‘Wees versigtig as jy SA besoek,’ vra Botswana-regering

Nigeriese burgers het uit vergelding Woensdag Suid-Afrikaanse ondernemings onder meer die supermarkketting Shoprite in Abuja in Nigirië geteiken. (Foto: ANA)

Die regering van Botswana het Woensdag ’n reiswaarskuwing uitgereik waarin hy sy burgers wat binnekort na Suid-Afrika reis vra om “uiters versigtig te wees” te midde van wydverspreide aanvalle op buitelanders in Gauteng.

Die ministerie van internasionale sake en samewerking het in ʼn verklaring uit Gaborone gevra dat sy burgers wat in Suid-Afrika is, sekere gebiede waar geweld en plundertogte voorkom moet vermy en ten alle tye waaksaam moet wees.

Maroela Media het vroeër berig die regering van Zimbabwe het ook vroeër die dag sy burgers wat in Suid-Afrika is of binnekort na die buurland reis, gemaan om “die nodige voorsorgmaatreëls te tref” te midde van grootskaalse aanvalle op uitlanders.

Die regering van Zambië het ook vandeesweek sy burgers in Suid-Afrika gevra om waaksaam te wees nadat ʼn Zambiese burger in Germiston aan die Oos-Rand deur ʼn groep mense oorval en met ʼn skerp voorwerp in sy voorkop gesteek is.

Hy was die afgelope twee maande in die land om vir sy broer te kuier.

Nigeriese burgers het op hul beurt uit vergelding vandeesweek Suid-Afrikaanse ondernemings in dié land onder meer die selfoonoperateur MTN en die supermarkketting Shoprite geteiken.

Teen Woensdag was byna 300 persone reeds in hegtenis geneem wat tot ʼn beduidende afname in geweld en plundertogte in Gauteng gelei het.

Die geweld het egter die lewe van minstens vyf mense in die provinsie geëis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

MARTIN ·

Die ou-mense het gesê, as jy nie wil hoor nie moet jy voel…
Laat die in beheer nou maar voel.
Dit gaan nie by Botswana stop nie

Anoniem ·

Want die Kaptein van die skip is afwesig, miskien het Hy nooit eers opgeklim nie !

Maljan ·

Hoekom roep hulle nie net hulle mense terug nie? Dan kan n paar breek en branders mos werk hê. Net jammer dit gaan niks beteken vir die oor 55jarigea wat die land se ekonomie op hulle skouers gedra het nie.

jean ·

En so gaan ons almal tesame met die landjie verniel en afgebreek word…..My gedagtes en woorde mag ek egter nie verbaliseer nie…..

Spook ·

Ja nee hoor …. Ek weet nie hoekom ek nog geskok voel nie maar ek doen…. Agressie en verwyt in die land eskaleer. Ek is eerlik woorde begaan my en wat ek wel dink kan ek ook nie hier tik nie, maar daar is n paar kraswoordjies wat op duik in my gedagtes

Linda ·

Why are you in our Country on our soil ??? pack your bags and go back to your own countries, you are not welcome here in South Africa !!!

Wielspore ·

Die kultuur van vergelding kom teen ‘n duur prys, daar is geen wenners. Dit is ook so dat die meeste politiek in Afrika bedryf en onderhou word op grond van mag en vergelding.
Mag en vergelding hou geen voordele vir die mense in, dit is net die sogenaamde leiers wat daarby baatvind. Daar is geen doel daarin om aan die hoof van ‘n land te staan en jou land is doelloos.

J ·

Dalk is dit ‘n goeie ding dat al die emigrante terug na hul geboortelande toe vlug. Hoe sal SA wees as slegs SAners hier woon en werk?

En dink net wat als in SA kan verander as ander ryk lande weer sanksies instel soos destyds teen Apartheidsregering.

Anoniem ·

Want die Kaptein van die skip is afwesig, miskien het Hy nooit eers opgeklim nie !

Gerhard ·

Die SAPD spog met die aantal arrestasies maar ons sal maar wag en sien hoeveel werklik vervolg gaan word of net vrygelaat gaan word.

Michael P ·

Die opskif moet lees .Wees versigtig as jy ANC LAND. besoek

Maljan ·

Hoekom roep hulle nie net hulle mense terug nie? Dan kan n paar breek en branders mos werk hê. Net jammer dit gaan niks beteken vir die oor 55jarigea wat die land se ekonomie op hulle skouers gedra het nie.

Von ·

Die mense kla daar is nie werk nie, maar as al die lande toeriste gaan waarsku oor Suid-Afrika, hoe kan ons enigsins inkomste maak uit buitelanders? Ek is in die toerusme bedryf en het redelik baie werknemers. Maar die afgelope tyd het besigheid afgeneem weens die gemors in ons land, hoe kan ek dit dan nog bekostig om vir die manse werk te bied? Toeriste spandeer nie net hulle geld by hotelle en gastehuise nie, maar ook by groothandel winkels ens en plaaslike instansies.

Die wat Suid-Afrika so vernietig kla daar is nie werk nie, maar hulle veroorsaak self dat besighede dit nie meer kan bekostig om mense indiens te neem nie!

AV ·

In Herrmanus verloor by party besighede soveel as 40% v hulle inkomste die afgelope jaar – hulle deure is reeds gesluit; net agv die protesaksies daar. Wil nie eers weet wat hierdie gemors wat nou aan die gang is aan SA se toerisme en die reeds kwynende ekonomie gaan doen nie.

Ig ·

Ek wens ons government kan wakker skrik, dinge is erg en niemand gryp in nie. Ontplooi die hele Weermag. Ons land is lankal aan die brand en hulle sit OP hulle gatte in hulle suits en watch die movie. Die ander Afrikalande gaan nou SA besighede in hulle lande bom lekker oorlog nê. Daar gaan ons ekonomie en SA

Pottie ·

Hoekom doen ons nie iets nie al wat ons doen is kla en praat

SjN ·

Skokkend, dat n buurland, wat van SA afhanklik is van invoere, brandstof ens, hul eie burgers moet waarsku teen hul mede broers se onbevoegdheid en onvermoe om wet en orde te handhaaf.

Alida ·

Hou juĺle mense daar. SA laai die indringers op busse en laai hulle in eie land af waar hulle hoort.

marous ·

En so open die ogies oral oor die misrabele hantering van ‘n land wat eens die trots van afrika was tot ‘n verotte maaier gevulde mishoop .

John ·

… Dit is ‘n wèreldwye probleem en tendens… Selfs liewe-liewe Duitsland se eie burgers koop nou gaspistole uit vrees en ontnugtering met die arme migrante wat so opgepiep is en nou hul ware kleur wys. Waarom word die aanvalle en misdrywe deur die migrante in ons land nie aan die groot klok gehang nie: Hoeveel doofmiddels en onwettige produkte nie ons land binnekom nie; hoeveel diefstal en misdaad nie gepleeg word, geldwa-rooftogte en motorkapings en moorde nie reeds gepleeg is nie; hoeveel misdadigers hier skuiling soek nie. Nou is dit net ons mense wat so lelik met die uitlanders is. Te veel werkgewers verdedig hul glo so-flukse-onwettige-uitlandse-werkers… totdat die bloed loop…

pieter ·

Is die man aan die stuur nie ook n buitelander nie, as hy is moet almal dit weet.

Toer ·

Von, jy is reg. Met buitelander kry jy toerisme en toerisme skep werk en bring geld in. As al die lande hulle burger waarsku teen Suid Afrika, het jy minder toerisme. Die storie het 2 kante, maar weereens sien ons slegs die 1 kant.

Nel ·

…En daardie kant is beslis die gevaarlikste kant . Alvorens misdaad nie behoorlik vasgevat word nie gaan ons toerisme syfers bly daal, want wie wil ‘n land besoek waar jy die heeltyd onrustig is en oor jou skouer moet loer. En onthou BBC en CNN en ander kanale hou die wêreld ingelig oor wat hier aangaan.

Hanna Hoekom ·

Ek glo nou nie n “toeris” uit Zambie dra dieselfde waarde tot die RSA ekonomie by as n toeris uit die VSA nie. Een groot verskil: die toeris uit die VSA gaan uiteindelik terug huis toe! Afrika se “toeriste” word tog alte maklik inwoners van ander lande. Dieselfde met die Indiese en ander ongure nasies. Die VSA waarsku al sedert 2015 sy burgers teen reise na RSA en dat die OR Tambo lughawe ten alle koste vermy moet word! En dit was reeds in 2015… My verloofde is n Amerikaner.

Gemaskerde Sopbeen ·

Sooooo…..Botswana waarsku hulle burgers teen hulle eie mense wat hier in Suid Afrika is? En Nigerië waarsku hulle burgers teen hulle eie mense wat hier in Suid Afrika uitkamp? En Tanzanie, Malawi, Angola, Zimbabwe…et al, waarsku hulle mense wat nog daar is, teen hulle eie burgers wat HIER is…..en hierdie anargie veroorsaak? As ons AL die bakstene wat in “sekuriteitsmure” om “sekuriteitskomplekse” vas gemessel is kon vat en ‘n muur tussen “ons” en “Afrika” bou ala Trump…..was hier nie nou so ‘n gemors nie!!

Petrus ·

Jy het darem baie vetroue in Malema en jou ander mede-burgers. Jy is nie deel van hulle “ons” nie. Hulle haat jou met passie. Ek en jy gaan nog oor daai muur klim om vinnig weg te kom.

Elvira ·

Dankie Botswana. Bly julle regering is in beheer van julle land en duld geen misdaad soos in Suid Afrika nie. Julle het nog wette en die doodstraf daarom gaan dit goed met julle mense.

Jannie ·

Suid-Afrika is nie meer ‘n land vir beskaafde mense nie.

andrep ·

Ramaphosa het in sy kort tyd as president meer skade aangerig in hierdie land as Zuma in 10 jaar, die gepeupel het vir ANC gestem, nou dat alles n gemors is moet die buitelander dit ontgeld, en wit mense die skuld kry. 9% wat vir 91% se onvermoee moet pa staan, hierdie somme werk nie heeltemal reg nie.

marous ·

Korrek . Botswana se burgers het nog nooit en sal ook nie hier plak nie . Hulle beskou die plek as ‘n mishoop .

Compensation ·

Expropriation without compensation is being exercised. This is the breeding ground of exactly what the ruling party is trying to put into law. Why arrest those exercising their pending legal right of entitlement?

Leon ·

Dit is nou so vêr dat ons het kliënte uit Botswana wat ons moet besoek en hulle is deur die regering afgeraaai om ons te besoek. Uit ander Afrika lande begin nou dieselfde tendens kom.
Binnekort sal alle toerisme na Suid Afrika gestop word as die regering nie iets doen nie.
Ek dink dit is nou tyd om lewendige ammunisie te gebruik en raak te skiet.

Bekommerd ·

Ek stem hou die ONWETTIGE mense uit maar nou raak hul wel aan die mense wat wel wettig in SA is. Mense daar is so baie faktore wat hierby beinvloed word. Ek kyk nou na my omstandighede… Ek werk op n grenspos tussen SA en Botswana wat klaring doen van in en uit voere. As dinge so aan hou gaan my maatskappy nie meer geld maak nie want daar is nie n trok om uit te stuur of in te kom om geld voor te kry nie wat beteken een van die dae sal ek en bitter baie ander deel van SA werk lose statestieke wees, en let wel al daai trok drywers is wel wettig in SA met n gestampte passport!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.