Wees versigtig as jy van OR Tambo reis, waarsku polisie

Argieffoto

Die polisie in Gauteng het Saterdag lede van die publiek gewaarsku om ekstra waaksaam te wees wanneer hulle vanaf die Internasionale Lughawe OR Tambo in Kempton Park reis.

Dié waarskuwing volg nadat ʼn man, wat gebruik gemaak het van die taxidiens Uber, Vrydagaand vanaf die lughawe tot by sy huis in Petervale, Sandton, agtervolg, beroof en geskiet is.

Volgens die polisie het ʼn wit Toyota Corolla, waarvan die registrasienommer nie bekend is nie, die Uber-motor etlike kilometers agtervolg tot albei motors voor die man se huis stilgehou het.

Verskeie skote is afgevuur waarna die Uber-passasier ernstig gewond is. Die rowers het met twee tasse op die vlug geslaan.

Die man sterk tans in die hospitaal aan, en die bestuurder is nie in die voorval gewond nie.

Die polisie het in Januarie en November verlede jaar ook soortgelyke misdade veroordeel. Volgens dié verklarings is talle mense al op dieselfde wyse beroof.

Die polisie het ook gewaarsku teen misdadigers wat die huurmotordiens gebruik om misdade uit te voer. In Julie verlede jaar is ʼn vrou verkrag nadat sy gedink het sy klim in ʼn Uber-motor. Sy het glo minute voor die voorval een van dié huurmotors bespreek. Misdadigers het toegang gekry tot Uber-inligting en het hulle voorgedoen as werknemers van die diens.

Intussen het die polisie ʼn beroep gedoen op enigiemand met inligting in verband met Vrydag se voorval om na vore te kom. Jy kan ook die nasionale misdaadlyn skakel by 0860 010 111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Bekommerd ·

Kon Uber taxi drywer nie agter kom dat n motor hom agtervolg nie????? Dis vir my vreemd. As jy so iets agterkom ry Polies stasie toe.

snoefie ·

gaan my verstand te bowe dat die polisie n waarskuwings soos die kan uitreik en dan niks doen om dit op te los nie. hulle het dan die inligting tot hulle beskikking. dit behoort dan net soveel makliker te wees om die kriminele vas te trek.

Susan@ ·

Ek stem saam met jou Snoefie dit is belaglik. Hoekom nie daardie gevaarlike roetes patroleer nie! Voorkoming is beter as genesing.

sug ·

Ek het weer die berig gelees maar mis die deel waar die polisie se hulle gaan niks daaraan doen, is dit uit die berig gehaal, of is dit maar net julle vebeelding?

Stoop ·

Klink asof Uber saamgewerk het! Geen wonder daar is al so baie stories oor hulle nie! Hoekom kry misdadigers toegang tot die Uber stelsels? Wat moes die arme passasier ook nou doen? Dis nie asof jy met ‘n vuurwapen mag vlieg nie! Dis soos om te se mense moet versigtig by hi-jacking spots wees!

Louis ·

Ek stem saam met jou opmerking. Beroof die man vir sy bagasie en los die uber bestuurder en sy motor uit???,,ook wat moet ‘n mens nou doen. Wie kan jy nou vertrou. Kan nie eers meer polisie vertrou nie

Sussa ·

Dis n ou manier v rowers om passasiers so te volg lank voor Uber se bestaan Hierdie waarskuwing is al jare gelede uitgereik word nou net herhaal . Karre word nie geroof net die bagasie-gewoontlik van buitelandse reisigers want het groot bedrae geld by hulle Wees maar op uitkyk selfs as jou familie jou by lughawe kom haal

madaleine martinaglia ·

feit bly staan skelms was seker bewus van wat in man se tas was so wonder of dit soooo onskuldig was

Ina ·

Affirmative action polisie is hopeloos. Dit is die hele probleem. Terwyl daar affirmative action is kan niks werk soos dit moet nie. Stel net bekwame mense wit of swart of bruin aan en dinge sal verbeter.

Sussa ·

Die kommentaar is ongevraagd Sit n oomblik en dink hoeveel vlugte land feitlik gelyk by OR per dag wat hoeveel passasiers gelyk aflaai wat met verskillende voertuie ry wat soos n worsmasjien die lughawe verlaat Wie moet polisie nou volg Ek kan julle verseker die polisie het al van die sindikate vasgetrek en suksesvol in die howe vervolg

willie ·

hulle kan hulle ondersoek begin deur vas te stel of sy tasse deur doane deursoek was. indien wel is doane dalk betrokke om inligting aan skurke te gee tov waardevolle inhoud wat dit die moeite maak vir ñ roof!

John ·

‘Money OR/and your life…’ Jammer, die nuwe minister van polisie moes gister rugby gaan kyk om ‘n paar swetse uit sy sisteem te kry na Vrydag se uitputting… doktersopdrag…

Riaan ·

Fikile is te besig om sy twitter aanghangers gelukkig te hou…

Aubrey Vermaak ·

Ek vlieg gereeld landuit en kom dan met dollers terug wat ek wil ruil vir rande.Maar ek het nou al n paar keer n klomp skelms opgemerk wat rondhang daar naby die forex ruil kiosks.Hulle hou jou dop en sien presies hoeveel geld jy ruil.So ek ruil maar by die bank.So vriende wees asb versigtig.

Deon ·

Hierdie land se mense is ‘n siek spul. Kennis van my se dogter het so paar jaar gelede van die buiteland afgekom waar sy twee jaar gewerk het. Haar pa het haar op die OR Thambo gaan ophaal om ook net ure daarna aan sy dogter vasgemaak te word deur misdadigers. Pa is doodgeskiet en arme dogter moet met daardie pyn daagliks lewe!!

Pop ·

Uber se naam duik darem nou al te veel op. Nee wat met hulle reis ek nerens

Gert ·

Is dit nie n manier om uber se naam sleg te maak nie? Die storie klop net nie. Wonder maar net. As mens die tye volg met n bietjie geluk en die tol hek fotos deursoek kan mens baie inligting kry.

Sputnik ·

Baie mense wat ek ken gebruik dikwels Uber, sonder probleme. Ek dink nie mens kan só veralgemeen nie.

Pik ·

Net so hoekom daai motor volg as dit ek was het hulle n tas vol vuil onderklere gekry iets maak nie lekker sn nie

Heinrich Rautenbach ·

Gemeterde taxis voer n skrik bewind teen Uber en sal enige iets doen om hulle te misluk. Kan net een van hulle wees , soos die verkragte vrou laas jaar, wat ook n uber drywer is en die misdade pleeg om Uber te laat misluk. Customs personeel verklap jou tas inhoud aan hulle misdadiger vriende en agtervolg mense van die lughawe af. Daar is n “wave of crime” orals in Johannesburg. Top security sê hulle was nog nooit so besig nie.

Theresa ·

Dis waar. Dit was al duidelik gestel dat die taxis nie die ubers waardeer of goedkeur nie. Asof hulle ‘n sê het!! Dus sou ek nie dink met moet die Uber vervoer verdink nie – eerder verder dink as dit. Ek sou graag wou weet wie keur die Uber bestuurders?

Andre Els ·

Is dit nie pateties hoe skurkagtige land SA geword het nie. Maar met die mentaliteit van ons pres en sy impies is dit mos geen wonder nie.

Ano ·

Het die polisie die Uber bestuurder se foon deur gekyk…sal vinnig agterkom of hul saam werk so omdat hul in kontak moet wees oor waarheen hul gan ry en juis net die passasier te wond juis sodat dit nie verdag lyk…

SARIE VAN HEERDEN ·

Herhaalde oproepe word aan die publiek gedoen om hulp om skelms aan te hark. Waarom het ons nog ‘n polisiediens? Maak nie saak waaroor die kriminele daad gaan nie, die publiek word voorsien van ‘n telefoonnommer om asseblief met die saak te help.
As hul weet misdade word naby OR Tambo gepleeg, hoekom nie polisiediens daar verskerp nie. Ons hoor aanhoudend van misdade by die Rigelafrit in Pretoria. Hoekom doen die polisie nie daar “puntdiens” nie? Ek het by Menlyn gery waar polisie skelms gejaag het teen die bultjie op. Die res van die skelms het van VAN AGTER die vet polisie verbygehardloop na ‘n voertuig waarmee hul gevlug het!!!!! hahaha.

SARIE VAN HEERDENs ·

Aubrey Vermaak, jy moenie met dollars terugkom SA toe nie. Ruil jou geld om in die land waar jy die laaste is want daar kry jy ‘n beter koers omdat die mense nie met rande wil sit nie. Jy sal so baie beter doen as om dit hier te wil omruil.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.