Weg met landbou-minister, sê VF+

Die minister van landbou, Tina Joemat-Petterson. Foto: GCIS

Die minister van landbou, Tina Joemat-Petterson. Foto: GCIS

Die Vryheidsfront Plus het Dinsdag gesê Tina Joemat-Pettersson, die minister van landbou, se uitlatings is skadelik vir landbou en sy verdien nie om ná die verkiesing weer aangestel te word nie.

Joemat-Pettersson het gesê plaasboere in die Wes-Kaap is die grootste skenders van hul werkers se menseregte in die hele land. “Dit is onverantwoordelik en baie skadelik vir goeie verhoudinge in die landbousektor,” het dr. Corné Mulder in ʼn verklaring gesê.

“Dit is nie die eerste keer dat die minister hierdie soort ongegronde stellings maak ten opsigte van plaasboere in die Wes-Kaap nie. Tydens die kunsmatig opgestookte opstande in De Doorns het sy soortgelyke uitlatings gemaak.”

Mulder het gesê dit het later aan die lig kom dat sy van die voorbok-organisasies in die opstande direk befonds het en daarna in die parlement “arrogant” aangekondig het dat sy daarmee sal voortgaan. “Die minister se strategie en poging is deursigtig, en haar politieke onderrok hang uit. Sy wil graag vir die ANC die stemme van plaasarbeiders wen. By gebrek aan ʼn beter strategie kon sy aan geen beter metode dink nie as om die plaasboere verdag te maak.”

Volgens Mulder is plaasboere in die Wes-Kaap van Suid-Afrika se top presterende landbouers wat internasionaal met hulle produkte kompeteer. Hy het gesê niemand is ten gunste daarvan dat regte van arbeiders geskend word nie, maar plaasboere het ook regte.

“Voedselsekerheid en bestendigheid in die landbousektor is baie belangrik. Die VF Plus doen ’n ernstige beroep op pres. Zuma om, indien die ANC die verkiesing sou wen, Joemat-Pettersson nie weer as minister van landbou aan te stel nie. Die plaasboere en plaasarbeiders van Suid-Afrika verdien baie beter,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Shannon ·

Aitsa ! Is daar `n verkiesing oppad ?
Die hoof sweep van die mikro party piets sy broer se baas nê !

Ek wonner nou of die broer meen die kanse dat ouboet nou sal boentoe gestamp word meer wesenlik is ? Kan dit wees … dat Jacob vir Piet sal baas maak ? Volle minster ? Of sit die drie varkies die pot mis ? Ek glo darem nie Jacob sal so kans vat nie. Kwit ek reken die ou sal dalk eerder hin ander zwart man aanstel terwyl Piet maar moet vas staan.

Jasper ·

Ek gee nie om wie, wat gesê het nie. Hierdie minister van Landbou het sovêr nog geen positiewe bydrae gelewer tot ons lanbou nie. Sy klou vir eie gewin aan die soustrein . Dit is duidelik dat die ANC alles sal doen om volle beheer oor die Weskaap te kry.

Shannon ·

Dus, kom ons steun Joemat ten volle.
Elke ryk pes innie kaap se wingerde moet meer Christelik word.

elli meyer ·

As Zuma vra vir blanko tjek, moet hy sommer betaal vir ons blankes se veiligheid. Hy mag nooit weer as ‘n regeringsamptenaar werk kry nie. Hy het te veel bloed aan sy hande

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.