Weggooi van ou hospitaalbeddens ‘swak beplanning’

Die hospitaalbeddens lê en verweer buite die Chris Hani-Baragwanath-hospitaal in Diepkloof.

Die DA se woordvoerder van gesondheid in Gauteng hou vol die departement van gesondheid kan ʼn beter nut vir gebruikte hospitaalbeddens vind, eerder as om dit net weg te gooi.

Dit kom nadat Maroela Media vroeër berig het honderde beddens lê buite die Chris Hani- Baragwanath-hospitaal in Diepkloof en verweer. ʼn Besoeker aan die hospitaal het toevallig verby die beddens geloop en die video wat hy daarvan gemaak en op sosiale media versprei het, het groot reaksie ontketen.

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, se kantoor het in ʼn verklaring gesê die beddens kan nie verder by dié hospitaal, óf by enige ander fasiliteit gebruik word nie. Volgens die departement is daar verskeie probleme met die beddens: dis onder meer te hoog, die staalstruktuur is “gevaarlik” vir pasiënte en die hoogte daarvan kan nie aangepas word nie.

“In ooreenstemming met moderne bestuurstandaarde van pasiënte, veral die mees weerloses, het die hospitaalbestuur in die finansiële jaar 2016-’17 besluit om die beddens in die mediese, chirurgiese en kraamsale, waar die probleme die grootste is, te vervang,” het die departement gesê.

Nuwe beddens is aangekoop en daar is besluit om die ou beddens aan kleiner distrikshospitale te skenk.

Dié proses is egter gestuit nadat die hoof van die gesondheidsdepartement in Gauteng beslis het as die beddens nie geskik is vir die Chris Hani-Baragwanath-hospitaal se pasiënte nie, kan dit ook nie deur enige ander pasiënte gebruik word nie. Die departement het gesê hy stem saam met dié besluit.

“Daar is beslis ʼn tekort aan beddens in sommige hospitale oor die hele land, maar die ou beddens by Chris Hani-Baragwanath-hospitaal kan nie aan daardie behoefte voldoen nie,” het die departement van gesondheid gesê.

Jack Bloom, die DA se woordvoerder van gesondheid in Gauteng, het gesê hy is ingenome dat die beddens opgegradeer is, maar dit is geen verskoning om só van die ou beddens ontslae te raak nie.

Bloom het gesê daar is talle liefdadigheidsorganisasies en selfs ouetehuise wat die beddens steeds baie goed kan gebruik en dit was “swak

Hy het gesê dieselfde soort beddens word boonop in talle ander staatshospitale oor die land gebruik en as dit dan gevaarlik is, moet die beddens ook in dié hospitale vervang word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Johnna ·

Kan dit waar wees dat dit nou hulle verskoning kan wees vir hierdie klomp beddens
Hulle weet absoluut niks van be planning af nie,glo daar is baie hospitale wat dit sal kan gebruik.
So word geld daagliks gemors en ons betaal die prys.

Thinus ·

Kan enige groot mens so vinnig n swak verskoning aanbied? Almal van ons wil net Mercedes Benz ry, maar kan net n Volkswagen bekostig! Die geldmag se invloed op gesondheid sorg, deel van die Regering se Gesondheidsversekering, slegs produkte wat deur die Gesondheid Monopolies voorgeskryf word mag gebruik word. Sien Julian Assange se Wikileaks die ANC sê Gesondheidsplan, soos deur Bill Gates voorgeskryf.

Sonette ·

Dis nog steeds beter om op daai ‘onbruikbare” beddens te slaap as op die vloer in die hospitaal se gang.

jAN ·

vir jare was die tipe beddens geskik in alle hospitale . die hoogte was reg ,dan het verpleegsters maklik met pasiente gewerk… seker weer iemand se familie wat betrokke is met die nuwe beddens so weer n vet cut uit die deal gekry…

Henry ·

Wonder net wie het die verkeerde beddens bestel en wie het dit so ontvang sonder om dit terug te gestuur het. Hoeveel geld het verduister geraak met die transaksie. En is enige iemand verantwoordelik gehou vir dit.
Onbevoegdheid is in die orde van die dag.

GM ·

Hulle moet bietjie laat al hierdie ministers in staatshospitale behandel word.
Daar word altyd gesê hoe rassisties die minderheidsgroepie is, maar nie eers my hond slaap op die vloer nie. Wat noem mens dié optrede van hul teenoor die ‘armstes van die armes’?

Regs! ·

Hulle sal eerder dat die siek mense op vloere lê in sommige hospitale as op verkeerde beddens! Maak sin!

Santjie ·

Nog nooit van ‘n saag gehoor nie? Dis mos heel eenvoudig. As die bed te hoog is kan die pote mos maar afgesny word?

KP ·

Hulle het nou laer beddens gekry en dit staan nou op verfblikke of bakstene, moet so hoog wees vir tokkolosie.

Myra Swart ·

Dis die grootste klomp bog wat nog ooit deur “slim” mense kwyt geraak is. Dis omdat hulle dit nie met hulle eie geld koop nie. Dis n frikken skande

Braam ·

Die aankoper van die “hoë” beddens laat so baie aan prasa se hoë treine dink. Miskien net toevallig.

Catharine Pietersen ·

Kan die beddens dan asb uitgedeel word vir die wat nie het nie. Hoekom moet dit so lê en verroes?

Theresa ·

Hul ken geen nut van enige waarde nie. Al wat hul goed kan doen is ons geld mors!

ChrisE ·

Ek stem heelhartig met die segspersoon saam. Die kooie is almal gevaarlik want dit is glo waarin/waarop die meeste ongelukke gebeur.

Foxi ·

Skenk die beddens aan minderbevoregte mense. My werker sit in elkgeval nog bakstene onder haar bed se pote. Dis hul tradisie. Gaan nie daaroor uitbrei nie. So, hoog ofte nie, dis nog bruikbaar vir talle mense.

Alida ·

Hmm.ja ne en daar is nie mense daar buite wat beddens kort nie , en ja het hulle al gehoor van ding soos saag….ek se maar net. En wat van omskep daai beddens in stoele by die parkies vir mense om op te sit , of skenk dit aan kinderhuise..ai jai jai dat ons nou vir hulle moet dink ook nog..

Wilma ·

Oe dai Dept se mense in beheer moet wakker word. Almal is ni onnosel om hul liegstories te glo.

Von ·

Neem die spoor van die verkrygingsprosedure daar sal wel n skakel wees van wie het voordeel getrek met die transaksie…..skaamtelose liegstorie….wie sluk dit….geen wonder alles is bankrot nie

schalk ·

Jislaaik het staal beddens se voete begin groei,Miskien het die mense kleiner geraak.Nog nooit sulke onnosel kommentaar gehoor nie,jammer maar hierdie twak wat n minister kwytraak is pateties hoe stel jy iemand aan wat so iets kwytraak,vir jare was die beddens nie te hoog nie nou skielik.Verlos ons asseblief as landsburgers van sulke neurotiese antwoorde ,hettie woorde !!!!!!!!!!.Dis n verdomde skok ,stomgeslaan.

Susna ·

Blatante Leuens. En dan word daar van die publiek verwag om hierdie leuens te glo? Asseblief. Ek dink daar moet ondersoek hier ingestel word, en gou ook.

A Mac ·

Moet sê, een ding kan jy die mense nie van beskuldig nie. Die kaliber van verskonings en verduidelikings is regtig ‘n openbaring van hoe vinnig die mense op hul voete kan dink om dinge wat net nie reg is nie te regverdig en almal om hulle te laat verstaan dat hulle weet wat hulle doen en hoe goed hulle dit kan doen. Maar intussen weet baie meer mense van beter.

Johan ·

Dit is eintlik ‘n skande om beddens wat van die oog af nie veel makeer so te laat le en oproes nie. Ek bestuur ‘n Oue Tehuis waar die fooie laag is om Inwoners te help om in plek van veiligheid te wees. Ons kan beslis met 40 van die beddens doen en sal selfs bereid wees om te koop en dan sal ons dit skoon maak en gebruik. Watse upgrade vir die inwoners sal dit nie wees nie. Laat weet my wanneer ons dit nuttig kan gebruik. Daar is baie instansies wat die beddens kan benut, bejaarde mense, kindertehuise om net paar te noem. Moenie verskoning soek nie want ek glo daar is meer agter die vermorsing. Groete.

Niere ·

Goeiedag Alle Klaers
Ek wil net byvoeg (sonder om enige iemand te beskerm): As ek so na die beddens kyk, is dit stokou beddens (wat vir jare gebruik was) en dit is beslis nie ‘n geval soos die Prasa treine nie. Ons as Afrikaanses (ek sê juistement nie Afrikaner nie, want almal van Afrika is Afrikaners as ons dan Suid-Afrikaners is), moet ophou om net fout te soek en altyd die splinter in ander se oë te sien. Julle (ek sluit myself uit) dra soveel haat uit teenoor ander en vergeet van liefde vir jou naaste (ek sê nie wees beste vriende nie).

Dan, ek voel beslis die beddens kan vir minderbevoorregte gesinne of organisasies geskenk word. Dit sal wel ‘n daad van naasteliefde wees.

Kom ons oordeel nie en maak seker van alle feite voor ons vuiste swaai.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.