR ·

Beurtkrag poog om reg te kry war covid gefaal het. Selfs in malls maak winkels hul deure toe gedurende beurtkrag, want die kragopwekkers en batterye werk te duur uit. En staf word verminder

annie ·

Diesel loop al by Eskom se ore uit maar ons gooi! Daai biltongdroërs moet ons stedelinge maar bekyk. Biltong, beskuit en koffie klink na ‘n opsie. Dit droërs is nie te duur nie. Selfs in die winter gaan vleis ‘af’ as die krag lank af bly. Tensy mense ander krag kan skep kan hul dalk nog ander opsies uitoefen. As ons ons kaarte mooi speel kan Russiese gas ons bas red, maar die DA aanbid Zelensky wat maak of hy Joods is vir effek en maak so bohaai soos ganse sodra ‘n ander motor op die plaas verskyn.

Nettie ·

Een persoon skree fase 8-10!!
‘n Ander sê, wees gerus, dit sal net by 3-4 rond draai, met hier en daar ‘n 5 of 6 vir kort rukkies.
‘n Derde persoon sê ons moet bekommerd wees vir ‘n totale ineenstorting.

So wat is dit nou?!

Roebs ·

Ja nee alles is ‘n gemors ons regering is ‘n gemors dit sal nooit eindig nie.

Murg en been ·

Kan eskom ons lynhuur asb krediteer vir die tydperk wanneer ons nie krag het nie. Wanneer gaan daar ‘n saak teen die cancer se beleggings filiaal geloots word vir al die ontwerpsfoute by die nuwe sentrales waar hul ‘n vinger in die pastei gehad het? Wat van ‘n belasting weerhouding, of is die private sektor te slapgat?

Republikein in die Wes Kaap ·

Die raadsale van JSE genoteerde maatskappye wemel van ANC kaders wat die regime getrou volg. Gewone werkers sal in opstand moet kom en staak, ongeag die gevolge.

Stofdonkie ·

Dus het die aanstelling van ‘n minister van elektrisiteit nie die situasie verbeter nie. Snaaks hoe daar skielik na sy aanstelling nie beurtkrag was nie en nou dat sy aanstelling weer gewoond is ruk hulle mens weer met die beurtkrag. Is hy minister van elektrisiteit of minister van beurtkrag?

Samuel ·

Ek dink die hele spul in die cANCer regering het psigiatriese behandeling modig.

Veronika ·

Dis jammer alle mense kon nie solar krag kan bekostig nie, dan kon ons die regering in hul m ingestuur het!! Blerrie korrupte spul! De Ruyter was van voor en agter gesaboteur!! Hy was agv daarvan net nooit die tyd gegun om als reg te maak nie en ek glo hy sou met samewerking en die nodige fondse dit kon doen!! En kyk nou? Wat nou????

Jasper ·

Ag nee wat, die president het in Januarie al aangedui op internasionale vergadering dat binne 12-18 maande is beurtkrag iets van die verlede sal wees, 14 maande bly oor dan is alles honkie dorie noudat De Ruyter uit is, byt net bietjie vas man! :)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.