WEF: Presidensie ontken berigte oor Zuma se kansellasie

President Jacob Zuma tydens die WEF in Davos, Switzerland. (21 Januarie 2016) Foto: Elmond Jiyane, GCIS

President Jacob Zuma tydens die WEF in Davos, Switzerland. (21 Januarie 2016) Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Die presidensie het Donderdag mediaberigte veroordeel wat beweer dat pres. Jacob Zuma nie vir ʼn paneelbespreking by vanjaar se Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) in Davos opgedaag het nie.

ʼn Aantal mediahuise het berig dat WEF-organiseerders hulle ingelig het dat Zuma ter elfder ure gekanselleer het, en die Africa Next Challenge-debat sonder ʼn Suid-Afrikaanse verteenwoordiger gelaat het.

Volgens die presidensie is paneelorganiseerders egter verlede week al in kennis gestel dat die president nie die geleentheid kan bywoon nie, weens ʼn botsing in sy kalender.

Bongani Majola, woordvoerder van die presidensie, het spesifiek verwys na Alec Hogg van Biznews wat glo gepoog het om ʼn “negatiewe lig” oor ʼn “baie suksesvolle besoek” van die SA-span te werp.

“Ons verwerp die leuens wat deur mnr. Hogg versprei word, wat klaarblyklik toegewyd is om die publiek oor die saak te mislei,” het Majola gesê.

Volgens Majola vaar die span in Davos, onder leiding van pres. Zuma, baie goed en word positief ontvang. “Die boodskap dat Suid-Afrika oop is vir besigheid word in alle sessies deur die president, ministers en sakeleiers gekommunikeer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Freud ·

Wat is dit nou Majola? Jy se hulle was betyds gewaarsku dat Zuma nie die geleentheid kan bywoon nie en later in jou antwoord se jy dat hulle goed doen onder die leiding van Zuma.
Wie probeer wie hier mislei?

Sune van Heerden ·

Dagsê Freud

Die afvaardiging van Suid-Afrika is in Davos onder leiding van pres. Jacob Zuma. Pres. Zuma het egter sy teenwoordigheid by die betrokke paneelbespreking gekanselleer. Ons vra om verskoning indien dit nie duidelik was in die berig nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Rynhardt ·

Wat gaan SA se nommer een komediant se by WEF wat almal gaan beindruk aangesien hy en Anc SA ekonomie vernietig het? Hy en sy sogenaamde swaargewigte (dit moet die indruk wek dat hul beter as superhelde is) weet nie eens dat die wereld se globale skuld beloop op meer as $76triljoen se skuld wat n direkte impak op SA het! Watter bydrae gaan hy kan lewer tot enige debat met sy superhelde? Die SAUK en media 24 moet ophou om n beeld te sjep van Zuma en kie dat hy SA uit die moeras gaan trek.Selfs Francis Herd van SABC3 probeer hard om die publiek te oortuig dat Gordhan en Zuma plus die superhelde (Anc?) , SA na superstatus gaan neem.Zuma en kie se besoek is net n vermorsing van tyd en geld!

CHRISTA ·

Al superstatus waarheen hulle SA kan neem is Super Zombies!!!

Ouman ·

Zumpie se brigade glo hulself maar niemand anders val vir hulle weergawe

Rynhardt ·

Vanaand op SABC3 se Zuma die volgende:”SA is open for business”.Die hele Zuma gezelskap en Staatsbeheerde SABC weier om nog steeds in detail uit te spel vir publiek hoe hy beleggers gaan lok! Beleggers is nie gister gebore nie!Beleggers wil vildoende waarborge he en beleggers weet dat wereldmarkte wankelrig is, waarmee die superhelde in Davos nie rekening hou nie!

Chris W ·

Zuma sal in elk geval nie weet wat daar aangaan nie.Hy weet nie eers wat in sy eie land aan die gebeur is nie!

HEVW ·

O aarde as daar noual sprake is van kanselasie hoe sal dit nie gaan as daar n nuwe luukse straler met n slaapkamer en n katel is nie?

HEVW ·

As daar wel n nuwe straler met slaapkamer en geriewe gaan wees dan is dit zuma bo die wolke in die wolke.

Realis ·

Wurm bollie. zuma het vir Pravin in sy plek gestuur maar die is deur Nigerie teengestaan. zuma weet nie dat staatshoof slegs met staatshoof vervang mag word nie.

Willewouter ·

What the fudge???!!!!Botsing op sy kalender??? Die enigste botsing was dat dit met sy sosiale afspraak ingemeng het. Ek koop nie die preseidensie se verskoning nie. Lees die artikel van die toksiese president in die duitse media…..

Knersus D ·

Die duitsers praat van hom as “Der joviale Glatskopf” – baie gepas!

CHRISTA ·

Kan julle dink wat se gek hy van ons en ons land kan maak as hy nie eers basiese syfers kan lees nie – daar moet hy dit voor hordes ekonomiese kenners lees en hulle kan dus nie gebluf word nie!!! Hulle sal dan nog minder beleggings in ons land wil maak!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.