Wees op uitkyk vir nagemaakte entstof

(Argieffoto: Unsplash)

Die polisie het mense gemaan om bedag te wees op “gewetelose mense” wat entstof teen Covid-19 verkoop.

“Geen goedgekeurde entstof is in hierdie stadium aanlyn of regstreeks te koop nie. Enigiemand wat hierdie medisyne koop, plaas hulself in gevaar en gee hul geld aan georganiseerde misdadigers,” het kol. Brenda Muridili, nasionale polisiewoordvoerder, gewaarsku.

In hierdie stadium ontvang slegs gesondheidsorgwerkers die entstof ingevolg die regering se Sisonke-program.

Die polisie het in November toegeslaan op ʼn pakhuis in Germiston en vier mense in hegtenis geneem vir oortredings van die Wet op Vervalste Goedere, oortredings van doeane- en aksynswetgewing, asook oortredings van die Wet op Medisyne en Verwante Middels. Beslag is gelê op 2 400 dosisse vervalste entstof en maskers ten bedrae van sowat R6 miljoen.

Muridili sê die polisie gaan voort met ondersoeke na enigeen betrokke by georganiseerde misdaadsindikate wat hul self probeer verryk deur ongeregistreerde en onwettige medisyne te smokkel en versprei.

Enigiemand met inligting oor die verkoop van Covid-19-entstof kan die polisie se Stop Misdaadnommer bel by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Persheks Adri ·

Altyd ‘n swart mark vir enige snert gggmmmfff. Ek wonder of kopdoek agter dit ook sit sy’t mos juis die voorbeeld gestel saam haar kinders toe die drank en sigarette verban was. Iemand gaan wel geld maak al WEER!

Francois Le Cochon ·

Lekker man, nou kan ek entstof saam met ‘n paar Adidas tekkies, en Gucci sonbrille by die robots koop!

Charles ·

Ek dink die vervalste een gaan veiliger wees as die regte een..

Casper ·

Geen gewete nie.Solank hulle net kan geld maak al kos dit iemand anders se lewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.