Weg met lemmetjiesdraad by parlement, vra DA

(Foto: Verskaf)

Die DA het die Erfenisraad gevra om dringend in te gryp sodat die lemmetjiesdraad wat rondom die parlementsgebou in Kaapstad opgerig is, verwyder word.

Die draad beperk alle toegang tot die Kompanjiestuin.

Volgens Natasha Mazzone, hoofsweep van die DA, lyk die parlementêre gebied van buite soos ʼn afgesperde tronkwerf.

Die polisie het die draad maande gelede langs die ingang na die Kompanjiestuin by Goewermentweg via Waalstraat opgerig.

(Foto: Verskaf)

“Die DA is deur die sekretaris van die parlement, Xolile George, ingelig dat die polisie die doringdraad as bykomende veiligheidsmaatreël opgerig het ná onwettige betreding van die gebied aangemeld is,” sê Mazzone.

“Hoewel ons saamstem dat die parlement beskerm moet word, veral in die lig van die brand wat die Nasionale Vergadering in Januarie vernietig het, kan die skending van ʼn nasionale erfenisterrein nie die manier wees om dit te bereik nie.”

Mazzone meen die parlementêre distrik het ʼn belangrike rol om te speel; nie net met betrekking tot toerisme nie, maar ook vir maatskaplike samehorigheid.

“Dit is ʼn simbool van ʼn demokratiese land waar almal vry en gelyk is onder die Grondwet. Pleks daarvan om dit met doringdraad te omring en toegang tot die openbare tuin te beperk, moet die polisie ’n lewensvatbare oplossing vind wat in lyn is met die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne, waaronder verhoogde patrollies in kwesbare gebiede of byvoorbeeld ’n mobiele stasie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pietertjie ·

Die tronk is eintlik die deel buite-om die lemmetjies-draad.

annie ·

Die vraag is: Wat gaan aan agter die lemmetjiesdraad? Wie het toegang en hoekom? Wat gebeur in die afgebrande gebou? Hoeveel waardevolle items en skaars hout is al in die geheim gestroop onder die voorwendsel van beskerming? Wanneer word die geraamde skade beskikbaar gestel? Waar is moeder Lelie en wat is die planne vorentoe? Ons weet sy het sekerlik ‘n ouwéreldse waskom gereed om hande te was sou onwettighede bekend raak. Die parlement is nou onwettiges se domein, mind you, soos die res van die land. Steeds ons regering se brandpunt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.