Weeskind deur leeus doodgebyt

Argieffoto

Argieffoto

Die kind wat Donderdagoggend deur leeus op ʼn leeuplaas buite Parys in die Vrystaat doodgebyt is, was saam met een van die plaaswerkers in die leeus se hok toe die voorval gebeur het.

Kapt. Livhuhani Hani, woordvoerder van die polisie, het gesê Nkalemelo Latha (12) was ʼn weeskind wat by sy suster en haar man by die Otavi Wildlife Sanctuary gewoon het. Die man werk as ʼn opsigter op die plaas.

“Daar word beweer dat Nkalemelo saam met een van die werkers op die plaas in die leeus se hok ingegaan het. Die leeus het uit hul voer-area ontsnap en die werker en Nkalemelo aangeval,” het Hani gesê. “Die werker kon daarin slaag om ongedeerd weg te kom, maar Nkalemelo was nie so gelukkig nie. Hy is deur die leeus aangeval en het aan sy wonde beswyk.”

Hani het gesê ʼn saak van strafbare manslag word ondersoek. Niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Boerseun ·

Marianne, Theresa , Charlene , vermeende, dink julle moet in vervolg julle kristal balle en tee koppies los. Hulle voorspellings is bietjie af.

vermeende ·

Nee Boerseun, jy moet eerder meer leer oor die geaartheid van predatore.
Iemand gaan seker nou se “Oops maar ek het nie geweet nie”
Die onus rus op die eienaar om almal wat die plaas besoek te beskerm en die sluit almal in.
Hoe de hel ontsnap n leeu?

Sharpei ·

Die jammer die kind is oorlede maar hy hoort nie in die leeuhok nie…….dit bly nogsteeds n wilde dier en ons as mens moet respek betoon aan hierdie diere….MOET ASB.NIE DIE LEEUS VAN KANT MAAK NIE

MissDemeanor ·

Mense moet ophou om leeus in hokke aan te hou. Ons moenie met leeus boer soos wat ons met beeste boer nie.

sunette ·

@miss dit sal die einde van leeus beteken… waar sit jy dan die leeu? In die wildskamp?? Dan vreet hy jou roland award op. Los hom in die natuur? Dan vaar hy die strate in of vreet ñ voetganger op wat hout soek.. dieretuin? Dis ook ñ hok…

m ·

Dis baie sleg. Hoop nou net nie die arme leeu gaan nou vankant gemaak word nie. Daai man kon nou vir homself gedink ……. Ai tog………..

MissDemeanor ·

Leeus op leeuplase word geteel om later verkoop te word aan jag plase, waar hul geskiet word.

KarooKlong ·

Hoekom is die kind in die hok wat as die leeu se tuiste heet?

jennefer ·

Jakes , jy is reg waarom is die kind nie in die skool. Ek het vanmore weer gesien hoeveel swart kinders stokkiesdraai. N paar het met sakke op die rug uit die stortingsterrein gekom. Kan Maroela Media dit opvolg , dalk n landwye studie maak ?

Max ·

Soos miljoene hoenders, skape, beeste,varke, ens. in hokke gehou word !

John ·

Die leeus word seker daar gehou vir trofeejagters. Geblikte jag. Of enige oosterling wat een wil koop vir moetie. Dit moet ‘n vreeslike bestaan wees vir ‘n dier wat vry behoort te wees.

Ria ·

Hoekom is leeu’s in n hok? Om hul beter kans op oorlewing te gee want loop hul in die natuur word hul koppe afgesny en dele verwyder wat vir muti gebruik word of lees jy nie nuus en het gesien hoeveel koplose en dooie leeus deesdae gevind word nie??

Louis ·

As hy nie in `n hok is nie, sal hy almal op die plaas opvreet !!!!

Jan Aucamp ·

Strafbare manslag? Teen wie? Die leeus of personeel wat op die perseel werk? Dood het ‘n oorsaak. Sal seker iemand kry om te blameer.
Mens kan g’n stuk ‘n dier strafregtelik aankla nie. Net so min as wat die maan van kaas gemaak is.

Cherokee ·

Ag ja. Die plaaswerker was nie veronderstel om die kind toe te laat in die hok nie. Maklik uit te redeneer nè? Seker maar hy wat verantwoordelik gehou sal word en sal moet verduidelik.

Debbie ·

Die saak van strafbare manslag is teen die werker wat hom toegelaat het om in die te gaan gemaak

Jan maak n Plan ·

Nee wat, ons weet almal presies wat gaan gebeur. Die plaasboer sal voor stk gekry word. Dit sal nou mos sy skuld wees. Proudly weer South Africa.

ST ·

Moes in ‘n skool gewees het en nie in ‘n hok nie. Kla sommer die voogte aan vir nalatigheid.

Wern ·

En die regering wat misluk het om skooldienste aan die kind te verskaf indien dit vanpas is in die geval.

Justa ·

Die leeus word in elk geval geteel vir die geblikte jag bedryf. Wat in elk geval n onding op sy eie is.

Donovan ·

Wilde diere gaan gewoonlik vir die kleinste en swakste prooi. As julle wel al by enige leeu plaas was met julle kinders behoort julle te kan onthou dat die leeus altyd die kinders dop gehou het… Jammer die jong seun moes met sy lewe boed, maar ja as hy was waar hy moes wees sou die ding nie gebeur het nie…

Andrea ·

Ek vra dit ook! Dis nie die arme leeu se skuld nie. Ook nie die arme, arme kind s’n nie. Arme weeskind wat op só manier aan sy einde moes kom. Los net die arme leeu/s. Om hulle te skiet sal nie die seun terugbring nie.

MissDemeanor ·

Die leeus op leeuplase is daar vir een doel….hulle word geteel om geskiet te word. Die leeu gaan anyway van kant gemaak word.

Felix ·

Nie om lelik te wees nie,maar het almal vergeet dat ‘n kind se lewe geneem is,’n kind wat nie ‘n ma of ‘n pa het nie?Ek wil ook nie die diere van kant maak nie,maar dink net vir ‘n oomblik aan die kind asb…

Joann ·

Kind is dood. Dink aan die stupid werker wat hom saam in hok laat ingaan het dat die man verstand kry,as hy sal kry.

marie ·

‘n Leeu is ‘n roofdier. Die plaaswerker én die kind het dit tog sekerlik geweet. Moenie die leeu skiet nie, sluit die werker toe, skuldig aan strafbare manslag!

marie ·

‘n Leeu is ‘n roofdier. Die plaaswerker én die kind het dit tog sekerlik geweet. Moenie die leeu skiet nie, sluit die werker toe, skuldig aan strafbare manslag!

vermeende ·

Alle veiligheids maatreels op die plaas was in plek, die arbeider wat die leeus moes voer was die verantwoordelike persoon wat die kind in die hok ingevat het en daarom word hy aan gela van strafbare manslag.
Die plaasbestuur is onskuldig in die kind se tragiese dood.

Johann Marx ·

Aan almal wat so smeek dat die leeu nie geskiet moet word nie…..Word hierdie leeus dan nie geteel om uiteindelik maar geskiet te word nie? Al verskil is die skieter. Hy gaan geskiet word….deur ‘n buitelander met die vetste tjekboek.

Belinda ·

Ek verstaan nie hoekom mense dink die leeus word geteel om gejag te word nie, beteken dit dat die leeus dan mak word omdat hulle deur mense hanteer word?

As dit die geval is? Hoekom sal ‘n mak leeu die kind byt?

Cherokee ·

Bellinda, daar is nie iets soos ‘n mak leeu nie en nou kwoteer ek dit wat ‘n leeuhanteerder aan my gesê het. Leeus word somtyds tot ‘n hanteerbare status getem maar mak is hulle nooit nie.

Lesia ·

Dit is baie jammer oor die kind. Dit moes nooit gebeur het nie. Indien enige iemand ons veldtog teen geblikte jag wil steun gaan kyk asb op http://www.four-paws.org.
za. Dit is ‘n euwel wat deur samewerking en die nodige druk op die regering stop gesit kan word.

Frans ·

Wys wees die werker glo seker aan een of ander sagoma niks kan mos gebeur ni sluit hom op vir moord hy het geweet wat gan gebeur

MM ·

Strafbare manslag hoop dit is teen die man wat toe gelaat het dat die kind in die hok kom en nie teen die leeu nie, want hy gaan in ‘n hok vol ander “leeus” wees, en hulle gaan dit beslis nie maak nie.

Theresa ·

Dankie vir die raad, Boerseun, maar ek hou my kristalbal heeltyd by my en drink glad nie tee nie. Ek’t jou bloot gevra waarom jy dink Marianne veroordeel, terwyl sy bloot ‘n stelling gemaak het. Dis in elk geval goor om altyd te sien hoe almal mekaar byt en kritiseer, in plaas van ‘n lekker gesprek voer (argumente natuurlik welkom!) maar nydige, bitsigheid is tog so onplesierig. Die kind moes nie in die hok nie. Maar, dis waar wat Felix hierbo iewers sê – dis baie tragies. Dis mos vanselfsprekend dat die persoon wat die kind in die hok laat ingaan het, die meeste skuld dra. Anders het dit nie gebeur nie.
Leeus in en uit ‘n hok – is vleisvreters.

Corrie ·

Het nodig om beheersd wildediere vir volhoubare bewaring ophokke aantehou.
Gaan kyk graag grootste dele in Afrika die hoof mekka van leeus en ander roofdiere wat is daar nog. Kinders in sekere dele weet nie hoe lyk 80% diere wat eintlik in sekere dele daar moet wees maar inag geneem veiligheid van almal soos met alles en die blootstelling van almal oor sy doel.
Sterkte aan persoon wat uit passie probeer om grootwerk van mens heerskappy te bevorder

Andrea ·

MissDemeanor, my hart bloei vir diere wat deur mense-wildboere ingesluit -uitgebuit word.

MissDemeanor ·

Glo my, myne ook. Mense wat dink hierdie telery “bewaar” leeus is belaglik. Dit verneder leeus. Sulke magtige pragtige diere wat soos kanaries in ‘n hok aangehou word. Wat is die nut daarvan? Ons kan ons diere beter bewaar in groot wilds parke. Die arme kind wat dood is maak my ook hartseer.

Dina Potgieter ·

So, so jammer om te hoor oor die afsterwe van die kind. Dit is so hartseer dat die volwassene, wat saam met die kind was, nie die kind se veiligheid eerste gestel het nie. Aan die ouers, alle sterkte.

Ons was al op Otavi. Leeus in groot kampe en nie in hokke nie. Die boetie en sussie self gesien in afsonderlike kampe en in ander kamp was ‘n mannetjie en twee wyfies en 2 welpies, vorige aand gebore. Ons is deur personnel gevat vir ‘n toer na leeu kampe, en daarna deur die wildskamp. Selfs die nag daar oornag. Gasvryheid uit die boonste rakke.

Moet asseblief nie die leeu van kant maak nie. Dit is sy natuurlike instink. Deur dit te doen gaan nie die situasie verander nie.
Dina Potgieter, Odendaalsrus

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.