Weg gebaan vir privaat kragprodusente

Argieffoto (Foto: makunin/Pixabay)

Gwede Mantashe, die minister van minerale hulpbronne en energie, het in samewerking met Nersa bepaal dat nuwe kragopwekkingskapasiteit aangeskaf moet word om energiesekuriteit te verseker.

Bepalings is Vrydag in die Staatskoerant gepubliseer waarvolgens die departement tenders kan uitreik kragtens artikel 34 van die Wet op Elektrisiteitsregulering. Dit word gedoen ingevolg die regering se geïntegreerde hulpbronplan (IRP2019) wat in 2019 finaal goedgekeur is.

Privaat kragprodusente sal kan aansoek doen vir die bou van:
– 6 800 MW se nuwe son- en windkrag wat tussen 2022 en 2024 in werking moet wees;
– 513 MW se bergingstegnologie wat teen 2022 gereed moet wees;
– 3 000 MW wat tussen 2024 en 2027 deur gas opgewek word; en
– 1 500 MW wat tussen 2023 en 2027 deur steenkool opgewerk word.

“Die tenderprosedures moet regverdig, ewekansig, deursigtig, mededingend en kostedoeltreffend wees,” aldus die regulasies.

Die aanskaffingsprogram het ook ten doel om die nuwe kragopwekking so vinnig as wat dit redelik moontlik is, aan die nasionale netwerk te koppel.

Die departement van minerale hulpbronne en energie sal die aanskaffingswerk doen, maar die elektrisiteit mag slegs deur Eskom aangekoop word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

annie ·

Korporatief… die eerste stap na die Kubaanse styl van bestuur… comrade… en jy sal luister en doen… of…

Cornelius ·

En slegs lede van die ANC en SAKP mag aansoek doen. Hulle sal dan iemand aanstel wat weer iemand sal aanstel om die krag te voorsien. Mafia.

Sarel ·

Weg gebaanvir nuwe Korrupsie , Nepotisme en oornag BEE om geldwassery uit te oefen

Mudguard ·

En Patrice Motsepe lag te lekker al die pad bank toe. Ek wil graag weet hoeveel biljoen moet jy hè voor BBEEE nie meer op jou van toepassing is nie as jy swart is?

Henk ·

Elektrisiteit mag nét aan aan Eskom gelewer word. Géén elektrisiteitsvoorsiening in privaatbesit nie. Alles gaan deur Eskom. Die staat sê hoe die elektrisiteit opgewek moet word, wanneer dit gelewer moet word en dat dit net aan die staat gelewer mag word. Die weg is níé gebaan vir elektrisiteitsvoorsiening in privaatbesit nie. Privaatbesit/lewering beteken jy kan en mag lewer aan wie jy wil…!

SomeOne ·

“Die tenderprosedures moet regverdig, ewekansig, deursigtig, mededingend en kostedoeltreffend wees,” aldus die regulasies.”” waar gaan dit gebeur ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.