WEF skop af te midde van betoging teen geslagsbaseerde geweld

Betogers buite die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum. (Foto: ANA)

Die Wêreld-Ekonomiese Forum (WEF) het Woensdag in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) begin te midde van ʼn groot groep betogers wat buite die sentrum teen voortslepende geslagsbaseerde geweld opgeruk het.

Die skare bestaande uit meestal universiteitstudente het vanoggend met plakkate omhoog by die parlement betoog waarna hulle mettertyd na Kiks in die middestad beweeg het. Hiér het hulle aangedring dat pres. Cyril Ramaphosa hulle toespreek.

ʼn Sterk polisieteenwoordigheid word by Kiks gehandhaaf en WEF-afgevaardiges is belet om by die Kiks 2-gebou in te gaan of om dié gebou te verlaat. Daar word dus van die lugbrug gebruik gemaak om rond te beweeg. Ramaphosa is nie met ’n oog gewaar nie.

Die betoging kom te midde van toenemende moorde en verkragtings van Suid-Afrikaanse vroue waarvan een die onlangse moord en verkragting van Ikeys-student Uyinene Mrwetyana is.

Betogers buite die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum. (Foto: ANA)

Lt.kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê sowat 1 500 mense het vanoggend aan die betoging deelgeneem. Die polisie is in dié stadium steeds buite Kiks waar sowat 400 betogers nog saamdrom.

Volgens Traut is ʼn 24-jarige betoger in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld.

Die polisie monitor die situasie terwyl die WEF tot Vrydag voortduur.

Benewens Ramaphosa woon 20 staatshoofde en ander buitelandse afgevaardigdes vanjaar dié byeenkoms by.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Lyk my ons Klaas vakie het uit sy winter-slaap geen reaksie, ontwaak!!! He-he-he!

Kobus ·

Alweer Studente asof daar nie genoeg ander ” drama” is nie. SA vra nou vir sterk Leierskap en optrede. ” Geweld reen vrouens” klink of die mense vergeet van die toenemende geeks teen onskuldige kinders

Tallies ·

Is hierdie nog ‘n geld bedel exercise. Weet nie wat ons regering by die goed soek nie, ek dink nie hulle het ‘n clue wat hulle doen nie. Is seker net daar virrie kos en drank.

Gert van Wierdapark ·

Die helfte waarna verwys word, dink seker dis deel van die Soustrein-pakket!!!

Annoniem ·

En daar gaan niks van kom nie. Want hier is geen wette in die land nie. Die ANC maak en vat net wat hul wil. Laat ek maar liewer stilbly.

Michael P ·

Tallies jy is reg Net daar vir die kos en drank en die helfte weet nie eers hoekom hulle daar is nie glo my dit is so

m.d.r. ·

Geslagsbaseerde geweld…? En geweld teen bejaardes…? En die moorde op bejaardes , op plase en in dorpe ….? Of is dit nou ‘n geval van “jy is oud, jy moet maar gaan….” ?

Dries Moolman ·

Ja weet jy dit is nogal ironies, want dit is hierdie selfde crowd wat nou so op en af spring, wat in hulle liberale universiteits-droomwereld op sosiale media sit en veroordeel en kritiseer as mense vra vir aksie teen plaasmoorde, en dan se: “ALLE misdaad maak saak, plaasmoorde is maar ‘n fraksie van die statistieke, so shut up!”

Eddy ·

Hoe te joos kan ons nog
wêreld ekonomiese konferensies hou?Die land brand! Winkels word geplunder! Vroue word verkrag,vermoor en opgesny.Trokke word uitgebrand!Die president kom nou eers van G7 en Japan.af.Hierdie land het n donkerte bereik(en nou praat ek nie van Eskom nie).n Donkerte van onheil en wanhoop en ellende

Renier ·

Elke geweldadige man is deur ‘n vrou grootgemaak. Wanneer betoog ons teen die vrouens wat soveel geweld teen hul kinders pleeg?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.