‘Wees paraat,’ waarsku hoof ná rowers top-laerskool plunder

Kringtelevisiefoto deur die skool aan Maroela Media verskaf

Kringtelevisiefoto deur die skool aan Maroela Media verskaf

Sowat R800 000 se elektroniese en ander waardevolle toerusting is tydens ʼn inbraak by ʼn vooraanstaande laerskool in Centurion gebuit.

“Ons het gedink ons is paraat en ons sekuriteit is voldoende, maar dit was nie,” vertel die skoolhoof, wat anoniem wil bly uit vrees dat die skool weer geteiken kan word. Die rooftog het Donderdagaand plaasgevind.

Uit die beskikbare inligting blyk dit dat die inbrekers vooraf reeds sekere voorbereidings- en verkenningswerk by die skool gedoen het, wat dit vir hulle maklik gemaak het om deur die kantoor se dak toegang tot die hoof se kantoor te kry. Die inbrekers het die bedrading van die alarmstelsel gedeaktiveer en al die sekuriteitskameras in die kantoorblok verwoes voor hulle kantoordeure oopgebreek, kluise oopgesny en alles van waarde uit die kantore verwyder het.

“Ons skat die waarde van die rekenaars, skootrekenaars, tablette, projektors, kontant en ander items wat gesteel het, op ongeveer R800 000. Dit sluit nie die vervangingskoste van die sekuriteitstelsel, slotte en kluise in nie. Ons bring nou boonop noodsaaklike opgraderings aan die skool se sekuriteitstelsel aan wat ons nóg duisende rande gaan kos,” sê hy.

Kringtelevisiefoto deur die skool aan Maroela Media verskaf

Kringtelevisiefoto deur die skool aan Maroela Media verskaf

Boonop het rowers Dinsdagoggend weer ʼn poging aangewend om in die vroeë oggendure by die skool in te breek, maar dié keer het ʼn alarm afgegaan en die inbrekers het op die vlug geslaan. Dis nie duidelik of dit dieselfde inbrekers is nie.

Sy besluit om met Maroela Media oor die voorval te praat, spruit nie daaruit dat hy paniek wil saai nie, maar juis dat hy ander skole wil waarsku om meer paraat te wees, sê die hoof. Verskeie skole in Johannesburg, Pretoria en Centurion het die afgelope paar weke onder inbrake deurgeloop. In een geval is die hoof van ʼn hoërskool, wat laataand by die skool was, ernstig aangerand.

“Dis duidelik dat hierdie rowers, wat moontlik deel van ʼn sindikaat is, skole in meer gegoede woonbuurte teiken,” sê hy. “Skole moet ernstig kyk dat die sekuriteitsmaatreëls in plek is. Ons skool het ʼn alarmstelsel, sekuriteitskameras, veiligheidshekke, bewegingsensors binne en buite die geboue en ʼn gewapendereaksiediens. Ons het ook nooit baie kontant op die perseel nie. Maar dit alles was nie voldoende nie. Hierdie rowers is professioneel en weet presies waar om swak plekke in ʼn sekuriteitstelsel uit te buit.”

Hy beveel aan dat skole die kundigheid van ʼn sekuriteitskenner bekom om ʼn sekuriteitsoudit by die skool te doen, en aanbevelings rondom die sekuriteitsmaatreëls van die skool te maak.

“Die kundiges wat ons nou help om die sekuriteit by die skool op te gradeer, het verskeie aanbevelings gemaak waaraan ons glad nie self sou gedink het nie,” sê hy. “Ons is nou nog selfs meer paraat.”

Hy het skoolhoofde gemaan om nie sy waarskuwing ligtelik op te neem nie. “Skole is ʼn weerlose teiken, omdat die hekke dikwels ná skool oopstaan vir kinders wat in- en uitbeweeg vir buitemuurse aktiwiteite. Ons kinders se veiligheid is veel meer werd as die koste van ʼn beter sekuriteitstelsel.”

  • Maroela Media publiseer binnekort ʼn artikel met aanbevelings van ʼn sekuriteitskenner oor hoe skole te werk kan gaan om hul sekuriteit op te knap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Gerhard ·

Dis maar dieselfde sindikaat wat reeds sowat 100 skole landwyd gestroop het. Hulle het sedert Januarie ongeveer 30 skole in KZN gedek. Hulle het goeie agtergrondkennis van elke teikenskool se sekuriteitstelsel.

Willie ·

So mak soos lametjies, en arrogant… niks pla nie, want ons bataal vir niks nie… Steel is mos die inding in die land… Die vis vrot van die kop af….

Paul ·

Gelukkig kan ‘n mens sien watter deel van die bevolking die rowers is, die polisie en Maroela Media kan dit nie blindswyg nie.

Eddie ·

Sal graag wil weet watter skool dit is ? Ek bly ook in Centurion

Johann ·

Met die groot aantal skole wat reeds in die groter Pretoria omgewing geteiken is sou mens verwag dat skoolhoofde van die skole wat nog nie deurgeloop het nie, alreeds ‘n plan van aksie in plek geplaas het. Weet verseker u skool mag dalk/beslis een van die volgendes wees. Stoor ook sommer nou al die inligting op u rekenaars elders, want ek glo sonder al die verlore data gaan dit maar moeilik wees om na normaal terug te keer sou so ramp u skool ook tref.

Natasha ·

Hier in Upington, het hulle ook die learskole by gedam met rooftogte, hul heel week daar rond gehang, almal gedink dis human traffics, en aangegaan hulle kinders word ontvoer, mean time back at the range, was hulle daar om uit te stook hoe en wanneer hulle die skool kan beroof!!

andre ·

Aan al die rowers, diewe, verkragters. en moordenaars laat ek julle net se daar is vir julle n spesiale plek in die hel.

GeeCee ·

Sekuriteits kameras het geen waarde as dit nie 24 uur beman word nie. Dit wys jou net hoe laat was die inbraak. Die kans dat die diewe herken sal word is maar skraal

André ·

Dis nie waar nie GeeCee. Ek kon rowers identifiseer van my CCTV af. Hulle is ‘n paar weke later vasgertrek, geidentifiseer EN verbind tot ander huisbrake.

Maria van Dieweeck ·

Geecee ek stem nie saam nie. Ons behaal groot sukses in die Midlands met ons kameras. Dit word ingestel sodat beweging in sekere areas onmiddelik alarm maak en jou beeldmateriaal gee op jou selfoon of tv of computer. Dit kan ook gekoppel word aan bv n sekurietsmaatskappy ens. Kameras wat korrek gebruik word is lewensveranderend. Ongelukkig is daar min mense met die regte kennis en produkte.

Johann ·

Dis van stilbly dat ons gelate sit waar ons sit. So het die laerskool naby ons in Monumentpark oik stilgebly; selfs na herhaalde soortgelyke inbrake?

Karma ·

Hierdie hele insident skree een ding: INCIDE JOB!!! As dit nie by die “janitorial services” was nie. is dit by die sekuriteitsmaatskappy self …. of dalk die onderwysers (Grote Griet, ek hoop nie so nie!)? Ek moet aflei dat dit ‘n “wit” skool is in ‘n “wit” buurt – nie dat ek sê dat nieblanke mense nie in gegoede dele van ‘n dorp of stad kan bly nie. Dit wil voorkom asof dié misdadigers hulle toespits op besighede/huise/skole waar ‘n meer welgestelde leefstyl gevoer word, dus meer waardevolle items en geld om gesteel te word.

Cilliers ·

‘n Klompie jare gelede was daar in die Kaap ook probleme by skole voorsien, en die ouers het toe saamgespan en spanne gevorm wat elke nag by die skole gewaak het. Nodeloos om te sê, daar was geen pogings om skade by die skole aan te rig nie. Dit was ook geen vreeslike ontwrigting vir die ouers nie. Ek self het toe nog heeltyds gewerk, maar ook gereeld snags gaan wagstaan

henry ·

Maroela, daar is n groot verskil tussen inbraak, diefstal en dief teenoor roof en rower. Laasgenoemde word fisies teen n person gepleeg……………..Selfs julle opskrif is misleidend tensy daar iemand teenwoordig was tydens die inbraak.

Penellope Jones ·

Oral waar hulle kan, oral waar hulle wil, enige plek, enigiemand, enige tyd.

hannelie ·

Gerhard, dit sal baie interessant wees om te weet deur watter sekuriteitsmaatskappy hierdie skole bedien word! Daar was gedurende die Desember 2015 skoolvakansie ook ‘n groot aantal inbrake by skole in Mpumalanga! By hierdie inbrake is dieselfde modus oprandi toegepas as by die skool in die berig! By een skool het ‘n “verteenwoordiger” van die sekuriteitsmaatskappy ‘n paar dae voor die inbraak die skool besoek om “seker te maak dat die sekuriteitstelsel behoorlik in plek is en behoorlik werk”! Tydens die inbraak is die bedrading vir die stelsel ook geknip en die kameras verwoes! Self in ‘n lokaal wat met ‘n addisonele “pepersproei-toestel” toegerus was is alles buite aksie gestel en honderde-duidende rande se toerusting, ens. is uitgedra! Gedagtig aan die hoeveelheid goed wat gesteel is, moes ‘n groot voertuig, soos ‘n vragmotor gebruik gewees het en die diewe moes baie tyd tot hulle beskikking gehad het! Die sekuriteitsmaatskappy is onder verdenking maar dit kan nie bewys word nie!

charmaine ·

Verseker is hulle arrogant hulle bedek nie eers meer hulle lelike bakkies nie,stupid!

Theresa ·

O. Ok. Nou word als gesteel en weggedra. Res verbrand. Wie sal nog gewoonweg kan skoolgaan na 10 jaar ? Hoë resolusie kameras is al wat ‘n gesig duidelik wys. Elke skool/universiteit/winkelsentrum/kerk/hospital/privaat huis/komplekse/sypaadjies/buite toilette/plase – elke liewe plek sal een moet kry. So kan registrasienommers, gesigte en klere duidelik uitgeken word. Alle leerplekke sal moet beman word met gewapende magte. Dis mos een van die “hotspots” in ons land. 24uur per dag.
Vieslik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.